Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Wat God toelaat, het `n tweeledige doel. Hoe `n ware held moet stry

201 Ek sê: “Vriende, Ek het wel geweet dat dit vir `n baie kort tydjie so sou gaan, omdat die Satan sy werk hier moet afhandel; maar diegene wat na die heidene gevlug het, sou hier in Galilea ook onderdak gekry het, en diegene wat My Naam vervloek het om hulle aardse besittings nie te verloor nie, sou beter gedoen het deur hulleself van die wêreld los te maak, as om onder vervloeking van My Naam hulle besittings, waaraan die ewige dood kleef, veilig te stel. Want elke mens moet tog eenmaal alles agterlaat.

[2] Hoe moeilik sal dit vir diegene wees wat baie het, om hulleself eenmaal daarvan los te maak, en hoe ligweg sal diegene van die wêreld afskeid neem, wat geen goed uit haar giftige skoot besit nie, en nog bowendien ter wille van My Naam oral vervolg word! Hulle verag die wêreld en sal sekerlik nie oor haar treur nie as hulle, terwyl hulle die Hemelryk helder vir hulleself kan sien, hierdie duistere en verderflike wêreld verlaat.

[3] Weet dat, netsoos goud in die vuur gelouter moet word en daardeur sy groot waarde verkry, so moet dit ook by julle gaan wat werklik My leerlinge en volgelinge wil wees; want My ryk, waarvoor ons almal nou werk, is nie van hierdie wêreld nie, maar van die groot, ewig onverganklike wêreld wat op hierdie aardse, materiële, en kortstondige proeflewe volg!

[4] En daarom gee Ek julle in hierdie wêreld ook geen vrede nie, maar die swaard; want deur stryd met die wêreld en met alles wat hy jou bied, moet jy die vryheid van die Ewige Lewe vegtend verower!

[5] Want My ryk gaan gebuk onder geweld en wie dit nie met geweld na homself toe aantrek nie, dié verower dit nie.

[6] Dit is natuurlik baie maklik om in `n vreedsame plek te wees en hierdie aardse lewe `n goedversorgde leerling van My te wees, wat lammers in deugde onderrig en hulle suiwer water laat drink; daar het jy nie veel voor nodig nie! Maar dit is heelwat anders om leeus, tiers en luiperds te tem en hulle tot nuttige diere te omvorm! Daarvoor het jy ook meer verstand, moed, krag en uithouvermoë nodig as vir die tem van lammers.

[7] Daarom moet julle dit wat sigself in Sigar afgespeel het, ook insien en aanvaar vir wat dit is, en julle moet daarmee natuurlik `n geveg aanknoop, waarmee Ek julle wel sal ondersteun; maar as julle dadelik oor die blindheid en die boosheid van die mense halsoorkop woedend word en oor sulke boosdoeners net maar `n verterende vuur van die hemele wil afroep, dan kan dit met julle onmoontlik anders gaan as wat dit tot dusver met julle gegaan het!

[8] Ook kan en mag My engel julle in sulke gevalle nie help nie, omdat sodanige hulp regstreeks teen My ewige orde sou ingaan.

[9] Maar as julle oorwinnende stryders vir My ryk wil wees, maak dan uit die suiwer waarheid `n skerp swaard; dit moet dan egter deur die suiwerste en onbaatsugtigste liefde gesmee wees! Stry dan moedig met hierdie swaard en wees nie bang vir diegene wat in die uiterste geval wel jou liggaam kan doodmaak, maar dan verder niks meer jou kan aandoen nie!

[10] As julle egter hoegenaamd vrees, vrees Hom dan wat waarlik Heer oor lewe en dood is, en die siel van die mens kan verwerp of aanneem.

[11] Wie in die goeie stryd vir My sy aardse lewe verloor, sal dit in My ryk oorvloedig terugkry; wie egter probeer om sy aardse lewe in die stryd vir My te behou, is `n lafaard en die kroon van oorwinning van die Ewige Lewe sal nie sy deel wees nie! Watter verdienste kan hy hê as hy muggies bestry en vlieë doodslaan? Ek sê vir julle: so `n held is net werd om op geürineer te word!

[12] Ag, dit is heel anders met die een wat, geharnas en met `n skerp swaard in die hand, op `n trop leeus en tiers afstorm! Wanneer hy alles doodgemaak het en as oorwinnaar terugkeer, dan word daar ereboë vir hom opgerig, en hy ontvang beslis `n groot loon vir sy heldedaad!

[13] Gaan dus weer huis toe en veg op die manier wat Ek julle nou getoon het en die egte oorwinning sal vir julle nie uitbly nie!

[14] Hoe vreeslik die Satan die aarde toetakel, weet Ek wel die beste en Ek het genoeg mag om hom totaal te vernietig; maar dit laat My groot liefde en geduld nie toe nie.

[15] Want wie meen dat hy sy vyand kan oorwin deur hom alleen maar te vernietig, is `n lafhartige stryder! Want as hy hom doodmaak, verlos hy homself nie deur sy dapperheid van die gevreesde vyand nie, maar deur sy groot vrees.

[16] Wie egter `n held wil wees, mag sy vyand nie vernietig nie, maar moet homself alle moeite troos om die hart van die vyand deur verstand, geduld, liefde en wysheid te win; slegs dan kan hy homself daarop beroem dat hy `n egte oorwinning oor sy vyand behaal het, en die bestryde vyand self sal sy grootste loon wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205