Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 14 - Die Heer se profetiese sinnebeeld van die verwoesting van die Tempel en sy heroprigting in drie dae
[Johannes 2: 18-22] .

18 Toe antwoord die Judeërs en sê vir Hom: Watter Teken toon U aan ons dat U hierdie dinge doen?

14 Terwyl Ek nog besig was om met die kleinmoedige leerlinge te praat, kom sekere Judeërs op na My toe en sê: “U het nou `n kragtige daad verrig. Mens en bees het van U hand gevlug soos kaf in `n storm, en niemand het teruggekeer om sy verstrooide geld op te tel nie. Wie is U en watter teken of gesag (deur die keiser, bedoel hulle ) kan U vir ons aanbied wie U die reg gegee het om dit te doen?! - weet U nie van die ongenaakbare strengheid van die wette wat U kan vernietig omdat U dit gedoen het?”

19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie Tempel af, en in drie dae sal Ek hom oprig.

[2] Ek sê: “Buiten dat Ek hulle geken het, maar hulle nie gevrees het nie, sou Ek dit nie gedoen het nie. —Maar jy eis `n offisiële outoriteit van My en en Ek sê vir jou dat Ek dit nie het nie. Maar kom breek hierdie tempel af en op die derde dag sal dit weer opgerig word, volmaak.”

20 En die Judeërs sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie Tempel gebou, en U, sal U hom in drie dae oprig?
21 Maar Hy het oor die Tempel van Sy Liggaam gespreek.

[3] Hierdie besliste verklaring het die Judeërs dronkgeslaan en hulle het nie mooi geweet wat om te sê nie. Na `n ruk onthou een dat die bou van die tempel ses-en-veertig jaar geneem het om te voltooi en baie duisende hande voorsien het van permanente werk. Toe draai hierdie historiese bedrewe Judeër na My toe en sê: “Jong Man! Besef Jy watter dwase ding Jy so pas kwytgeraak het? Kyk, `n hele tydperk van ses-en-veertig jaar was nodig om die tempel te bou en baie duisende hande was voltyds in diens gewees, en Jy wil dit slegs doen sonder die hulp van ander? O, o, o, watter getuigskrif het Jy van Jouself gegee, en dit in die tempel waar `n mens nou eers sinvol moet praat.
[4] Jou vroeëre daad het ons baie verbaas en ons, as oudstes van Jerusalem, het alreeds begin beraadslaag uit watter krag Jy hierdie werklik mees prysenswaardige daad gedoen het, of dit `n wêreldse of `n profetiese een was, en so het ons Jou ook ondervra daaroor. As Jy ons in wyse woorde vertel het, wat ons wel verstaan, dan is Jy `n profeet opgewek deur God en het hierdie deur die krag van God gedoen, en sou ons Jou geglo het. Teen alle verwagting in, het Jy egter in plaas van wyse woorde `n onbeskryfbare, verregaande, spoggerige en dwase antwoord sonder een greintjie waarheid vir ons gegee, en nou beskou ons Jou as iemand wat `n bietjie towery in een of ander heidense skool geleer het en nou hier wil spog in die Stad van Dawid, miskien is Jy eerder in diens van Rome of dalk in die geheim gehuur deur die fariseërs, priesters en Leviete, want hulle sou vandag die vetste tempel-oes ge-in het danksy Jou towery. Ons is werklik jammer dat ons so verkeerd was in ons beoordeling van Jou.”
[5] Ek sê daarop: “Ek is ook werklik jammer met My hele hart dat Ek julle so vreeslik blind en doof moet vind. Want die blindes sien niks, en die dowes en blindes begryp niks. Ek doen `n teken voor julle oë wat voor My deur niemand gedoen is nie, en praat die volle waarheid en julle beskuldig My dat Ek `n dwase bekprater is met `n bietjie kennis van heidense musiek wat voor julle wil spog of dat Ek `n towenaar in diens van Rome is of in die veragtelike diens van die tempelpriesters. O, wat `n beledigende aanklag! - Kyk, daar anderkant is `n betreklike groep mense wat My gevolg het vanaf Galilea. Hulle het My herken, alhoewel julle glo dat die Galilese manne die ergste tipe Judeër is met die minste geloof, maar hulle het My steeds herken en hulle volg My nog steeds. Hoe is dit dan dat julle My nie herken het nie?”
[6] Die Judeërs sê: “Ons wou Jou nie herken nie en het Jou daarom ondervra, want ons is geensins blind of doof soos Jy dink nie. Maar Jy het ons `n antwoord gegee waarmee `n mens met sy natuurlike rede nie anders kan interpreteer as wat ons Jou openlik vertel het nie. Ons het goeie bedoelinge, hoekom dan, as Jy `n profeet is, bly Jy in gebreke om dit te sien? Ons is welgestelde en hooggeërde inwoners van Jerusalem. As Jy `n ware profeet was, sal dit vir jou goed wees om in ons midde te vertoef, maar Jy besef dit nie en daarom is Jy nie `n profeet nie, net `n towenaar wat die tempel meer onteer het as diegene wat vroeër deur Jou uitgedryf is.”
[7] Ek sê: “Gaan bespreek dit met hulle wat saam met My gekom het, hulle sal julle vertel Wie Ek is.”
[8] Toe gaan die Judeërs na die leerlinge en praat met hulle en die leerlinge vertel hulle wat hulle van My gehoor het by die Jordaan, die getuienis van Johannes en wat hulle gesien en ervaar het aan My sy, maar erken dat hulle nie verstaan het wat Ek vir die Judeërs gesê het nie.

22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het Sy leerlinge onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woorde wat Jesus gespreek het.

[9] Want hulleself het dit eers verstaan na My merkwaardige opstanding na drie dae en terselfdertyd ook die Skrif wat dit van My gespreek het.
[10] Nadat hulle alles van die leerlinge gehoor het, keer hulle terug na My toe en sê: “Na alles wat ons gehoor het van Jou mees opregte volgelinge moet Jy klaarblyklik die Beloofde wees. –Die getuienis van Johannes, wie ons ken, spreek kragtig vir Jou en so Jou dade. Jou woorde egter is presies die teenoorgestelde van al die ander punte. - Hoe kan die Messias `n God in Sy dade wees, maar `n dwaas in Sy woorde. - Verduidelik dit vir ons en ons sal Jou aanvaar en ondersteun in elke moontlike manier.”
[11] Ek sê: “Wat kan julle My gee wat julle nie eers ontvang het van My Vader wat in die hemele is nie? Maar as julle dit wel ontvang het, hoe kan julle nou praat asof julle dit nie ontvang het nie? Wat wil julle vir My gee wat nie alreeds Myne is nie, want Ek en die Vader is nie twee nie, maar Een. Ek vertel julle: Niks behalwe die wil is julle s`n nie, alles anders is Myne. Gee My julle wil in die behoorlike liefde van julle harte en glo dat Ek en die Vader volkome Een is, dan sal julle My alles gegee het wat Ek van julle vra.”
[12] Sê die Judeërs: “Wys dan vir ons `n teken en ons sal glo dat Jy die beloofde Een is.”
[13] Ek sê: “Hoekom wil julle `n teken hê? O, julle besoedelde saadlyn! Weet julle nie dat tekens niemand wakkermaak nie, maar hulle oordeel? Maar Ek het nie gekom om julle te oordeel nie, maar dat julle die Ewige Lewe mag ontvang as julle in My glo in julle harte. Daar sal inderdaad baie tekens wees, en sommige van dit sal julle sien, dit sal julle egter nie lewe gee nie, maar dood vir `n lang tyd.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205