Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die jongste dag. Die opwekking tot die Ewige Lewe

149 Nathaniël gee aan die wat agterna gekom het, die ware leiding omdat hy vir homself, sonder dat Ek hom dit persoonlik opgedra het, meer uitgebrei as al die ander `n evangelie kan vaslê in die Griekse taal, waarvan hy goed meester was. Hy kom, tot in die diepste van sy wese geskok, na My toe en sê: “Heer! Almagtige! Ook ek het daardie visioen gesien en daarin die verskriklikste dinge, sodat ek van angs nie meer kon skrywe nie! Ek vra U uit die volheid van my liefde vir U, U ewig Heilige, sê my tog of dit te syne tye in die hiernamaals in alle werklikheid so sal gebeur soos wat ek en baie ander dit nou gesien het.”

[2] Ek sê: “Moenie vrees nie, want jy het niks te vrese nie! Wie so leef en handel soos jy, die sal reeds hier of in die hiernamaals tot die Ewige Lewe gewek word; en dit sal vir elkeen die jongste dag wees, wanneer hy deur My tot die Ewige Lewe gewek sal word, hetsy hier of aan die ander kant.

[3] Elkeen moet egter daarna strewe om reeds hier gewek te word; want wie reeds hier in die vlees gewek word, sal die vleeslike dood nie voel of sien nie en sy siel sal dan geen angs ken nie.

[4] Maar wee hierdie en al die latere vyande van My orde! Waarlik, hulle sal dit dan duisendvoudig voel wie dit was wat hulle weerstaan het, en Hom en Sy egte volgelinge met al die vloeke belaai het!

[5] Ek kan dit sê en doen; want Ek sê vir julle: alle dinge is deur die Vader in My hand gegee! Maar niemand ken die Seun nie, wie ek is, behalwe die Vader; en so ook ken niemand die Vader nie behalwe die Seun, en ná Hom diegene aan wie die Seun dit wil openbaar.” (Matthéüs. 11:27)

[6] Nathaniël sê: “Dus ken ook ons, U getrouste leerlinge, U nog lank nie, hoewel U ons al baie van Uself geopenbaar het en laat sien het wie U is?!”

[7] Ek sê: “Julle ken My weliswaar vir sover Ek My aan julle geopenbaar en getoon het. Maar daar ontbreek julle nog baie. So gou as julle die Vader ken, sal julle ook My heeltemal ken, en dit sal gebeur wanneer Ek van hierdie aarde af weer na My hemele sal opvaar. Vanaf daardie oomblik sal die Vader julle na My toe optrek, soos wat Ek julle nou na die Vader trek. En wie nie deur die Vader getrek word nie, die sal nie tot My, die Seun, kom nie. Waarlik Ek sê vir julle: in daardie tyd sal elkeen van God Self moet leer wie die Seun is. En wie nie deur God onderrig wil word nie, hy sal nie tot die Seun kom nie en sal nie die Ewige Lewe in Hom hê nie.

[8] Maar die Seun is nie strenger as die Vader nie; want wat die Liefde van die Vader doen, dit doen ook die Liefde van die Seun, en netsoos die liefde van die Vader die Seun is, so is ook die liefde van die Seun die Vader.

[9] Die Seun sê egter aan julle soos aan al die mense: kom almal na My toe, julle wat uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal julle verkwik! (Matthéüs. 11:28)

[10] Neem My juk op, leer van My om dit te dra en doen daarby soos Ek - want Ek is sagmoedig en nederig van hart - dan sal julle rus hê en al die angs sal julle verlaat! (Matthéüs. 11:29)

[11] My juk is sag en die las is lig wat Ek julle laat dra, want Ek weet waartoe julle in staat is.” (Matthéüs. 11:30)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205