Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 17 - Genesingswonderwerke en nagtelike besoekers by die herberg
[Johannes 3: 1] .

17 Die feit dat Ek na die suiwering van die tempel tyd spandeer het by `n klein herberg buite die stad saam met almal wat My gevolg het, was alreeds genoem in die vorige HOOFSTUK. Maar almal mag die vraag vra:
[2] “Wat het U daar gedoen, Heer, want U het sekerlik nie daardie tyd ledig verwyl nie?”
[3] Dan sê Ek: “Natuurlik nie! Want’`n groot aantal mense van alle lewensterreine het daagliks en in die nag van die stad na My toe gekom. Die armes het gewoonlik in die dag gekom, die aansienlike, vernames en rykes meestal in die nag, want hulle wou nie swak en troueloos lyk vir hul eie soort nie.
[4] Maar aangesien hulle—deels gemotiveer deur hul nuuskierigheid, deels deur `n tipe goedgelowige gevoel vir die moontlikheid dat Ek wel regtig die Messias kon wees—was gemotiveer om My beter te leer ken, hul besoeke wat gedurende die nag plaasgevind het het gewoonlik opgeëindig met heelwat diklippe aan hulle kant. Want hierdie aansienlike, vernames en rykes was grootliks vererg omdat Ek hulle nie ten minste so sagkens en goed behandel het soos vir baie van die armes wat geen end gehad het aan die lof vir My goedhartigheid en vriendelikheid nie.
[5] Nietemin het Ek baie wonderwerke vir die armes gedoen as geneesheer, die besetenes bevry van hul pynigers, die lammes laat loop, die paraplegiese reguit gemaak, die melaatses gesuiwer, die doofstommes laat hoor en praat, die blindes laat sien, en alles meestal deur die Woord.
[6] Diegene wat in die nag na My toe gekom het, het van al hierdie geweet en wou soortgelyk tekens van My af hê waarop Ek altyd opgemerk het: “Die dag het twaalf uur en so ook die nag. Die dag is bedoel vir werk, maar die nag vir rus. Wie werk gedurende die dag, stamp nie teen voorwerpe nie, maar dit gebeur maklik met iemand wat in die nag werk, want hy sien nie waar hy sy voet neersit nie.”
[7] Maar sommige het My gevra deur watter mag en krag Ek sulke wonderwerke gedoen het. Die betreklike kort antwoord was dit: : “Uit My eie uit, en Ek het niemand se hulp nodig daarvoor nie.”
[8] Weer het hulle My gevra waarom ek nie in die stad verblyf geneem het nie, omdat sulke groot dade `n groot plek vereis en nie net so `n klein niksbeduidende dorpie wat, alhoewel teenaan die stad, grootliks geïgnoreer word daardeur.
[9] Waarop Ek weer gesê het: “Ek wil nie in `n plek bly waar by die hekke van sy eiewyse inwoners die soldate waghou, en net die vernames inlaat, maar wat ongenaakbaar toegang weier vir die armes en waar `n persoon, as sy gesig nie bekend en sy kleding nie genoegsaam skitternie, ten minste sewe keer gestop word in elke straat en ondervra word wie hy is, waar hy vandaan kom en wat hy daar doen. Buitendien, Ek hou net van dit wat klein en wat verwerp word deur die wêreld, want dit is geskrywe: ‘Wat groot is vir die wêreld is `n gruwel voor God.’”
[10] En hulle vra: “Is die tempel waarin JaHWeH wandel nie groot en manjifiek nie?”- Ek sê: “Hy is veronderstel om daarin te wandel, maar aangesien julle die tempel onteer het, het Hy dit verlaat en wandel nie meer daar nie, en die Verbondsark is leeg en dood.”
[11] Sê die nagbesoekers: “Wat is hierdie heiligskennende nonsens wat jy praat? Weet Jy nie wat God met Dawid en Salomo gepraat het nie? Kan wat God gespreek het, ooit onwaar word? Wie is Jy wat dit waag om so voor ons te praat?”
[12] “Net soos wat Ek binne en buite Myself die mag en krag het om die siekes te genees wat na My toe kom, alleenlik deur My wil en My Woord, het Ek ook die mag en krag en die volste reg om met julle so te praat van die tempel soos wat Ek gedoen het. En so vertel Ek dit weereens aan julle dat julle tempel nou `n gruwel is in die oë van God.”
[13] Hier begin sommige te mompel, maar ander sê: “Hierdie is klaarblyklik `n profeet en hulle het altyd ongunstig van die tempel gepraat. Laat ons Hom alleen laat!” En so verlaat die nag-besoekers My weer.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205