Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Dit skeppingsverhaal van Moses

156 Na hierdie uitleg, waarvan Kisjonah sê dat hierdie `n antwoord gee op al sy vrae, begin die dag in die ooste te breek en `n heel frisse oggendkoelte waai oor die top van ons berg, waar ons nog steeds was en Kisjonah stel voor dat ons solank afgaan na die digby geleë berghut totdat die son opgekom het.

[2] Ek sê: “Laat ons dit nie doen nie! Die oggendkoelte op hierdie hoogte sal niemand skaad nie, maar versterk elke ledemaat; bowendien duur dit nie lank nie en dit is nodig, omdat `n bepaalde soort geeste wat hier nie nader omskryf hoef te word nie, oordag slegte weer sou bring as hulle nou by sonsopgang nie deur die sterk vredesgeeste belemmer sou word om op te styg in die lug nie.

[3] Kisjonah vra nie verder nie en ons bly nog tot die middag toe op die top van die berg. Maar namiddag daal ons weer af na die bergboerdery en bring daar nog `n paar dae deur met allerhande besprekinge oor die lewenstake van die mens en oor die natuur van die aarde, die sterre en allerhande ander dinge.

[4] Die Judeërs en fariseërs wat by My gebly het en nog steeds nie so `n helder insig gehad het nie, begryp nie veel daarvan nie, maar tog protesteer hulle nie, want hierdie Judeërs en fariseërs wat hulleself al op die eerste dag van My besoek aan Kisjonah aan My kant geskaar het, was werklik meer gewek en beter geeste en hulle was nugtere denkers, wat nou al baie waardering vir My gehad het en My woord as God se woord aangeneem het. Daarom is hulle nie te vergelyk met diegene wat na Kapernaum teruggejaag is nie, en ook nie met diegene wat vanweë die bewe van die berg iets meer as vier dae gelede weer na benede gevlug het nie.

[5] Hoewel die bogenoemde beter Judeërs en fariseërs nou al `n vaste vertroue in My gehad het, haal hulle dikwels hulle skouers op oor My verklarings oor die werklike ontstaan of eintlik die geleidelike, trapsgewyse skepping van die aarde en alle dinge in en op die aarde, soos ook die van die tallose ander hemelliggame en hulle sê by hulleself: “Dit gaan tog lynreg teen Moses in! Wat word van die ses skeppingsdae, met die sabbat waarop God rus? Wat kom dan tereg daarvan dat wat Moses sê oor die ontstaan van alles wat nou in sy totaliteit die hele wêreld vorm? As hierdie wonderdoener uit Násaret ons daaroor nou `n leer gee wat die leer van Moses heeltemal ophef, wat moet ons dan sê? As Hy die wette van Moses egter ophef, dan hef Hy daardeur alle profete en uiteindelik ook Homself op, want as Moses niks is nie, dan is die profete ook niks nie - en die verwagte Messias, wie Hy eintlik self is, is ook niks!

[6] Maar noukeurig beskou is Sy leer korrek en dit is meer waarskynlik dat die skepping so plaasgevind het soos wat Hy dit nou uitlê, as wat Moses dit verhaal het.”

[7] Een van hulle kom na My toe en sê: “Heer! As dit so gebeur het, wat moet ons dan met Moses en die profete doen?”

[8] Ek antwoord: “Dit moet deur julle in die regte gees en met die regte verstand ontvang en begryp word!

[9] Moses gee by die uitbeelding van die skepping slegs beelde wat betrekking het op die ontwaking van die eerste godsbegrip by die aardse mense, en wat nie betrekking het op die materiële skepping van die aarde en al die ander wêrelde nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205