Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 20 - Nikodémus en die ryk van God op aarde. Johannes 3: 13-15

13 En niemand het opgevaar in die Hemele nie, behalwe Hy wat uit die Hemele neergedaal het, naamlik die Seun van die Adam wat in die Hemele is.
14 En soos Moses die slang/Nagash in die wildernis verhoog het, so moet die Seun van die Adam verhoog word,
15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê.

20 Die Heer: “Waarlik, niemand het opgevaar na die hemele behalwe die Een wat van die hemele neergedaal het, naamlik die Seun van die Adam wat in die hemele woon. En soos Moses in die wildernis die slang verhoog het, so moet ook die Seun van die Adam verhoog word, sodat almal wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe mag hê. Sê vir My, verstaan jy dit?”
[2] Nikodémus sê: “Geliefde Heer, hoe kan ek dit verstaan? U besit `n vreemde tipe Wysheid. Soos ek voorheen vermeld het, dit sal makliker vir my wees om die antieke Egiptiese hierogliewe te lees, as om U Wysheid te verstaan. Ek moet erken, as dit nie was dat ek nie betower was deur U magtige dade nie, sou ek U as `n dwaas beskou het of as iemand wat daarvan hou om streke uit te haal, want geen verstandige man het ooit soos U gepraat nie. Maar U dade wys dat U as `n Leermeester van God na ons toe gekom het, en U moet `n oorvloed van goddelike Krag en Wysheid besit, waarsonder niemand in staat is om sulke dade te verrig nie.
[3] En waar die “een” suiwer goddelik is, moet ook die “twee”van God wees. U dade, geliefde Heer, is goddelik en so moet ook U lering aangaande die koninkryk van God op aarde wees, of ek dit nou kan verstaan of nie. As ek dan nou vanuit `n wêreldse oogpunt af kyk na die stelling, ‘Niemand het opgevaar na die hemele behalwe die Een wat van die hemele neergedaal het, naamlik die Seun van die Adam wat in die hemele woon’, is ek dronkgeslaan. Geliefde Heer, na Henog en EliJaH was geen mens op aarde so bevoorreg om sigbaar op te vaar na die hemele nie. U mag die derde een word. En as U dalk die derde een word, sal dit enige nut vir die ander mense hê want omdat hulle nie vanuit die hemele neergedaal het nie, nooit die hemele sal kan bereik nie.
[4] Bowendien, U het gesê dat die Een wat vanuit die hemele neergedaal het slegs skynbaar op aarde is, maar in der waarheid nog in die hemele. Hiervolgens sal vir die huidige slegs Henog, EliJaH en miskien lateraan U ook die enigstes wees wat sal deel vorm van die Koninkryk van God wat moet kom, aangesien al die ander miljoene der miljoene in klam donker grafte sal moet lê tot in alle ewigheid en danksy God se barmhartigheid en medelye weereens in stof verander en vir ewig verdwyn.”
[5] Geliefde Heer, so `n koninkryk op aarde word met dank verwerp deur die arme erdwurms wie – snaaks genoeg van alle kante gesien– ‘mense’ genoem word. Wie nie eers weet dat dit nie so is en nog altyd so was nie? Een swaeltjie maak nie `n somer nie nog minder drie. Wat het Henog en EliJaH gedoen dat hulle in die hemele ontvang is vanaf die aarde? Eintlik niks anders as wat hulle hemelse natuur hulle laat doen het nie. Dus het hulle geen meriete gehad nie, en volgens U verduideliking netnou, was hulle slegs ontvang in die hemele vanaf die aarde omdat hulle soos U, ook vanaf die hemele gekom het.
[6] Sien, dit bied aan die arme mens hier op hierdie harde aarde min hoop en feitlik geen gemoedsrus nie. Maar soos ek U vroeër reeds vertel het, verander dit geensins die feit dat ek U lering as goddelik en van die hoogste Wysheid beskou nie, alhoewel, soos ek alreeds bewys het in een van U stellings, as dit gewoonweg beredeneer word, dit aan verregaande dwaasheid grens, wat U net soos ek ook sal kan verstaan.
[7] Maar wat U bedoel met die verhoging van die Seun van die Adam, ooreenkomstig met die van die slang van brons van Moses in die wildernis en hoe en waarom al daardie mense die Ewige Lewe sal ontvang wie in die slang glo soos in die verhoogde Seun van die Adam, dit grens alreeds aan `n gelykenisraaisel, en is iets wat op sigself uiterste onsin is. Wie is die Seun van Adam? - Waar is Hy nou? – Wat doen Hy? – Gaan Hy ook net soos Henog en EliJaH van die hemele neerdaal? - Gaan Hy nog gebore word? Wat moet mense soos ek wat Hom nog nooit gesien het, glo aangaande hierdie Seun van Adam, wie na hierdie aarde gekom het as Hy nog in die hemele is? Waar gaan Hy verhoog word en wanneer? Sal Hy daardeur `n onoorwinlike en magtige koning van die Judeërs word?
[8] Sien, geliefde Heer, dit klink werklik uiters vreemd vanuit die mond van `n Man wat deur Sy dade bewys dat Hy vervul is met goddelike Krag en Mag. Soos ek egter reeds gesê het, ek sal nie dat al hierdie dinge my verwar nie en sal U nog steeds beskou as `n groot profeet deur God gestuur.
[9] U sal hieruit sien dat ek nie een van daardie is wat onmiddellik lering verwerp wat hy nie kan verstaan nie. Daarom versoek ek U om my `n klein bietjie meer te verduidelik, want soos sake nou daar uitsien, kan ek U gladnie verstaan nie. Kyk, ek word hoog aangeskryf in die land van JudaH, veral in die groot stad van Salem, waar ek die hoof van die Judeërs is. As ek U en U lering bekendstel sal dit aanvaar en bekendgestel word, maar as ek dit verwerp, sal dit waarlik verwerp word en geensins aanvaar word nie. Daarom, wees so gaaf en werp meer lig op die onderwerp.”
[10] Ek sê: “Dit was `n langdradige redevoering, en jy het gepraat soos `n man wat niks weet van die hemelse dinge nie. Maar dit kan ook nie anders nie, want jy is in die nag van die wêreld en is nie in staat om te sien dat die Lig vanaf die hemele gekom het om die duisternis van die wêreldse nag te verlig nie. Jy besit wel `n effense glimmer, maar herken nie wat feitlik reg onder jou neus is nie.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205