Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 2 - Johannes die Doper getuig van die Heer. Oor die wese van God en van die mens [Johannes 1: 6-13]

6 Daar was `n man van die God gestuur, wie se naam Johannes was.

2 Hierdie man, wat belydenis van skulde verkondig het by die Jordaan en die bekeerlinge gewas/gedoop het met water, se naam was Johannes. In hierdie man het die gees van EliJaH ingewoon, en hierdie was dieselfde Engelgees wat in die heel begin vir Lucifer oorwin het en later op die aangewese berg gestoei het met Lucifer oor die liggaam van Moses.

7 Hy het tot `n getuienis gekom (van bo) om van die Lig te getuig, sodat almal (in die duister mense) deur hom sou glo. (dit is deur sy lig die Oorspronklike Lig sal herken wat na hulle toe moes kom)

[2] Hierdie een het gekom as `n ou maar ook as `n nuwe getuienis van bo, dit is, vanaf die Oorspronklike Lig as `n lig dat hy mag getuig van die Oorspronklike Lig, van die Oorspronklike Wese van God, wat nou Homself Vlees aangeneem het en in die volle gelykenis van die menslike vorm, Homself as `n mens, na Sy menslike skepping gekom het, wat uit Hom is, sodat hulle weereens verlig kan word in hulle duisternis, om hulle daardeur te laat terugkeer na Sy Oorspronklike Lig.

8 Hy was nie die Lig (uit homself) nie, maar hy moes van die Lig getuig.

(Dit is, hy het getuig van die mens se verduisterde gevoel van verhewendheid dat die Oorspronklike Lig Homself neergedaal het van Sy ewige Hoogte aan die mens as `n Lam in nederigheid om vrywillig al hulle swakhede
[oortredinge] op Homself te neem en daardeur die Oorspronklike Lig terug te gee aan die mens en hulle Sy gelyke te maak.)
[3] Hierdie man was nie die ware Oorspronklike Lig homself nie, maar soos alle skepsele slegs `n gedeeltelike lig vanuit die Oorspronklike Lig. Maar as gevolg van sy uiterste nederigheid, was dit aan hom toegestaan om verenig te bly met die Oorspronklike Lig.
[4] Aangesien hy dus in gedurige kontak was met die Oorspronklike Lig en wel bewus was van die verskil tussen Hom en sy eie lig—alhoewel voortgekom vanuit die Oorspronklike Lig, maar nie self daardie Lig nie, maar slegs `n lig wat ontstaan het van Hom sodat hy Hom mag herken en `n ware getuienis van Hom kan wees. -Hy het `n geldige getuienis van die Oorspronklike Lig gebring en daardeur genoegsame van die ware Lig in die mense se harte opgewek sodat hulle in staat was, al was dit aanvanklik net effens, maar stadigaan sterker en duideliker dat die Oorspronklike Lig, nou geklee in die vlees, nog steeds Hy is wat alle skepsele en wesens en mense hul onafhanklike bestaan gegee het, as hulle dit so mag behaag, om dit te hou tot in alle ewigheid.

9 Die ware Lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

[5] Nie die getuie nie, maar sy getuienis en Hom van wie hy getuig het, was die Oorspronklike Lig wat van die begin af die mense verlig en bemoedig het wat in hierdie wêreld ingekom het wat voortgaan om hulle te verlig en te bemoedig. Daarom sê Hy in vers 9 dat die ware en waaragtige Lig is en was die Een wat alle mense aanvanklik geskep het vir `n vrye bestaan en nou kom Hy om hierdie bestaan oorvloedig te verlig en om dit weereens te suiwer na Homself.

10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

[6] Dit was alreeds baie duidelik in vers 5 bespreek hoe hierdie wêreld, die verblinde mense wat in hulle hele wese uit My voortgekom of, wat dieselfde is, van die Oorspronklike Lig (die Woord), My of die Oorspronklike Lig nie herken het nie, ten spyte van al die voorspellings en aankondigings van My koms. Hoe dit ookal sy, dit moet egter spesiaal vermeld word dat in hierdie geval die “wêreld” nie verstaan moet word as die aarde, as draer van siele onder die oordeel wat in werklikheid uit materie bestaan nie, maar slegs daardie mense wat, alhoewel deels gevorm van hierdie materie, nie langer hier behoort, of veronderstel is om te behoort aan hierdie oeroue sielsmaterie wat onder die oordeel is nie, eenmaal wanneer hulle onafhanklike wesens gemaak word, want dit sal regtig te veel gevra wees as ek van die klip, wat nog in `n ekstreme toestand van oordeel verkeer, verwag om My te herken. Dit kan tereg net verwag word van `n verligte siel waarin My Gees woon.

