Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die gees en die siel van Johannes die Doper

145 Die mense sê: “Heer! As dit so is, dan is dit tog nie regverdig dat U hom nou in die kerker laat nie! Te oordeel aan U dade, wat buiten God sekerlik geen mens tot stand kan bring nie, sou dit vir U tog nie moeilik wees om die doper, omdat hy vir U gewerk het, te bevry nie! Heer, dit sal U tog wel moet doen en U sal hom nou nie in die steek mag laat nie!”

[2] Ek sê: “Wie self kom, kan meer bereik as wie `n bode of `n brief stuur. Die gees van Johannes is groot en groter as al die geeste wat ooit op hierdie aarde in `n liggaam gewerk het; maar sy liggaam behoort tot hierdie aarde en uit sy swakhede het hy ook `n swak siel ontwikkel, en so is dit goed!

[3] Want `n gees wat so sterk is, is wel in staat om `n swak siel kragtig te ontwikkel; maar die vlees en die siel van Johannes is swak. Daarom stuur hy in sy plek steeds bodes, en bodes en briewe bereik nooit dít wat die eie persoon, waarin siel en gees woon, kan bereik nie.

[4] Want Ek mag en Ek kan met My wil niemand My krag en mag skenk nie, tensy daardie iemand kom en dit self neem nie; want Ek sal niemand ooit verhinder om hom na eie keuse van die lewe te beroof of die oordeel oor homself af te roep nie, en so kan mens ook My mag en krag neem as mens dit vir `n goeie doel nodig het.

[5] Maar wie nie self kom nie, die sal niks kry nie - behalwe die barmhartigheid van die lig, sodat hy daardeur hier of in die hiernamaals die weg na My vind en onderweg insien dat Ek Self die weg na die lewe en die Lewe Self is.

[6] Johannes doen wat niemand doen nie, om volledig meester van sy liggaam te word. Hy sien die verlossing vóór hom en kon dit tog nie na hom toe aantrek nie. Waarom dan nie? Moes dit miskien so wees?

[7] Vóór julle staan die Een wat die 'Moet' uitspreek, as dit nodig is! Maar Hy sê vir julle ook dat Hy, wat Johannes betref, hier geen 'Moet' uitgespreek het nie.

[8] Sy roeping om ter wille van die mense vir My die weg te baan, was `n sekere 'Moet', waaragter egter ook nog ewige vryheid verborge lê, wat julle in hierdie liggaam nie kan verstaan nie; maar dat hy My nie mag gevolg het toe hy My gesien en herken het nie, dit was geen 'Sal' en nog minder `n 'Moet' nie. Sy gees het toe geluister na die ingewing van sy siel, begin daarom ook aan My te twyfel en het daarom al vir die tweede maal bodes na My gestuur. Wie vra, is nog nie in die reine met alles nie; want elke vraag veronderstel óf onwetendheid, óf twyfel aan die waarheid van wat mens weet. As Johannes met alles in die reine was, sou hy geen bodes na My gestuur het nie.

[9] Wel het daar vóór hom nooit `n mens so `n streng lewe gelei as hy nie - want as hy `n begeerte in sy liggaam voel, eet en drink hy daelank niks nie, en was op daardie manier die grootste boeteling op die aarde, sonder om ooit te gesondig het - maar tog sê Ek vir julle almal: as `n sondaar hom bekeer en vol liefde in sy hart na My toe kom, staan hy hoër as Johannes!

[10] Want wie aan My sê: “Heer, ek is `n sondaar en ek is nie werd dat U in my huis kom nie!”, het My liewer as nege-en-negentig regverdiges wat geen boetedoening nodig het nie en in hulle hart God daarvoor prys dat hulle geen sondaars is nie en daarom beter is as `n nog so geringe sondaar. Ek sê vir julle: hulle loon sal eendag in My Ryk nie baie groot wees nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205