Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Voorspelling oor die einde van Jerusalem

163 Nadat die fariseër en sy kollegas hierdie uitvoerige verklaring van My oor Génesis gekry het, staan hulle almal asof op die grond vasgenael voor My en die leier van die fariseërs sê, nadat hy sigbaar goed nagedink het: “Heer! Heer van die meesters in alles! Ek en ons almal sien nou in, hoewel nie sonder baie spyt nie, dat U in alles volkome gelyk het en dit alles wat U sê volledig suiwer waarheid is. Maar Ek sê dit nie verniet nie: Met besonder baie spyt sien ons dit nou in! Want met U diepe Wysheid wat te heilig is vir hierdie slegte selfsugtige wêreld, sal U sonder baie besondere wonders vir dowemansore predik en as U wonders sal doen, dan sal U blinde toeskouers hê en sodoende weinig uitrig.

[2] As die mens, om homself tot `n ware mens te ontwikkel, volkome vry moet wees in sy wil en handelinge, dan kan U predik en wonders doen soos wat U wil, maar van die honderd sal dit kwalik op één werklik effek hê. Want as iemand van nature al te dom is en op geen enkele wyse ontwikkel is in die een of ander noodsaaklike en nuttige vak vir mense nie, dan kan hy U leer onmoontlik begryp. As hy egter te veel verstand het en daardeur maklik kennis kan opdoen, hetsy van die skrif of van die een of ander wetenskap of kuns, en enige aardse voordeel daarvan kry en daarby moontlik ook nog baie aansien vir sy persoon sal oplewer, dan kan U Vader JaHWeH met donder en bliksem voor U laat spreek, maar dan sal sulke mense tog net dit doen wat ons voorvaders in die woestyn onder Moses gedoen het. Toe giet hulle uit goud `n kalf en dans op heidense manier daaromheen om dit te aanbid, terwyl Moses op Sinai onder donder en bliksem met JaHWeH spreek en die heilige gebooie van Hom af kry!

[3] As Ek nie geweet het wat die fariseërs, skrifgeleerdes en al die priesters en leviete, veral in Jerusalem, se geaardheid was nie, dan sou Ek dit kwalik gewaag het om op hierdie wyse met U te spreek; maar Ek ken die volk maar al te goed en daarom het Ek myself ook so ver as moontlik van die tempel af verwyder en kom ook nooit meer daar nie.

[4] As U weer na Jerusalem sal gaan, neem dan `n groot hoeveelheid Almag mee, anders sal U as godslasteraar gestenig word! Want wie ook maar net een titseltjie verstandiger probeer wees as die mees gewone veër van die tempelhowe, hy word dadelik as ketter en godslasteraar uitgemaak en as hy homself nie bekeer met `n flink offer nie, dan kan hy buite die stadsmure op die vervloekte plek genadeloos die steniging te wagte wees!

[5] Ek sê U, goddelike Vriend, vir Jerusalem is daar maar één geneesmiddel en dit is die van Sodom en Gomorra! Anders is daar geen verlossing meer vir hierdie stad en haar bewoners nie!”

[6] Ek sê: “Vriend! Wat jy nou vir My gesê het, weet Ek al lankal. Ja, Ek sê vir jou, so sal die einde van Jerusalem ook wees! Maar eers moet alles nog in die stad gebeur wat deur al die profete oor haar voorspel is, sodat die hele skrif vervul en haar maat vol kan word. En dit sal van nou af nie sewentig jaar meer wees nie, dat daar geen enkele steen meer op die ander gelaat sal word nie! En as iemand dan sal vra waar die tempel gestaan het, dan sal daar niemand wees wat die ondersoeker sal kan inlig nie!

[7] Binne die mure van hierdie stad was baie profete al vermoor. Ek ken hulle almal, hulle bloed roep na die hoogste hemele om wraak teen sulke skandelike misdadigers; maar die maat wat die hel aan hierdie stad gee, is nog nie heeltemal vol nie en daarom word hulle nog gespaar. Maar binnekort sal die maat vol wees en sy sal nie meer gespaar word nie!

[8] Voordat ons nou egter hierdie berg verlaat, gee Ek julle almal `n gebod waaraan streng gehou moet word en dit is dat niemand van julle teen iemand daar benede iets sal vertel oor wat julle hier op die berg gesien het nie, totdat Ek julle in die gees daarvoor toestemming sal gee. Wie die gebod van My nie in ag sal neem nie, sal dadelik met stomheid bestraf word, want die volk hier benede is nog lank nie daarvoor ryp nie en julleself is ook nog nie voldoende ryp nie.

[9] Spreek met julle gelykes oor dit wat julle hier geleer het asof julle dit nie van My gehoor het nie, maar asof julle self tot die insigte gekom het. Slegs as julle vriende het wat waarlik deel het aan julle leer, dan mag julle hulle slegs onder vier oë vertel van Wie julle hierdie leer ontvang het en watter tekens dit voorafgegaan het.

[10] Maar vergeet dan nie om hierdie mense in My Naam dieselfde gebod met dieselfde straf oor te dra wat Ek julle almal nou hier gegee het nie!

[11] Gedurende die kort tyd wat ons nog hier op hierdie hoogte sal bly, sal julle nog meer wonderbaarlike dinge beleef, want Ek het die behoefte om julle geloof so kragtig moontlik te maak. Maar dink by alles wat julle nog sien en hoor so aan die spesifieke gegewe gebod, want as julle julleself nie daarby gaan hou nie, geld vir elkeen van julle dat julle `n jaar lank getref sal word deur die straf waaroor Ek gewaarsku het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205