Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Op die meer van Galilea:

Aan die meer. Genesing van die besete man

178 Ons loop nou vinnig na die oewer en kom presies daar aan op die oomblik waarop die skippers die skeepstou na die wal gooi. Petrus, wat self `n ervare skipper is, pak dadelik die tou; vervolgens trek ons die skip gemaklik na die oewer, skeep ons in en binne anderhalf uur bring dit ons na die teenoorgestelde oewer en wel in die omgewing van die plekkie wat vir die helfte deur Grieke en die helfte deur Judeërs bewoon word.

[2] Ons bereik die oewer toe die aandskemering die omgewing nog goed verlig het en ons alles nog goed kon onderskei. Kisjonah stuur twee boodskappers na die plekkie om te vra of daar vir tenminste honderd mense onderdak beskikbaar was. Maar die boodskappers kom gou onverrigter sake terug en daarom bly ons gedurende die nag op die skip, omdat die wind gaan lê het en die water heel rustig gegolf het.

[3] Kisjonah laat gou brood, wyn en goed gebraaide vleis uit die skip haal en sy vrou en sy dogters help daarmee en bedien ons. Dit hoef kwalik vermeld te word dat dit vir Judas, wat al op die ander oewer `n leë maag gehad het, heel welkom was.

[4] Ook vra Kisjonah My of hy `n vuur op die skip moes aansteek, omdat die nagte op die water, ondanks die baie erge hitte bedags, gewoonlik tog behoorlik koel word. Ek stem daarmee in en in die groot vuurpan waarin `n hoeveelheid suiwer hars, olie en ander ligte brandbare materiaal hul bevind, word dadelik vuur gemaak; hierdie groot skeepsflits staan gou in ligte laaie en gee aan die hele omgewing `n intense lig. Dit lok vinnig `n aantal kyklustiges uit die plekkie na die oewer en daaronder was daar die wat My vanaf die digby geleë oewer in die skip herken het; hulle begin te juig omdat Ek, die bekende wondergeneser in hulle gebied gekom het, want daar was baie siekes.

[5] Baie haas hulle weer na die huis en vertel in die hele plekkie dat Ek daar op die skip was.

[6] Dit duur dan ook nie lank nie of daar word `n stomme en tewens blinde man, wat ook besete was, na die oewer gebring en die volk vra My of Ek hom wel sou kan en wil genees.

[7] Maar daar was ook `n aantal fariseërs uit die plekkie wat haastig kom kyk het wat daar sou gebeur en hulle sê aan die volk: “Hy sal dit wel nalaat om hierdie man te genees!”

[8] Maar Ek genees hierdie besetene in `n oogwink vanaf die skip, sodat hy kon sien en praat. (Matthéüs. 12:22) Daaroor was die hele volk in die plekkie onderstebo en die Judeërs, wat die fariseërs nie goedgesind was nie, roep: “Dit is waarlik Dawid se Seun waarop alle Judeërs gehoop het!” (Matthéüs. 12:23)

[9] `n Goeie en regverdige man uit die plekkie kom digby die skip en sê: “Goddelik groot, wonderlike Heer! Waarom sou U Uself gedurende die nag op die skommelende skip U nodige nagrus deur die wind en die gevoelige koue van die nag laat ontneem? Hierdie omgewing aan die water het die spesiale eienskap, aan elkeen goed bekend, dat na `n warm dag altyd `n eweredige koel nag volg, waardeur die mense wat hier woon, allerlei siektes opdoen. Ek het egter `n groot, ruim en goed ingerigte huis, sodat U met U leerlinge daarin meer as voldoende plek sal kan vind en U kan daar bly solank U maar wil; ook `n redelike hoeveelheid voedsel sal nie ontbreek nie!”

[10] Ek antwoord hom: “Ja, Ek neem u uitnodiging aan, want Ek weet dat u siel opreg is. Maar ook Kisjonah met sy vrou en sy dogters is hier; die skip is van hom en hy is `n troue leerling en `n man na My hart; het u vir hom ook plek?” Hierop antwoord die ou man: “Ook as daar nog meer van die families was! Almal wat by U hoort, is welkom in my huis!”

[11] Ek sê: “Dit sal u huis ook `n groot seëning te beurt laat val”, en Ek vervolg aan Kisjonah: “Meer die skip maar heeltemal teenoor die wal, sodat ons op ons gemak aan land kan gaan!” Dit gebeur dadelik en ons kom daarna vinnig in die huis van ons ou man, wat sy mense direk opdrag gee om ons so gerieflik moontlik te maak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205