Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die fariseërs is onverbeterlik. Die Heer praat oor verskillende soorte besetenheid

186 Die fariseërs sê: ”Dit is nie ons vrug nie, maar die vrug van sulke rondlopers soos wat jy een is wat op bepaalde tye uit al die windstreke as kunstenaars en towenaars hierheen kom. Waar ons by is, beoefen hulle wel hulle ellendige kuns, maar snags bekeer hulle die mense tot hulle heidense filosofie en dan stel hulle met hulle besondere welsprekendheid ons en die tempel en die voorskrifte wat deur God gegee is in `n afskuwelike kwade lig! Wel, die Judese heidene wat hier in Jesaïra woonagtig is, is die vrug van sulke individue! Ons vertel altyd die ware en die goeie aan die volk en onderrig hulle korrek en regverdig volgens die wet van Moses. Maar as Beëlsebul deur middel van individue van Jou soort die volk van ons afrokkel, is ons dan daarvoor verantwoordelik? Omdat satan die vrugte aan ons takke bederf en laat verrot, is ons tog sekerlik geen slegte boom nie. Ons lering en wat ons sê, is korrek; maar jou toespraak en jou dade is afkomstig van die hoogste duiwel en verlei die liggelowige volk! Daarom sal jy met jou aanhang gestenig en gedood moet word!”

[2] Toe die woedende fariseërs so praat, begin die volk te protesteer en maak aanstaltes om hulleself aan die fariseërs te vergryp.

[3] Maar Ek sê aan die volk: “Laat dit staan! Dit is voldoende dat die slegtes vir ewig oorwin is; laat hulle daarom nou met rus. Maar Ek sal hulle nou hulle welverdiende oordeel laat hoor!”

[4] Die volk sê: “Ja, Heer, U doen ons `n groot genot aan as U die booswigte eers vertel wie en wat hulle nou eintlik is!”

[5] Toe wend Ek My weer tot die fariseërs en sê baie ernstig: “O julle addergebroedsel! Hoe sou julle iets goeds kan sê, terwyl julle immers in julle hart heeltemal sleg is?! Waarvan die hart egter vol is, daarvan loop die mond van oor. (Matthéüs. 12:34) `n Goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart altyd goeie dinge voort; en `n slegte mens bring altyd slegte dinge voort uit die slegte skat van sy hart. (Matthéüs. 12:35) Maar Ek sê vir julle dat die mense eenmaal, op die dag van die laaste oordeel, rekenskap sal moet gee van elke kwade en ongunstige woord wat hy gespreek het! (Matthéüs. 12:36) Soos wat dit in die boek van Job geskrywe staan, so sal dit wees: ‘Jou woorde sal jou regverdig en jou woorde sal jou verdoem!’ (Matthéüs. 12:37)

[6] Ek het julle al vroeër laat sien waarom Ek sowel hierheen as na ander plekke toe gekom het, maar julle bose harte wil dit wat julle vry en gelukkig maak, nie aanvaar nie en julle kan dit nog minder begryp!

[7] Vir al die goeie wat Ek kosteloos vir julle doen, wil julle My stenig en doodmaak! O julle adders, julle slanggebroedsel! Die slegte getuienis wat die profete tevore van julle gegee het, is maar al te waar! Julle eer julle God slegs met dooie seremonies en slegs maar met die lippe; maar julle hart is in geheel nie by Hom betrokke nie!”

[8] Maar `n paar fariseërs en skrifgeleerdes trek hulleself tog iets aan van wat Ek sê. Hulle trek hulle gesig in `n ietwat mensliker plooi en sê: ”Heer, ons verag jou leer nie heeltemal nie; maar ons het gister en vandag nie die geleentheid gehad om met eie oë te sien op watter manier en hoe U U wonderdade gedoen het nie. Doen nog eens so `n teken, ons sou graag een wou sien! (Matthéüs. 12:38) Miskien het ons dan begrip daarvoor en sal ons ten slotte in U leer glo.”

[9] Maar Ek rig My tot die volk en sê: “Die besoedelde en verbasterde soort mense wil `n teken sien. Maar daar word aan hulle geen ander teken gegee as die teken van die profeet Jona nie! (Matthéüs. 12:39) Want soos wat Jona drie dae en drie nagte in die buik van `n walvis gesit het, so sal ook die Seun van die Adam drie dae en drie nagte in die middel van die aarde wees.” (Matthéüs. 12:40) (met die middel van die aarde word in die eerste plek die graf aangedui; maar in die geestelike sin beteken dit dat die Siel van die Seun van die Adam sal afdaal na die gevange siele van die gestorwenes en dat Hy hulle dan sal vrymaak.)