11 Hy het na Sy Eiendom gekom, en Sy Eiendom het Hom nie aangeneem nie.

[7] Dus, soos alreeds genoem, nie die aarde, maar slegs die mense in hulle siel- en geesnatuur moet hier beskou word as werklik JaHWeH se eie—My eie want hulle is, as`t ware, hulleself Oorspronklike Lig vanuit My Oorspronklike Lig en dus een met my Oorspronklike Wese.
[8] Maar aangesien in hierdie spesifieke bestaan, wat binne hulle uitgedruk word as die gevoel van verhewenheid, is hulle verswak, en omdat Ek vir hierdie swakheid gekom het soos na My oorspronklike eiendom en is steeds besig om te kom, het hulle gefaal om My te herken, gevolglik ook hulle self en hulle eie oorspronklike wese wat nooit vernietig kan word nie want dit is basies My wese.

12 Maar soveel van die wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;

[9] Dit is voor die hand liggend dat, in almal wat My nie ontvang of herken het nie, die oorspronklike orde versteur is, en met hierdie versteuring het daar `n toestand van lyding oorgebly, die sogenaamde “besoedeling” of “oortreding” aangesien baie ander wat My wel ontvang het, dit is, wie My herken het in hulle harte, hierdie besoedeling van moes wyk, want hulle was weereens verenig met My, soos met die oorspronklike orde en oorspronklike mag van alle bestaan, ontdek dan daarin hulleself sowel as My oorspronklike Lig as die lig binne hulleself en daarin ewigdurende, onvernietigbare lewe.
[10] Maar hulle het ook in die lewe gevind dat, danksy die lewe, hulle nie net My geskape wesens was nie, wat uitgedruk is deur hul laer lewensbewustheid, maar dat—aangesien hulle My self in hulle dra wat slegs deur die mag van My wil van My onafhanklikheid verkry het —is hulle onteenseglik My eie kinders, want hulle lig (geloof) is gelyk aan My Oorspronklike Lig, wat binne-in die volle mag en krag dra wat binne My woon en hierdie mag gee aan hulle die volle reg om nie net My kinders genoem te word nie, maar om dit in alle volheid te wees.
[11] Want geloof is so `n Lig en My Naam, waarteen die magtige strale van hierdie Lig gerig is, is die krag en mag en die eintlike natuur van My oorspronklike wese deur wie elkeen binne homself die regte en volwaardige geldige seunskap van God verkry. Dit is waarom dit in vers 12 staan dat almal wat My sal ontvang en glo in My Naam, die mag sal hê binne hulleself om tereg “kinders van God” genoem te word.

13 Wie nie gebore is deur die bloed, nie deur die wil van die vlees, of die wil van `n man nie, maar van God.

[12] Hierdie vers is `n beter definisie en verduideliking van die vorige een, en in `n meer egalige vertaling kan die twee verse saam ook lees: “Maar diegene wat Hom ontvang het en geglo het in Sy Naam, aan hulle het Hy die reg gegee om ‘kinders van God’ genoem te word, hulle wie nie gebore is deur die bloed, nie deur die wil van die vlees (begeerte van die vlees), of die wil van `n man nie, maar van God.”
[13] Dit is ongetwyfeld dat hier nie van `n eerste geboorte as vlees van vlees bedoel word nie, maar slegs `n tweede geboorte van die Gees van Liefde vir God en van die Waarheid van lewende geloof in die lewende Naam van God Wie genoem word Jesus – JaHWeH – Sabeot (van die Skeppingsleërmag). Hierdie tweede geboorte word ook genoem “die wedergeboorte van die gees deur die doop/was vanuit die hemele” waar hierdie `n goeie definisie is.
[14] Die “doop/was van die hemele” is die volkome verandering van die gees en siel met al hul begeertes na die lewende gees van liefde vir God en die liefde in God Homself.
[15] Wanneer so `n verandering plaasgevind het deur die mens se eie wil en al sy liefde woon nou in God, dan sal deur so `n heilige liefde die hele persoon woon in God waar hy na volwassenheid gebring word en versterk word as `n nuwe wese en dus, na verkryging van volkome volwassenheid, wedergebore van God. Slegs na so `n tweede geboorte, wat voorafgegaan word deur nóg die begeerte van die vlees nóg die mens se verwekkende wil, het die mens `n ware kind van God geword, danksy die barmhartigheid van God wat `n vrye mag is van die krag van God se liefde in die menslike hart.
[16] Hierdie barmhartigheid is eintlik God se magtige aansporing in die gees van die mens waarmee hy getrek word deur die Vader na die Seun, dit is, na die geestelike Oorspronklike Lig en wat ook Hy is, en bereik hy dan die volkome en lewende Wysheid van God.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205