Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die gelykenisse van die onkruid tussen die koring, die mosterdsaad en die suurdeeg

192 En Ek sê nou hardop sodat ook die wat aan die oewer staan dit ook kan hoor: “Nou dan, wie ore het, laat hom hoor, en wie oë het om in die hart wel te verstaan, - begryp dit! Ek sal julle `n ander beeld van die Ryk van God gee; luister!

[2] Die hemelryk is ook soos `n mens wat die goeie saad op sy akker saai. (Matthéüs. 13:24) Maar toe sy knegte slaap, kom die vyand van die landbouer en saai slegte onkruid tussen die koring, wat daarna gelyktydig met die koring opkom. (Matthéüs. 13:25) Waar die koring nou met die vrug wat hulle gee, grootword, staan die slegte onkruid ook nou daar. (Matthéüs. 13:26)

[3] Toe die knegte dit merk, gaan hulle na die meester van die huis en sê: “Heer, u het tog goeie saad op u akker gesaai? Hoe kom al die onkruid dan daarop?” (Matthéüs. 13:27)

[4] Die meester van die huis antwoord egter: “Dit het my vyand gedoen!” Toe sê die knegte: “Heer, as u dit wil, dan gaan ons dit uitskoffel” (Matthéüs. 13:28) Waarop die meester sê: “Los dit, sodat jy nie met die skoffel van die onkruid ook die goeie koring vertrap en saam uittrek nie! (Matthéüs. 13:29) Laat dit gesamentlik grootword tot by die oes. As dit oestyd is, sal ek aan die maaiers sê: "Versamel eers die onkruid in bondels en bring dit vanaf die akker na `n plek waar `n mens dit kan verbrand; en bring die suiwer koring vervolgens in my skure in." (Matthéüs. 13:30) Kyk, dit is `n goed beeld van die hemelryk! Maar luister verder na My. Ek sal julle nog meer van die beelde gee wat alles `n baie presiese weergawe is van die ryk van God. Luister daarom verder na My.

[5] Die hemelryk lyk soos `n mosterdsaadjie wat `n mens neem en in sy akker saai. (Matthéüs. 13:31) Soos bekend is hierdie saad een van die kleinste onder al die sade, maar as dit grootword is dit die grootste plant van die tuingewasse en ten slotte word dit gewoonweg `n boom, sodat die voëls daarop afkom en tussen sy takke nesmaak.” (Matthéüs. 13:32)

[6] Daarop kyk die leerlinge mekaar verbaas aan en sê: “Wat kry ons nou? Wie begryp dit? Nou lyk die hemelryk al selfs soos `n mosterdplant!”

[7] Ek sê: “Verwonder julle nie daaroor nie, maar luister verder na My! Ek gee julle nog `n ander beeld van die Elohimryk:

[8] Die hemelryk is ook soos suurdeeg, wat `n vrou neem en deur drie mate koringmeel meng totdat al die meel deurgesuur is.” (Matthéüs. 13:33)

[9] Alweer kyk al die leerlinge, insluitend die gewekte twaalf apostels mekaar baie verbaas aan en sê aan mekaar: “Wie kan dit vat en begryp? Of hou Hy die volk vanweë die fariseërs vir die gek? Dit is egter nie te begrype waarom Hy nou skielik met sulke onduidelike beelde vorendag kom nie!”

[10] Maar Agab, wat baie goed onderrig was in die Skrif, hoor die gesprek van die leerlinge en sê aan hulle: “As Hy die Een is wat ek nou vas glo wat Hy beslis moet wees, dan sou, omdat Hy nou nog steeds en uitsluitlik in gelykenisse praat (Matthéüs. 13:34), dit wat JeshaJaH ooit oor die komende Messias voorspel het op Hom betrekking kan hê, naamlik toe hy sê: “Ek sal praat in gelykenisse en sal vertel wat vanaf die begin van die wêreld vir al die mense `n geheim was!” (Matthéüs. 13:35)

[11] Kyk, so praat die groot profeet eens en so sing Dawid ook eens in sy 78ste Psalm in die 2de vers, en naas baie ander dinge is dit heeltemal op Hom van toepassing en dan vra julle nog: waarom só, en wat beteken dit? Terwyl julle tog al `n behoorlike lang tyd met Hom omgaan! As dit noodsaaklik is, dan sal Hy ons die gelykenisse wel uitlê en as dit nie nodig is, - nou ja, dan kan ons onsself almal baie geseënd ag omdat ons nou mag sien en hoor wat al die aartsvaders graag wou gesien en gehoor het!”

[12] Na die tussenkoms van Agab is al die leerlinge weer gerusgestel; maar die volk vra My, omdat Ek tydens die woorde van Agab swyg, of Ek nog meer van die onbegryplike dinge sou vertel, en of hulle wat aan die oewer in afwagting van `n goeie les sit, wat egter nie gekom het nie, weer na hulle besighede sou kon terugkeer!

[13] Maar Ek sê: “Gaan na julle huis; want vir julle het Ek My mond nie oopgemaak nie, omdat Ek wel weet hoe dom julle harte is! Daarom sal julle kinders eendag ook julle meesters en regters wees!” Daarop gaan die hele volk vinnig weg van die oewer af en elkeen gaan na sy huis.

[14] Die fariseërs gaan egter nie; hulle klim, toe Hy sê dat Kisjonah sy skip moet laat wegtrek, ook dadelik in hulle gereedgemaakte skip en kies vóór ons die see. Maar Ek wil heimlik dat `n kragtige wind hulle sou voortdrywe. En kyk, dadelik dryf `n kragtige wind hulle skip hard vir hulle uit en skuimende golwe slaan so nou en dan oor die dek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205