[10] Toe kyk die fariseërs mekaar aan en sê: ”Wat beteken dit, wat sal Hy doen? Hoe sal Hy in die middel van die aarde kom? Waar is dit? Is dit nie oral en eintlik tog nêrens nie! Wie weet dan hoe groot die aarde is en waar haar middel is? Die Man is gek, of `n bose gees wil Hom in sy mag kry! Mense sê immers dat elke mens, voordat hy gek word, `n aantal wonders kan doen. Hoe kom hy daarby om homself met Jona, wat in Ninevé gepredik het, te vergelyk?”

[11] Asof Ek tot die volk spreek sê Ek weer: ”Ja, ja, die mense uit Ninevé sal ook saam met hierdie saadlyn op die dag van die laaste oordeel opstaan en sal hulle vervloek; want hulle het boete gedoen na die prediking van Jona. En kyk, meer as Jona is nou hier! (Matthéüs. 12:41) En so sal ook eenmaal op die jongste dag in die hiernamaals die koningin uit die suide hierdie saadlyn ontmoet en sal hulle vervloek! Want sy (Semiramis) kom van die einde van die aarde om Salomo se wysheid te hoor en kyk, meer as Salomo is hier!” (Matthéüs. 12:42)

[12] Nou sê die fariseërs: ”Wel, as U glo dat ons almal heeltemal deur die duiwel besete is en dat elkeen ons op die jongste dag sal vervloek, dryf dan die duiwel uit ons uit, soos u dit gister by die blinde en stomme man gedoen het en dan sal ons U net so goed kan prys soos die wat deur U genees is!”

[13] Maar hulle bedoel dit nie opreg dat hulle van hulle baie bose geeste, waarmee hulle hulleself reeds volledig verenig het, wou ontslae raak nie, maar sê dit slegs maar om `n saak teen My te maak. Want as `n slegte gees in die mens eenmaal alles aan homself skatpligtig en diensbaar gemaak het, uit homself dat jy dit nie sal opmerk nie, tree hy dan baie verstandig op volgens wêreldse norme, sodat elkeen moet glo dat so `n mens nie besete is nie, terwyl hy in werklikheid veel erger besete is as `n ander een wat erg deur een of ander slegte gees gekwel word, omdat dié mens homself nie laat bemeester nie.

[14] Daarom sê Ek dan ook aan die fariseërs en skrifgeleerdes: ”Daar is `n aantal redes waarom dit by julle nie meer moontlik is nie, want die bose geeste het al lankal geheel en al één geword met julle siel en maak nou geheel en al julle eie slegte, verbasterde lewe uit. As Ek hom uit julle sou verdryf, dan sou julle daarmee ook julle lewe verloor; maar as Ek moontlikerwys julle eie, oorspronklike lewe kon behou, dan sou julle tog niks meer daarvan hê nie, omdat julle hele aard nou geheel en al duiwels geword het! Want as die onreine gees uit so `n mens deur My mag verdryf word, dan gaan hy deur dorre plekke, soek rus en vind dit nie. (Matthéüs. 12:43) (dit wil sê, die duiwel bring deugsame mense in versoeking en klop by hulle aan; maar daar word nie vir hom oopgemaak nie en dit is dan vir hom en vir dit wat hy beoog die dorre plekke en woestyne, waar niks vir hom groei nie.) Dan sê hy vir homself: ‘Ek gaan weer terug na my ou huis; want op die grasvlaktes en die woestyne vind ek geen rusplek nie, en in die huise waar al genoeg bewoners van my soort woon, word ek nie binnegelaat nie.’ Wanneer die duiwel na hierdie voornemens weer by sy vroeëre huis aankom, dan ontdek hy dat dit leeg is, skoongemaak en versier. (Matthéüs. 12:44) Dan gaan hy terug en roep nog sewe ander geeste, wat nog erger is as hyself. Met hulle hulp kos dit hom dan weinig moeite om die ou huis weer binne te dring en dan woon hy gesamentlik in die huis en so `n mens word dan nog veel erger as wat hy eers was!

[15] En so sou dit presies met hierdie slegte saadlyn gaan. (Matthéüs. 12:45) Daarom sal Ek hulle nie nog meer verdoem as wat hulle al is nie!”

[16] Toe die fariseërs dit hoor, gloei hulle byna van woede en sou My wou verskeur, as hulle nie bang was vir die volk nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205