Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 19 - Voortsetting van die gesprek met Nikodémus. Aardse beelde van geestelike dinge

Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
[Johannes 3: 6]
19 Maar Ek antwoord soos geskrywe in die voormelde sesde vers, naamlik, “Jy moet nie verbaas wees dat Ek so met jou praat nie, want voorwaar, wat van die vlees kom is weer vlees, dus dooie materie of `n eksterne omhulsel van die lewe, terwyl dit wat van die Gees af kom, weereens gees of Ewige Lewe en Waarheid in Haarself is.”
[2] Hoe dit ookal sy, Nikodémus kan dit nog steeds nie begryp nie. Hy haal sy skouers op en word meer en meer verbaas, nie so veel oor die aangeleentheid nie, maar oor die feit dat hy, as `n baie wyse fariseër wat goed onderrig is in die Skrifte, onbevoeg is om die betekenis van My woorde te begryp, want hy het `n hoë dunk van sy eie wysheid gehad en was bevorder tot die amp van hoof van die Judese Raad as gevolg van sy groot wysheid.
[3] Derhalwe was hy meer verbaas dat hy in My nou onverwags `n meester gevind het wat aan hom baie vreemde wysheidsneute gee om te kraak. Omdat hy dit werklik bo sy vuurmaaakplek gevind het, vra hy My weer: “Wel, hoe kan dit nou weer verstaan word? Kan `n gees verwagtend raak en geboorte gee aan een van sy eie soort?”

7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet van Bo gebore word nie.

[4] Ek sê vir hom: “Ek het alreeds vir jou gesê dat jy nie so verbaas moet wees wanneer Ek sê: Julle moet almal weer gebore word nie.
8 Die Gees/wind waai waar Sy wil, en jy hoor Haar geluid, maar jy weet nie vanwaar Sy kom en waarheen Sy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
[5] Want voorwaar, die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nogtans nie waar hy oorspronklik vandaan kom nie. Dit is dieselfde met almal wat van die Gees kom en met jou praat. Jy sien en hoor hom, maar omdat hy in sy geestelike manier met jou praat, verstaan jy dit nie, nog minder verstaan jy waar hy dit vandaan kry of wat hy eintlik sê of bedoel. Maar omdat jy `n opregte man van wysheid is, sal dit met verloop van tyd aan jou gegee word sodat jy sulke dinge sal kan begryp en verstaan.”

9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?

[6] Nikodémus skud hier sy kop in ongeloof en na `n rukkie sê hy: “Dan sal ek van U wil hoor hoe dit moontlik is, want wat ek ken en verstaan, ken en verstaan ek in my vlees. Eenmaal as my vlees van my af weggeneem sal word, sal ek beswaarlik enigiets kan begryp en verstaan. Hoe, o hoe kan ek as vlees `n gees word, en hoe sal `n ander Gees dan my gees opneem en dit weer gebore word? Hoe, o hoe kan dit enigsins moontlik wees?”

10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

[7] Ek sê vir hom: “Wat? Jy is `n wyse leraar in Israel en kan dit nie verstaan nie?! Maar as jy, as `n leraar van die Skrifte, dit nie kan verstaan nie, wat sal word van die baie ander wat kwalik vanuit die Skrifte weet dat daar eens `n Abraham, Isak en Jakob was?

11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ONS praat wat ONS weet en ONS getuig van wat ONS gesien het, en julle neem ONS getuienis nie aan nie.

[8] Waarlik, glo My. Ons, dit is Ek en My leerlinge, wie van die gees gekom het, praat nie nou hier net geestelik met jou nie, maar heel natuurlik en deel aan jou mee in natuurlike aardse beelde wat ons weet en gesien het in die gees, en julle almal kan dit nie begryp en verstaan nie.

12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

[9] As julle nog nie in staat is om so `n maklike ding in verstaanbare woorde te verstaan nie, wanneer Ek met julle spreek op `n aardse wyse van die geestelike dinge, sal Ek graag wil weet hoe jou geloof sal reageer as Ek met jou gespreek het van die hemelse dinge in `n suiwer hemelse wyse.
[10] Ek sê vir jou: Slegs die gees wat gees binne en buite homself is, weet wat gees behels en wat lewe is. Die vlees egter, is slegs die buite - bas onbewus van die gees, behalwe dat die gees homself openbaar aan die bedekking, die bas. Jou gees is nog heeltemal oorheers en bedek deur die vlees en daarom nie bewus van homself nie, maar die tyd sal aanbreek wanneer jou gees, soos Ek jou alreeds vroeër gesê het, vry sal raak. Dan sal jy ons getuienis kan verstaan en aanvaar.”
[11] Nikodémus sê: “Geliefde Heer, U as wysste van die wyses, o vertel my duidelik wanneer, o wanneer hierdie angstig afwagtende tyd sal kom.”
[12] Daarop antwoord Ek en sê: “My vriend, jy is nog nie ryp genoeg sodat Ek aan jou die tyd, dag en uur kan vertel nie. Kyk, voordat die nuwe wyn nog nie behoorlik verouder het nie, bly dit troebel, en as jy dit in `n kristalbeker gooi en jy hou die beker teen die sonlig, sal sy kragtige lig nie in staat wees om deur die troebelheid van die nuwe wyn deur te dring nie. So is dit ook met die mens. Alvorens hy nie behoorlik verouder het en deur hierdie proses van veroudering alle onsuiwerhede uit sy binneste verwyder het nie, sal die lig van die hemele nie in staat wees om sy wese binne te dring nie. Maar ek sal jou nou iets vertel, as jy dit verstaan, sal jy die tyd weet. So luister nou.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205