Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 15 - Die Heer sien deur die haatlikheid en bedrog van die Judeërs
[Johannes 2: 23-25] .

23 En toe Hy in Jerusalem was op die Pasga gedurende die Fees, het baie in Sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.

15 “Ek sê vir julle: Dit is nou Pasga en Ek sal gedurende hierdie tyd vertoef in Jerusalem. Volg My waar Ek sal gaan en julle sal `n groot aantal tekens sien. Maar sien dat hierdie tekens nie julle dood bring nie.”
[2] Die Judeërs was verstom deur hierdie woorde, maar Ek het hulle verlaat en met My leerlinge uitgestap uit die tempel na die ope. Die Judeërs egter, het My in die geheim gevolg, want hulle het nie die moed gehad om My openlik te volg nie, aangesien Ek gepraat het van “My tekens wat dood veroorsaak”. Hulle het nie verstaan dat dit die dood van die geestelike element was nie, maar het gedink aan die dood van die liggaam, en soos alle rykes op aarde was hulle groot vriende van die aardse lewe.
[3] Een van hulle het egter buite die tempel by My aangesluit en sê: “Heer, ek het U herken en wil met U wees. Waar woon U?”

24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

[4] Maar Ek het gesien dat hy nie opreg was nie en dat sy begeerte om uit te vind waar Ek gewoon het, oneerlik was. Daarom sê Ek vir hom - net soos wat Ek later gedoen het aan `n hele aantal soortgelyke eiebelang priesters - die bekende woorde, “Jakkalse het hul gate, die voëls hulle neste, maar die Seun van die Adam het nêrens om Sy kop neer te lê nie, allermins in hierdie stad. Maar gaan eers en suiwer jou hart en kom dan met `n eerlike bedoeling, nie met bedrog nie en jy sal sien hoe jy jouself sal ophou aan My sy.”
[5] Hierdie man sê egter: “Heer, U is verkeerd aangaande my en my vriende. As U nêrens het om te bly nie, kom na ons toe en ons sal U en U leerlinge opsit en voorsien vir so lank as wat dit U wens is.”
[6] Maar Ek het duidelik gesien dat hierdie man nie eerlike bedoelinge gehad het nie en sê: “Ons kan jou nie vertrou nie, want jy is bevriend met Herodus en soos hy is julle versot op vertonings, veral as julle dit kosteloos kan kyk. Maar Ek het nie na hierdie stad gekom om Herodus se vriende met komedies te vermaak nie, maar om aan te kondig dat die Koninkryk van God naby gekom het en dat julle julleself daarom moet bekeer, sodat julle mag deel in hierdie koninkryk. Voorwaar, dit is die doel van My teenwoordigheid hier op hierdie moment, en daarvoor is jou losies nie nodig nie. Want hy wat in `n huis woon, kan dit slegs deur die deur verlaat wat toegerus is met `n slot en grendel en waarmee `n gas ook `n gevangene gemaak kan word. Maar wie ookal in die ope bly, is vry en kan gaan waar hy wil.”
[7] Sê die Judeër: “Hoe kan Jy ons so beledig! Dink Jy ons weet nie meer van die gewydheid van gasvryheid nie? As ons jou as `n gas uitnooi na ons huis, is Jy mees gewyd daarin en wee hom wat dit sal waag om geweldadige hande op Jou te lê. Daarom, met ons word die reg tot gasvryheid hooggeag en bo alles gerespekteer. Hoe kan Jy dan agterdogtig wees teenoor hierdie goed gevestigde gebruik in ons huise?”
[8] Ek sê: “Met hierdie huishoudelike gebruik in julle huis is ek volkome bekend, maar dit beteken nie dat ek nie die ander een net so goed ken nie. Solank `n gas in julle huise is, geniet hy die reg tot gasvryheid, maar as hy die huis wil verlaat, kom geregsdienaars en soldate wat gestuur is om die gas buite die deur te ontvang en sit hom in kettings. Sê vir My, is dit ook deel van die ou gebruik van gasvryheid?”
[9] Sê die Judeër, ietwat verleë: “Wie kan dit met `n goeie gewete beweer van ons huise?”
[10] Antwoord Ek: “Die Een wat weet! Is daar nie `n man wat aan die gereg oorgegee is so `n paar weke gelede nie?”
[11] Sê die Judeër nou nog meer verleë: “Heer wie het Jou dit vertel? As dit plaasgevind het, sê vir my, het daardie krimineel dit nie verdien nie?”
[12] Ek sê: “Met julle word baie dinge as krimineel geag wat nie krimineel is met God en met My nie, want die hardheid van julle harte beskou baie dinge as `n misdaad waarvoor Moses nie `n wet voorgeskryf het nie. Daardie is julle wette wat sover dit My betref nie `n man `n krimineel maak nie. Want julle regulasies is `n oortreding teen die wette van Moses. Hoe dan, kan hy `n krimineel wees as hy oortree teen julle regulasies, as hy die wette van Moses hou? O, Ek vertel julle: Almal van julle is vol haatlikheid en skandalige bedrog.”
[13] Die Judeër merk op; “Hoe kan dit wees? Moses het aan ons die reg gegee om ons eie wette vir spesiale geleenthede in te stel, en daarom is ons goeddeurdinkte wette so goed soos die wette van Moses. Is hy wat hulle dan verontagsaam, nie net so veel `n krimineel as die een wat oortree teen Moses se wette nie?”
[14] Ek sê: “Met jou inderdaad, maar nie met My nie. –Moses vereis dat julle jul ouers moet liefhê en respekteer, maar julle sê, en die priesters gebied julle om dit te doen: ‘Wie eerder in die tempel offer, vir hom is dit beter, want daardeur verlos hy homself van hierdie wet.’ Maar as `n man nou na jou toe opkom en sê: ‘Julle is loënaars van God en veragtelike bedrieërs, wat die wet van Moses afskaf as gevolg van julle gierigheid, vervang julle dit met `n ander een waarmee julle die mense treiter!’- voorwaar, daarin het ook die man oortree teenoor jou, en op die drumpel van die deur het jy hom uitgelewer vir oordeel. Sê vir My, het hierdie waardige man dit verdien of is julle nie by verre groter oortreders teen Moses nie?”
[15] Hier word die Judeër woedend en stap weg na sy ander kamerade vir wie hy alles vertel wat hy van My gehoor het. Hulle skud hulle koppe en sê: “Vreemd. Hoe kon hierdie man daarvan weet?“ Maar Ek het hierdie plek verlaat en met My volgelinge na `n klein herberg buite die stad gegaan waar Ek vir `n paar dae vertoef het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205