Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die geneesde Tobias voorspel die vervloeking van die Judeërs

172 `n Ander sê nou: “As ons hierdie saak suiwer beskou vanuit die standpunt van hierdie wêreld, dan het jy nie ongelyk nie; maar as daar na die dood nog `n lewe is vir die siel van die mens, waaraan ek nog nooit getwyfel het nie, dan het al hierdie wêreldse oorweginge en betrekkinge heeltemal geen waarde nie, en dan is hierdie Jesus `n son vir die nag van die menslike gees en toon Hy ons die goeie weg waarop ons al tydens ons liggaamlike bestaan in die groot hiernamaals kan sien en uit die vaderhuis die heerlike voedsel vir die ewige lewe kan inneem!

[2] En dit leer Hy en Hy wil die blinde mense toon hoe die lug sondermeer brood en wyn, dus ware voedsel uit die hemele kan bied en kan gee, soos wat ons dit `n paar dae gelede almal op die bergtop gesien het en waarvan ons geëet en gedrink het!

[3] Dat die ou nag steeds die stryd met die nuwe dag verbind en moet verbind, dit leer ons nie slegs uit die geskiedenis van die mensdom nie, maar ook uit die hele natuur van die dinge, soos wat dit daagliks voor ons oë gebeur en plaasvind; maar dit is nou juis God se ordening, toelating en wil, waarteenoor `n wêreldmag nog nooit iets kon uitrig nie.

[4] Wat wil jy dan doen as hierdie in geheel van die gees van God vervulde Jesus jou met Sy gedagte sou gryp en volledig sou vernietig? Hoe sou jy jou teen hom verweer?

[5] Nou moet jy eers goed luister! `n Mens, aan wie die wind en die see en alle slegte en goeie geeste oombliklik gehoorsaam is, - `n mens wat die dooies weer tot lewe verwek en elke siekte, al is dit in `n vergevorderde stadium, sonder medisyne, maar slegs deur Sy wil genees, sou verseker iets meer kan wees as slegs maar `n buitengewone begaafde towenaar! Ons het immers baie towenaars gesien en waargeneem hoe hulle met louter towertekens, towerspreuke, amulette en towerstawwe omgaan en hoe hulle altyd elke kleinigheid wat hulle tot stand bring, enorm opblaas.

[6] Hierdie Jesus het egter nóg `n amulet, nóg iets anders wat by die towery hoort, ook geen wondersalwe, geen spesiale kruie en wortels nie en is sekerlik geen geheimsinnige, mistieke opruier nie, maar `n heel oop, baie gemoedelike en buitengewoon innemende, simpatieke mensevriend en Self `n mens in die waarste sin van die woord.

[7] Hy is geen swartkyker, maar Hy is steeds opgeruimd en Sy woorde vloei soos heuning en melk; en tog gebeur alles by al Sy eenvoud op die wonderbaarlikste manier, wat Hy ook maar wil! Ek is daarvan vas oortuig dat Hy in staat is om slegs deur Sy wil sonder moeite `n nuwe aarde te skep! Ek ken hom al sedert kort na sy geboorte en kan julle vertel dat hy al as jongetjie van `n paar jaar dieselfde gedoen het wat hy nou as man vir ons verrig!

[8] En as daar `n mens is wat voor ons oë dade verrig wat slegs maar vir God moontlik is, wat sal my dan nog verhinder om so `n mens as God aan te sien?

[9] Ek is `n gebore Galileër en nou al meer as sewentig jaar oud, ek is al meer as veertig jaar priester en sien al dertig jaar lank sleg, één oog is al heeltemal blind en met die ander sien ek alles inmekaar oorlopend en onsuiwer. By hoeveel dokters, wat uit alle wêreldstreke na Kapernaum kom en hulle in hulle kuns voordoen as byna bonatuurlike wesens, slange en wilde diere tem, voëls die kop afsny en dit weer in `n oogwink opsit, kortom ware wonder- verrigters, het ek vir baie geld middeltjies vir my oë gekoop en hulle presies volgens voorskrif toegepas; maar dit het niks gehelp nie!

[10] `n Paar uur gelede, kort na die aandete, help Hy my deur één woord, sonder enige sodanige middel, sodat ek nou met beide oë so goed en suiwer kan sien soos waarskynlik niemand van julle nie!

[11] Slaan maar na in die geskiedenis of daar ooit `n mens op aarde met so `n wonderkrag en mag toegerus was! Moses het wel baie gedoen deur die Mag van God wat aan hom verleen was deur die krag van sy geloof, net soos eens aan Abraham die groot belofte gegee is. Maar hoe klein is die wonders van Moses vergeleke met dit wat hierdie Jesus voor ons oë verrig!

[12] En julle sit gewoonweg en beraadslaag hoe julle Hom uit die weg sou ruim! Foei tog! Dit is skandelik van julle en julle verdien om met die kragtigste tugroede van God vir ewig so swaar as moontlik gestraf te word!

