Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die genesing van die halfblinde Tobias

170 Maar die oue het gehoor wat die drie engele aan die vroue gesê het; daarom gaan hy na hulle toe en sê: “Ek het nou net gehoor dat u die naam van my stamvader genoem het en ek merk dat my naam nie onbekend aan u is nie; deur God se barmhartigheid gee u die dooie oog van die oue Tobias weer lig en lewe.

[2] Kyk, liewe en ewige vriende van God, binnekort word ek volledig blind; met die een oog sien ek al niks meer nie en die ander begin ookal baie swakker word. Wat sou u daarvan dink om my weer die volle lig van my oë te gee? Dit sou vir u tog met weinig moeite moontlik wees! Help my asseblief!”

[3] Die engele antwoord: “Sien jy Hom dan nie wat daar met Kisjonah na die hoogopvlammende vuur kyk en luister na die sang en psalms van die herders nie? Nie ons nie, maar Hy het die oue Tobias die lig van sy oë teruggegee! Gaan na Hom; Hy is die Heer en kan doen wat Hy wil; Hy alleen kan vir jou die lig van jou oë teruggee! Uit onsself is ons tot net so min in staat as wat jy uit jouself is. Ons is slegs Sy dienare en wag op Sy bevele.”

[4] Na hierdie woorde van die drie engele kom die oue na My toe en vra My vir die lig van sy oë. - Dan sê Ek: “Jy was tog `n lang tyd so `n stoere fariseër en `n verheerliker van die tempel in Jerusalem en jy het My beskou as `n Essener, towenaar en dies meer; hoe kom jy dan nou aan die geloof?”

[5] Die oue sê: “Heer! Ook ek was in Kapernaum, waar U die dogter van owerste Jaïrus vanuit die dood na die lewe teruggebring het; toe kom ek al tot die geloof. Maar ek moet nog meer sien en hoor, sodat my geloof sterker kan word; en ek het gesien en gehoor en nou glo ek, dat U, o Heer, alles kan doen wat U wil. As U, o Heer, my dus wil genees, dan kan U dit ook heeltemal doen!”

[6] Daarop sê Ek aan die ou man: “Dit is weliswaar ietwat ongerymd om iemand snags siende te maak; maar as jou geloof so sterk is as wat jy beweer, dan kan jy ook snags siende word! Ek sê egter vir jou, dat dit nou geestelik vir alle mense nag is en dat hulle almal geheel en al blind is, en die mense sal nooit oordag, maar snags siende word en vir baie sal uit hulle aand en môre blywend `n eerste dag ontstaan. En so sal jy nou siende word in die nag!”

[7] Daarop word die ou man siende en hy bewonder nou die heilige vure, wat hy vroeër alles inmekaar gesien oorloop het en daarom as één vuur gesien het.

[8] Toe hy merk hoe suiwer hy kon sien, val hy voor My op die knieë neer, en kan geen woorde genoeg vind om My te loof en te prys nie en was uitermate gelukkig.

[9] Maar Ek sê aan hom: “Ook jy het My gebod gehoor; swyg dus ook oor alles wat jy hier gesien en gehoor het, anders sal dit jou oorkom waaroor Ek elkeen gewaarsku het!” Toe staan die ou man op en sweer dat hy sou swyg soos `n graf.

[10] So word alles dus op hierdie hoogte goed afgehandel. En toe die vure uitdoof, kom die dogters van Kisjonah en nooi My en alle aanwesiges uit vir die aandete. En ons gaan almal, gebruik `n goeie maaltyd en begeef ons toe ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205