Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Waarom die mens gebore moet word

165 Almal gaan nou die berghutte in en gebruik die maaltyd en daar is nie een wat nie opgewek en vrolik is nie.

[2] Na die maaltyd sê Kisjonah dat hy nou, as Ek dit daarmee eens was, vir die aand nog `n paar spesiale plekke op sy berg wil besoek om sy herders hulle loon te gee en by die geleentheid wil hy ook kyk hoe dit met sy kudde skape gaan en hoeveel wol die herders al versamel het.

[3] Ek sê: “Weet jy, môre is die dag vóór die sabbat en dit sou Ek nog op hierdie berge wil deurbring, maar omdat ons vandag nogal lank aan tafel gebly het en die dag nog maar `n paar uur sal duur, laat ons eerder genoeglik hier bymekaar bly en `n aantal belangrike onderwerpe bespreek en dan is daar nog heelwat vir julle om te ervaar; daarom sou Ek nou liewer hier bymekaar wil bly!”

[4] Kisjonah sê: “Heer, elke wens van U hart is `n heilige gebod vir my! Maar dan kom ek dadelik al met `n vraag betreffende die drie manne wat `n paar dae gelede hier so buitengewoon stralend uit die ooste na ons toe gekom het en wat meer in die lug gesweef het as wat hulle die berggras met hulle voete geroer het. Hierdie drie manne is nou voortdurend in ons geselskap, praat met ons, eet en drink met ons, sien baie aangenaam en gedienstig daar uit en lyk dan nou, behalwe dat hulle gestalte veel edeler is as die van ons, presies net soos ons.

[5] Ek het die indruk gekry dat hulle voortdurend by ons sal bly, - wat my besonder baie genoegdoening sou gee. Toe ek hulle netnou omarm en kus, voel ek dat hulle `n stewige, kragtige liggaam en bene het en daaroor was ek hoogs verbaas!

[6] Ek wil daarom aan U vra om aan my uit te lê hoe so iets moontlik is. Eers was hulle suiwer geeste en nou is hulle net sulke mense van vlees en bloed soos ons; waar kom hulle liggame vandaan? En as hulle die liggaam, wat daar veel volmaakter uitsien as die van ons, van die een tot die ander oomblik gekry het, sou dit dan nie by alle mense so gedoen kon word in plaas van om moeisaam gebore te moet word nie?”

[7] Ek sê: “Laat Ek dit vooraf stel dat jy hierdie drie engele nie sou kon sien en liggaamlik gevoel het as Ek jou nie tydelik so ingestel het nie, sodat jou siel nou met haar gees verenig deur hulle liggaam heen al die geestelike so kan sien en waarneem asof dit natuurlik en daardeur liggaamlik is; maar dit is en bly tog heeltemal geestelik en daar is niks liggaamliks by nie.

[8] Die groot verskil tussen elke mens en elke gees lê daarin dat `n gees soos hierdie drie engele nou hier, vanaf die oerbegin uit vrye wil wyse gebruik gemaak het van hulle vryheid binne My ordening en in ewigheid nooit daarteen gesondig het nie. `n Groot deel van die vir jou begrip tallose baie geeste het die vryheid van hulle wil egter misbruik en is daarom, ofskoon hulle gewaarsku was, in die gerig gedompel; en uit sulke geeste, waaruit eintlik hierdie hele aarde en al die tallose ander wêrelde, soos son, maan en sterre bestaan, kom volgens `n onveranderlike wet wat aan die hele natuur opgelê is, sowel die natuurlike mense van hierdie aarde asook die mense van al die ander wêrelde voort, en wel op die bekende manier van die geboorte met die verwekking wat dit voorafgaan. So moet hulle dus deur opvoeding en onderrig mense word en na die aflegging van hulle liggame tot suiwer en volledig vry geeste ontwikkel word.

[9] As die liggaam van die mens dus veral aan `n uit die gerig verhefde gees gegee word, sodat hy daarin, asof in `n geheel eie wêreld `n nuwe vryheidsproef moet ondergaan, is dit wel duidelik dat die reeds volmaakte geeste die vleeslike liggaam heeltemal nie meer nodig het nie, omdat die vlees slegs `n middel, maar in ewigheid nooit `n doel het en kan hê nie, omdat uiteindelik alles tog weer suiwer geestelik en nooit meer stoflik moet word nie.

[10] Ek sê vir jou: hierdie aarde en eintlik hierdie hele liggaamlike hemele, met sonne, mane en al die wêrelde sal nooit vergaan, alvorens al die geeste wat deur die gerig daarin vasgehou word via die weg van die vlees, suiwer geeste geword het nie; maar die suiwer geeste bly vir altyd en sal en kan, net soos Ek en My woord in ewigheid nie ophou om te bestaan nie. - Sê vir my of jy dit goed begryp het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205