Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die vyfde en sesde skeppingsdag

162 (Die Heer:) “Omdat u My nou in die opsig geen meer verdere vrae stel oor hoe dit dan met die vyfde en sesde skeppingsdag is nie, sê Ek u in kort, dat die daaropvolgende skepping van die hele dierewêreld en ten slotte van die mens self niks anders beteken as die geheel en al tot lewe kom en die sekerlike voltooiing van alles wat die mens van nature in homself het.

[2] Sy see en al sy waters vul hulleself met lewe, en die mens herken en aanskou in sy nou suiwer goddelike ongeskape lig die onbeperkte en eindelose afwisselende oorvloed van die skeppingsidees en skeppingsvorms en begin op hierdie wyse sy suiwer goddelike afkoms te verwesenlik. En die verhaal van die skepping van die eerste mens is die beeld van die algehele menswording, of die verkryging van die volmaakte kindskap van God.

[3] Natuurlik vra u uself nou heel in die geheim in u hart die volgende af en u dink: “Ja, ja, dit is wel heeltemal goed, wys en heerlik en niemand kan ook maar die geringste twyfel hê oor die volle waarheid van dit alles nie, maar hoe het hierdie aarde dan ontstaan, wat tog onmoontlik al die eeue deur so kon bestaan het soos wat sy nou is? Waar kom al die soorte grasse, kruie, struike en bome dan vandaan? Hoe en wanneer het al die diere ontstaan?

[4] En hoe word die mens `n bewoner van hierdie aarde? Is daar werklik maar één mensepaar geskape, soos in Génesis staan, of word daar op die aarde op één slag `n hoeveelheid mense van verskillende kleure, gestaltes en karakter geplaas?”

[5] Ek kan op sulke begryplike vrae niks anders antwoord as wat Ek al eerder gesê het nie, naamlik: As u die Wysheid van die engele besit, dan kan u vanuit die suiwer geestelike langs die weg van die ooreenstemmende teruggaan na die natuurlike, ook haarfyn die hele natuurlike skepping rekonstrueer uit dit wat Moses in sy Génesis sê. Dan sal u sien dat die natuurlike skepping, weliswaar oor baie uitgestrekte periodes, haas dieselfde volgorde het as wat in Génesis vertel word. Die ontstaan van die eerste mensepaar val byna in dieselfde tyd en sy beproewing en ten slotte sy voortplanting het, op enkele dinge na wat in passende beelde weergegee word, in dieselfde volgorde plaasgevind as wat dit in die verdere verloop van Génesis uiteengesit en vertel word.

[6] Maar soos gesê, sonder die Wysheid van die engele sal u dit nooit ontdek nie, ook al het u al die wysheid van die wyses van die hele aarde, wat oor dié onderwerp al die meeste verskillende opvattings en menings gehad het.

[7] Sulke kennis het op hierdie wêreld egter vir geen enkele mens enig spesiale nut nie, omdat die mens eintlik selde of ooit deur baie kennis in sy hart ook maar iets beter word, maar wel heel dikwels slegter. Want diegene wat baie weet word dikwels trots en hoogmoedig, sien dan neerbuigend uit sy vermeende onbereikbare hoogte op sy broers neer soos `n aasvoël op muise en ander klein voëltjies, asof hulle slegs maar daar sou wees om deur hom gevang te word sodat hy hulle sagte vlees kan verslind.

[8] Maar soek u bo alles in u hart die Ryk van God en Sy Geregtigheid en maak vir uself oor al die ander dinge weinig sorge, want dit alles, en ook die Wysheid van die engele, kan u geheel en al onverwags ten deel val. Nou dink Ek dat u My heeltemal begryp het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205