Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Judas se teenstand en vrae oor reis sonder geld

136 Maar nou vra Judas: “Heer, dit is alles in orde en ons sal by die boere sekerlik sonder geld wel versorg word; maar ons sal tog ook na die stede en markte moet gaan, waar die gasvryheid van vroeër al lankal verdwyn het. Hoe kan ons daar sonder geld aan die lewe bly of iets doen?”

[2] Ek sê: “As julle `n stad of `n mark besoek, vra dan (want julle weet tog waartoe julle in staat is) of daar iemand is wat julle hulp verdien en dit nodig het wat julle kan gee! As julle so iemand vind, bly dan by hom tot julle daarvandaan weer êrens anders heen moet gaan! (Matthéüs. 10:11)

[3] Die spreek egter vanself dat jy die huis waar jy intrek, eers begroet (Matthéüs. 10:12); want die ware liefde is altyd welgemanierd in anderman se huis. As `n huis, dit wil sê, die bewoners daarvan, julle werd is, dan sal julle vrede oor hulle kom; is die huis julle egter nie werd nie, dan sal die vrede weer tot julle terugkeer. (Matthéüs. 10:13)

[4] En as die bewoner van `n huis jou nie aanneem nie, of nie wil luister na wat jy sê nie, gaan dan dadelik weg van so `n huis af en ten slotte ook uit so `n stad uit en skud selfs die stof wat aan jou voete kleef, af as `n belangrike getuienis oor hierdie stad wat eendag gebruik sal word! (Matthéüs. 10:14) Want dit is die waarheid as Ek vir jou sê dat dit by die laaste oordeel in die ander wêreld vir die land van die bewoners van Sodom en Gomorra minder erg sal gaan as vir so `n stad! (Matthéüs. 10:15)

[5] Kyk! Ek stuur julle soos skape onder die verskeurende wolwe in; wees dus oral slu soos slange, maar daarby sonder valsheid soos duiwe, wat `n simbool van sagmoedigheid is!” (Matthéüs. 10:16)

[6] Daarop sê Judas: “Heer! As sake dan so staan, sal ons oor die algemeen nie veel bereik nie! Watter sin het die toekomstige laaste oordeel in die geesteswêreld, waaraan haas geen mens meer glo nie? As ons met die volkome goddelike mag wat ons nou van U gekry het, geen laaste oordeel, so streng as wat moontlik en noodsaaklik is, oor die verskeurende wolfmense kan of mag uitspreek nie, dan kan ons maar liewer tuisbly! Want as ons teenoor sulke wolwe, wat veral in die stede volop aanwesig is, ook maar enigsins luid oor U gaan getuig, dan sal mense ons gryp, boei en na die raadshuis sleep en daar streng oor ons regspreek; en mense sal ons dan, as die vonnisse nie te hard is nie, tog minstens in die teenwoordigheid van die Judeërs in die skole gésel en ons ten slotte as voëlvry die stad uitjaag. Regtig, vir dergelike toestande bedank ek by voorbaat! Wat het dan al die wysheid, waarheid en die grootste eerlikheid voor nut, as daarteenoor die willekeurigste geweld in blinde ywer te kere gaan?

[7] As daar volle waarheid en ware geregtigheid bestaan, waarvoor die teenswoordige mensdom nie die minste gevoel het nie, dan moet ook by ons die Romeinse beginsel geld: “Al gaan die hele wêreld ten gronde, die reg sal toegepas word!” Die ware deug moet altyd beloon word; die leuen, afguns, gierigheid, valsheid en al die ongeregtigheid moet altyd onverbiddelik gestraf word! As ons iets wil bereik met die tans byna geheel verworpe, slegte mensdom, dan moet ons optree soos engele oor Sodom en Gomorra. Wie na ons luister en ons in U Naam aanneem, vir hulle sal die loon van U barmhartigheid ten deel val; wie egter nie na ons luister en ons nie wil aanneem nie, moet besoek word deur `n plaag! Mag hy wat ons wil vervolg en voor `n wêreldlike gereg wil bring, `n verterende vuur uit die hemele oor hom heen kry, en mag daardie vuur met hom doen wat dit eens met die Sodomiete gedoen het!

[8] Heer, as U ons toestaan om so te werk, dan sal ons ook heeltemal verseker hierdie huidige sending met goeie gevolge uitvoer. As ons egter nie so mag handel met die uitermate bedorwe en ontaarde mensdom nie, dan is al ons moeite en al ons werk tevergeefs. Uiteindelik word ons gestenig en u Self sal, as daar `n moontlikheid voor is, gedood word en ons immers baie teenstanders sal in `n oorwinningsroes laggend oor ons lyke heen gaan. En dit sal dan ook al wees wat ons met al die misplaaste goedheid, toegewendheid en sagmoedigheid sal bereik. Kort en goed, om iets met die satan uit te kan rig moet mens hom óf volkome die baas wees óf hom as kneg dien, anders kom alles tot niks!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205