Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 18 - Die Heer se gesprek met Nikodémus, burgermeester van Jerusalem. Suiwering van die siel deur nederigheid
[Johannes 3: 2-5]

1 EN daar was `n man uit die fariseërs met die naam van Nikodémus, `n owerste van die Judeërs.

18 Gedurende die voorlaaste nag van My verblyf in die omgewing van Jerusalem, kom `n sekere Nikodémus na My, ook in die nag want hy was `n persoon van hoë rang in Jerusalem. Hy was nie net `n fariseër nie—wat sover sy posisie, hoë rang en aansien betref, rofweg vergelyk kan word met wat `n kardinaal van Rome vandag voor staan. —maar hy was ook `n baie ryk inwoner van Jerusalem en hoof van die Judese Raad in hierdie stad. Hy was burgemeester van die hele stad, aangestel in hierdie pos deur Rome.

2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: My Heer, ons weet dat U `n Leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.

[2] Hierdie een, as die hoof van Jerusalem in gemeenskapsake, het persoonlik gedurende die nag na My gekom en gesê: “Heer, vergewe my dat ek so laat in die nag na U toe kom en U in U rus versteur, maar toe ek verneem dat U alreeds môre vroeg sou vertrek, was dit my wens om aan U eer te betoon, want ek en verskeie van my kollegas, nadat ons U dade aanskou het, is nou oortuig dat U na ons toe gekom het as `n ware Profeet gestuur deur God. Niemand kan die tekens doen wat U doen nie, behalwe as JaHWeH met Hom is. Daarom, omdat U duidelik `n profeet is en moet sien in watter haglike toestand ons verkeer, alhoewel die koninkryk van God aan ons belowe is deur U voorgangers, wil U nie so gaaf wees om my te vertel wanneer dit sal plaasvind en, as dit wel gebeur, wat die vereiste is vir iemand om daarin te gaan?”

3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie van Bo gebore word nie, kan hy die Koninkryk van die God nie sien nie.

[3] My antwoord op hierdie vraag van Nikodémus was net so bondig soos gekwoteer in die vers, naamlik “In die waarheid, in die volle waarheid vertel Ek jou: As iemand nie weer gebore word nie, sal hy die koninkryk van God nie sien nie, laat staan nog binnegaan”, wat dieselfde is as: “As jy nie jou gees wil laat ontwaak deur die maniere wat Ek jou aantoon deur My lering en handeling nie, sal jy nie eers die goddelike lewe binne My Woord herken nie, laat staan nog om tot die lewegewende dieptes te penetreer.”
[4] Dat die andersins opregte Nikodémus – soos aangetoon in die volgende – My woorde nie verstaan het nie en daardeur bewys het dat hulle waar was, naamlik dat die goddelike lewe van My Woord nie vanaf `n afstand verstaan kan word, behalwe as jou gees wawyd wakker is nie, word duidelik en openlik aangetoon deur die volgende vers waarin Nikodémus, totaal onthuts deur My woorde, vra:

4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan `n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie `n tweede keer in die moederskoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

[5] Maar geliefde Heer, wat se eienaardige ding het U gesê? Hoe is dit moontlik vir `n mens om weer gebore te word? Kan `n man wat volgroeid is, oud en styf weer sy moeder se baarmoeder deur die smal klein deur binnegaan en dan weer vir `n tweede keer gebore word? Dit, liewe Heer, is totaal onmoontlik. Òf U weet niks van die komende Koninkryk van God nie, ten minste nie die regte ding nie, óf U weet, maar wil my nie vertel nie, want U vrees dat ek U sal laat gryp en in die gevangenis laat gooi. O, moet dit nie vrees nie, want ek het nog nooit iemand van sy vryheid ontneem, behalwe `n moordenaar of `n slegte dief nie. – U is `n groot weldoener van die armes en het omtrent alle siekes in Jerusalem op wonderbaarlike wyse genees deur God se krag binne-in U. Hoe kan ek dan die hande aan U slaan?
[6] Glo my, geliefde Heer, ek neem die verwagte koninkryk van God baie ernstig op. Daarom, as U enige kennis daaromtrent het, vertel my op `n manier sodat ek dit kan verstaan. Lig hemelse dinge toe met hemelse woorde en aardse goed met aardse woorde in goed verstaanbare beelde, anders is u inligting minder werd as die antieke Egiptiese hierogliewe wat ek nie eers kan lees nie, wat nog verstaan. Ek weet net vanuit my berekeninge dat die koninkryk van God alreeds hier moet wees, maar tot nou toe weet ek nie hoe en waar iemand dit kan binnegaan nie en ontvang word daarin nie. Ek sal graag dat U hierdie vraag van my duidelik sal beantwoord, sodat ek dit kan verstaan.”

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die Koninkryk van die God nie ingaan nie.

[7] Na hierdie hervraag gee Ek vir Nikodémus presies dieselfde antwoord soos wat dit voorkom in die bogenoemde vyfde vers. Dit verskil met die vorige een deurdat daar hierin vermeld word waaruit iemand weer gebore moet word, ten einde die koninkryk van God te beêrwe, naamlik uit water en uit gees wat dieselfde is as:
[8] Die siel moet gesuiwer word met die water van nederigheid en onselfsugtigheid (want water is die oudste simbool van nederigheid, want water laat toe dat alles daarmee gedoen kan word, dit dien in alle dinge en soek altyd die laagste plekke op aarde, en vlug vir die hoogtes) en slegs dan deur die Gees van Waarheid, wat `n onsuiwer siel nooit, ooit kan ontvang nie. `n Onsuiwer siel is soos die nag, terwyl Waarheid `n son vol Lig is, wat veroorsaak dat daar gedurig dag rondom Haar is.
[9] Daarom, wie ookal die Waarheid opneem in sy siel wat gesuiwer is deur nederigheid en werklik die Waarheid herken, word in die gees vrygemaak deur hierdie Waarheid. Hierdie vrymaking van die gees, of die binnegaan van die gees in hierdie vryheid, is dan ook die werklike intrede tot die koninkryk van God.
[10] Maar Ek het hierdie verduideliking nie vir Nikodémus gegee nie, want binne sy kennisvermoë sou hy dit nog minder verstaan het as die kort verborge beginsel in sigself. Daarom het hy My weer gevra hoe dit verstaan moet word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205