[13] Waarlik, in hierdie Jesus skyn dit ten volle in vervulling te gaan wat die groot profeet JeshaJaH oor die mees verhewe kneg van God voorspel het, toe hy sê:

[14] “Kyk, dit is My kneg wat Ek uitverkies het en wat Ek die meeste liefhet, aan wie My siel `n ware welbehae het; Ek sal My gees op Hom lê en Hy sal aan die heidene die oordeel verkondig! Hy sal nie skreeu of twis nie en Sy geroep sal nie in die strate gehoor word nie. Die geknakte riet sal Hy nie breek en die smeulende pit nie doof nie, totdat Hy ter oorwinning die oordeel uitvoer en die heidene hulle hoop sal vestig op Sy Naam!” (JeshaJaH. 42: 1-4)

[15] As Hy kroon en septer sou wou hê, my hemele, Hy sou meer as voldoende mag daarvoor hê! Want net soos Hy Sy apostels in `n oogwink uit alle windstreke deur Sy onsigbare dienaars deur die lug byeen kon laat kom, wat ons met ons eie oë gesien het, net so goed sou Hy ook alle heersers van hierdie aarde byeen kon roep en hulle heel eenvoudig en beslis kan sê: “Ek is die Heer, en julle almal het vir ewig opgehou om te heers! As jy My kneg wil wees, dan mag jy by My bly; maar as jy nie wil nie, verdwyn dan en vergaan!”

[16] Maar Hy, wat in die volle sin van die woord Almagtig is, het ons almal selfs gewaarsku dat ons benede geen enkele woord mag vertel van wat hier gebeur het nie! Hy soek dus absoluut geen wêreldse roem en wêreldse aansien nie, maar slegs die geestelike veredeling en vervolmaking van die mense. Hy wil dus slegs maar `n geestelike staat onder die mense vestig en hulle wat nie meer weet waar hulle vandaan gekom het nie, weer in die verlore paradys terugbring! En daarom wil ons Hom nou, indien moontlik uit hierdie slegte wêreld verwyder? Nooit as te nimmer! Vervloek is diegene wat sulke gedagtes in hulle hart toelaat!

[17] Nooit het die aarde `n groter mensevriend geherberg, nooit een wat onselfsugtiger was as Hy nie, - en julle wil die hand aan Hom slaan? Vra julleself maar eers af wie se geesteskinders julle is, en die satan wat in julle hart woon, sal vir julle sê en hy sal julle antwoord: “Ek is julle vader!”

[18] Hoe moet julle Messias daar dan daar uitsien? Miskien net soos julle? Of moet Hy optree soos `n duisendvoudige Simson en met die wapen van Simson somaar met één slag die mense in hulle miljoene tegelyk doodslaan en dan nie Homself nie, maar julle op die heerserstoel laat sit, en dan deur julle streng oor Hom laat heers en Hom laat gebruik as las-esel, kameel, waghond, as vegtende leeu in die woestyn teenoor julle vyande, as `n adelaar wat met sy skerp oë vanuit die hoogte meedeel waarvandaan die vyand op julle afkom, sodat julle in volle rustigheid die geroofde goed van die hele aarde sou kon verteer en met die teerste en mooiste meisies van die aarde kon omgang hê? Dit sou pas `n regte Messias vir julle wees!

[19] Julle wil heersers wees en die Messias moet julle kneg wees! Op die manier wil julle wel `n Messias hê! Maar as julle “Heer” aan die Messias moet sê, geval dit julle nie en daarom sou julle Hom nou uit die weg wou ruim!

[20] Dink eers daaroor na en raadpleeg julle hart of dit daar met julle nie letterlik so uitsien nie en julle hart sal luidkeels “Ja” uitroep!

[21] As ek dit egter verkeerd veronderstel het, sê my dan hoe julle Messias daar moet uitsien en watter eienskappe hy moet hê!

[22] Dit is `n skande vir ons, terwyl ons onsself tog wel kinders van die Allerhoogste noem; en die heidene, tollenaars en sondaars is ons in alles voor! Die Grieke, Romeine, Egiptenare, Perse, Assiriërs en byna alle volke wat by ons as heidene bekend staan het uit dankbaarheid vir hulle afgode die groot wyse manne verafgod, omdat hulle gedink het dat sulke manne deur hulle gode uit barmhartigheid gegee is en hulle bedryf hulle goddelike verering, bou tempels vir hulle en verklaar die plek waar so `n wyse gewoon het tot heilige plek. In slegs heel weinig gevalle het dit voorgekom dat die goddelose heidene onmenslik teenoor hulle wyses opgetree het.

[23] Maar ons Judeërs wat die naam “Volk van God” dra, het `n groot aantal profete wat deur God aan ons gestuur is, gestenig en hulle vervloek en tog durf ons onsself nog steeds “Kinders van God” te noem!

[24] EliJaH, een van die grootste en magtigste profete, moes byna na die einde van die wêreld vlug om homself in veiligheid te bring vir die woede van die “kinders van God” en die woede van hulle bure. Dit is mooi “kinders van God”!

[25] Ons het die bodes van God gestenig en ons sou nou ook hierdie goeie Jesus uit die wêreld wou help as ons kon! Maar die hemele sal daarvoor toesien! As so iets egter moontlik word; want God laat die mense selfs die slegste daad begaan sodat hulle maat vir die hel vol kan word, dan voorspel ek vir julle die ewige vloek oor al die Judeërs, dat hulle op aarde nooit meer `n tuiste sal hê nie en dat hulle naam, waarvoor selfs die heidene gebuig het, walging sal opwek by die mense!

[26] So waar as God leef, so waar sal dit ook gebeur! En so `n misdaad van ons sal in die hel eindeloos vergeld word! Dink goed daaraan, dat ek dit as fariseër aan julle gesê het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205