Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Kies u vrou met sorg

167 (Die Heer: ) “Dit sien vir die wêreld sleg daar uit, wanneer die vroue weer begin om hulle op te maak en op te smuk en op trone te sit; want dan sal die aarde deur vuur besoek word!

[2] Hou daarom die vroue goed in bedwang; laat hulle hulleself veral oefen in ware nederigheid! Hulle moet rein, maar nooit opgemaak en versier wees nie; want die opmaak en versiering van die vroue is die graf van die mens en veroorsaak orals ondergang!

[3] Soos wat `n rein, ingetoë, nederige vrou `n egte seën vir `n huis is, so is `n opgesmukte en daardeur trotse vrou `n vloek vir die hele aarde, en sy is op die wyse `n duiwel in sy kleinste gedaante onder die mense en is volledig soos `n slang, wat deur haar geil blik die voëls van die hemele in haar giftige en dodelike keel in lok!

[4] Daarom gee Ek die raad, sonder dat hierdie raad `n gebod moet wees:

[5] As iemand `n vrou kies en wil trou, laat hy dan daarop let dat die meisie wat hy trou, haar nie wil oppoets nie - behalwe met water, wat noodsaaklik is vir die gesondheid van die liggaam - en nie met uitdagende houding oor die straat te gaan nie wat nie pas by `n vrou nie en ook nie pronk met haar ander aantreklikhede nie, maar in alles ingetoë is, haar liggaam goed bedek hou met linnegewade en in die winters met ongeverfde doeke van skaapwol. Hulle moet ook geen kletskouse wees nie en spog dat sy iets het nie; want dit is heel heilsaam vir die vrou as sy niks meer het as dit wat hoogs noodsaaklik is nie. So `n meisie is dan ook `n man werd, en haar hand moet jy vra. Maar `n ryk, ydele, versierde vrou, wat in sagte en bontgeverfde klere rondloop, uitdagend oor die straat gaan, wat hulle graag deur die rykes en die aansienlikes laat groet en aan die armes sê: “ Kyk daar na die stinkende bedelvolk!” - daarvan sê Ek vir julle, - vermy so `n meisie soos stinkende aas!

[6] Want so `n meisie is `n getroue kopie van die verlokkende hel in die kleinste skottel en wie so iemand om die huwelik vra, begaan `n growwe sonde teen die goddelike ordening. Hy kan daarop reken dat so `n vrou haarself op aarde bykans nooit sal verbeter nie. As sy vroeër sal sterf as haar man, en hy haar volg na die ander lewe, ook al was hy self deugsaam, maar het, vanweë haar aardse eienskappe, baie van sy vrou gehou, sal hy sekerlik vir `n behoorlike lang tyd na die hel toe trek.

[7] Want net soos wat so `n vrou op hierdie aarde bedrieglike middele gebruik om die man te vang wat sy begeer, sal sy in die hiernamaals, maar dan duisendmaal verleideliker, haar man, wanneer hy kom, met alle aantreklikheid wat maar te bedink is, tegemoet kom en hom in haar helse nes intrek. En sodoende sal die man dit baie moeilik vind om uit die nette van sy vrou te kom.

[8] Let daar dus goed op en diegene wat wil trou kan maar liewer sy vrou eers goed leer ken en alles nagaan, sodat hy nie in plaas van `n engel `n duiwel aan hom verbind nie, wat hy dan nie meer maklik van sal loskom nie!

[9] Die kenmerke het Ek julle nou voldoende laat sien; let daar op, dan sal julle hier en in die hiernamaals geluk hê! Dit moet julle nie sien as `n gebod waaraan julle gebonde is nie, maar slegs, soos reeds vroeër gesê, as goeie raad vir mense wat hulle daaraan wil hou. Vir julle en veral vir al die ydele vroue kan dit heel nuttig wees.

[10] Want diegene onder julle wat `n ydele en listige, verleidende vrou so tereg wys dat sy haar slegte dwaasheid sal kan insien, sal eenmaal daarvoor in die hemele `n groot beloning ontvang.

[11] Wend daarom jou oë af van `n verleidelike vrou, want so `n vrou is heimlik sonder om te weet verbonde aan die satan en sy dien hom onbewustelik met sy verleidingswerk.

[12] As julle die satan in sy ergste vorm wil sien, dan hoef julle maar slegs `n opgemaakte slet of `n opgesmukte vrou te bekyk, en dan het hy die satan gesien in sy gevaarlikste vorm vir die mens!

[13] As die satan as draak kom en hy spu oorlog, honger en allerlei besmetlike siektes oor die aarde, dan is hy die minste gevaarlik vir die mense, want in sulke nood wend die mense hulle tot God, gaan doen boete en vermy so die hel met sy gerig.

[14] Maar as die satan sy draakkleed met die ligtende gewaad van `n engel aanhet, dan is hy vir die mens wat van nature tot wellus geneig is, die gevaarlikste, net soos wanneer `n verskeurende wolf in skaapsvel tussen die skape kom! Maar kom die wolf as `n wolf na die skape, dan vlug hulle in alle rigtings en verwar die bringer van die dood, sodat hy bly staan en daaroor nadink watter skaap hy sal agtervolg, waardeur hy ten slotte sonder buit moet teruggaan; kom hy egter in skaapswol, dan vlug die skape nie, maar verheug hulle selfs oor die nuwe skaap wat by hulle aangekom het; dit is so `n wolf wat die hele kudde verskeur sonder dat daar ook maar één skaap voor hom op die vlug slaan.

[15] Kyk, hierdie leer en hierdie raad moet julle as iets heilig in julle harte bewaar en julle moet dit so streng volg asof Ek dit as `n gebod gegee het, dan sal julle huwelike bekleed wees met die seën uit die hemele; maar in die ander geval - met die vloek uit die hel!

[16] Laat julle nie verlok word deur die blinde en bedrieglike sjarmes van die wêreld nie, maar wees altyd nugter en skat die waarde van die wêreld korrek; ruil geen goud en pêrels wat jy nou uit die hemele gekry het, vir die dwaashede van die wêreld nie, dan sal julle steeds onder mekaar vrede hê en die hemele vir julle oop sien staan! As julle julleself egter weer deur die verleidinge van die wêreld laat gevange neem, dan moet julle ook julleself verwyt as die hemele steeds meer vir julle gaan sluit; en as julle in groot nood raak en na die hemele om hulp roep, dan sal julle geen hulp kry nie! Want dit is onmoontlik dat iemand wat met welgevalle aan die wêreld hang, tegelykertyd in seënbringende verbinding met die hemele kan staan.

[17] Want elke mens is so geskape en ingestel dat hy die kwade en die goeie, die valsheid en die waarheid nie in één hart langs mekaar kan verdra nie; óf die een óf die ander, maar tot in ewigheid nooit albei tegelyk nie!

[18] Ja, met sy verstand kan en moet hy beide ken, maar in sy hart kan net die een of die ander as basis vir sy lewe aanwesig wees.

[19] Het julle My raad goed begryp?”

[20] Almal antwoord daarop: “Ja, Majesteit en Heer van alle goddelike Wysheid!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205