Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Maria vertel hoe die tempeldienaars haar uit haar huis verdryf het. Die leer van die Ryk van die hemele

190 Toe sê Maria: “My Heer en My Seun! Wat die jong man Jou nou hier vertel het, is heeltemal waar en ek het juis daarom na Jou toe gekom om Jou te vertel dat ek vanweë Jou letterlik uit my huis gejaag is. Wat moet ek nou doen met diegene wat, uiteraard slegs in `n aardse sin, Jou broers en susters is? Want ek weet wel dat Jy op aarde geen verwante het nie, behalwe Jou leerlinge wat Jy in Jou hart het.

[2] Ons karige besittings is verlore; die slegte fariseërs het dit in beslag geneem en hulle het ons woning saam met die tuin vol gewasse aan `n vreemde verkoop! Kyk, ek en Jou broers en susters is nie meer so jonk om die sware daglonerswerk te doen nie; en ook al sou ons dit wil doen, dan het die slegte tempelheersers onder bedreiging van sware strawwe al die Judeërs verbied om ons wat wil werk dit te gee, en ewemin om `n aalmoes te gee! Wat moet ons nou doen en waarvan moet ons nou lewe?”

[3] Toe sê Baram en Kisjonah tegelyk: “Hooggeëerde moeder vir wie die God se eindelose barmhartigheid waardig bevind het om deur haar die Allerhoogste Seun van al die hemele in hierdie slegte wêreld te laat gebore word, maak u vir uself maar geen sorge meer daaroor nie! Kyk, in die eerste plek is ons staatkundig gesien geen Judeërs meer nie, maar na buite toe is ons Grieke, hoewel ons in ons hart egte Mosaïese Judeërs is! Beide van ons - die Heer van al die lofprysinge; kom daarom met al jou verwante by ons woon en u sal niks tekort kom nie!”

[4] Ek sê: “Vriende! Julle voorstel is balsem vir My hart! My seën en My barmhartigheid sal ewig julle deel wees. Maar eers sal Ek na my huis gaan en kyk met watter reg die slegte booswigte die kleine en met veel moeite verkreë besitting van My moeder, Josef se regmatige vrou, geroof het.

[5] Dan sal Ek ook met Jaïrus `n paar woordjies moet praat, want sy dogter sal weer siek word en dan sal hy na My toe kom. En Ek sal dan met hom praat. Ons sal nou egter, omdat dit werklik so ernstig is en die slegte hellegebroedsel vir ons op al die weë lokvalle gestel het, dadelik vertrek en met die meer opvaar; sodat ons in geen lokval sal val nie!

[6] Aan die meer sal Ek eers die volk nog deur middel van beelde van die een en ander oor die Ryk der hemele onthul, sodat niemand homself later kan verontskuldig deur te sê nie: “Hoe sou ek dit kon glo en doen, terwyl ek nooit iets daaroor gehoor het nie?" As die ou booswigte kom, dan moet die volk hulle nie teëhou nie, sodat hulle hulleself later nog minder sal kan verontskuldig.

[7] Vriend Kisjonah, gaan jy nou en maak jou groot skip klaar; want dit sal ons wel nodig hê!” Kisjonah staan met syne op en gaan om aan My wens te voldoen.

[8] Baram vra My egter, omdat Ek nie meer in sy huis kan en wil bly nie, of hy My mag begelei.

[9] En Ek sê: “Net so ver en net solank as wat jy wil! Want Ek het nog nooit `n eerlike en egte versoek van iemand afgewys of onbeantwoord gelaat nie!” Baram reël derhalwe sy sake, gee sy vrou en kinders instruksies oor wat hulle tydens sy afwesigheid moes doen en hoe hulle teen slegte vyande moes optree. Vervolgens neem hy goud saam en gaan saam met ons almal na die meer, en `n baie groot volksmenigte volg ons te voet. (Matthéüs. 13:1)

[10] Ook die ou fariseërs bly nie agterweë nie, alhoewel hulle hulleself verklee het, sodat die volk hulle nie kon herken nie. Toe ons by die meer kom, dring die volk onder die voortdurende roep van “Ere aan die Seun van Dawid!” so digby die oewer aan, dat Ek met My verwante geen plek meer gehad het om te staan nie en My talryke leerlinge nog minder.

[11] Daarom sê Ek aan Kisjonah: “Laat die trap op die oewer sak; ons moet op die skip, want die land word vir ons te eng!” Kisjonah laat gou die trap neer en ons klim dadelik op die skip. (Matthéüs. 13:2) Maar omdat die volk My op die skip op sien gaan het, dink hulle dat Ek dadelik sou wegvaar. Daarom begin hulle My hardop te vra of Ek die beloofde leer van die hemelryk sal gee!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205