Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Lofrede van JonaEl

203 Na die uitvoerige les sê altwee: “Heer! Vergeef ons ons sonde! Want ons sien nou wel baie duidelik dat die volk nie soseer gefaal het nie, maar dat net ons eintlik gefaal het, en ons sal nou met U barmhartigheid en hulp alles sover moontlik weer regstel!

[2] Nou sopas dring dit tot ons deur wat die ware gees van U heilige leer is, en ons sal dit ook met die groots moontlike ywer onder die volk versprei! Daar het egter nou baie na die heidene oorgegaan; ons weet kwalik hoe ons hulle weer moet terughaal! Wat kan ons daaraan doen?”

[3] Ek sê: “Doen met hulle wat Ek met die heidene doen, en tesame met die heidene sal hulle julle leerlinge wees.

[4] Kyk, hierdie huis is nou ook heidens en het al geruime tyd gelede na die Griekse wêreldbeskouing oorgegaan, en nou het dit homself, meer as enige ander Judese huis, aan My kant geskaar! As julle dit ook so aanpak, dan sal julle self weldra meer heidene as Judeërs by julle voeg!

[5] Want wie `n leë maag het, sal gretiger wees vir `n maaltyd as iemand met `n vol maag, veral as die maag daarby nog heeltemal bedorwe is, soos dié van die fariseërs en skrifgeleerdes.”

[6] Toe sê hulle altwee: “Wat moet ons dan met diegene doen wat U Naam vervloek het ter wille van hulle besittings, wat anders van hulle afgeneem sou word?”

[7] Ek sê: ”Beur die gevallenes op en bring hulle op die goeie weg en lei hulle, omdat hulle hul sonde insien en daar berou oor het. Dit is julle taak!

[8] Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel en te gronde te rig nie, maar om die verlorenes te soek en die gevallenes weer op te rig. As dit nou vir julle duidelik is, gaan dan heen en handel so!”

[9] Na hierdie woorde buig altwee baie diep voor My en vra My of hulle nog `n paar dae by My mag bly.

[10] En Ek staan hulle dit toe en sê: “Toe Ek nou net vir julle gesê het dat julle dadelik weer huis toe moes gaan, bedoel Ek merendeels die bereidwilligheid van julle hart en verstand, as dat dit My wens is dat julle nou op hierdie oomblik direk hiervandaan na Sigar sou gaan; en dus kan julle die paar dae wat Ek nog hier by My vriend sal deurbring, hier bly.”

[11] Baie voldaan oor My antwoord bedank en prys altwee My en JonaEl sê met `n diep bewoë gemoed: “O, aarde! Oudgeworde akker van onkruid, dorings en distels! Donker graf van die lewe, ou voortbringer van sonde en dood! Is jy dit wel werd dat die Heer, jou God en Skepper, jou met Sy heilige voete betree, jou verpeste lug inasem en jou slegte vrugte eet?!

[12] Ons mense, diere en plante is dit nie werd om deur Hom ook maar net aangesien te word nie! Dit is alles pure, eindelose barmhartigheid en ontferming!

[13] Laat alles hulleself daarom ophef en Hom voortdurend loof en prys!

[14] En julle sterre daarbo aan die hoë hemele, bedek jul onrein(onheilige) gesigte; want dit is God, julle Skepper, waarop julle vanaf julle hoogte, trots neerkyk!

[15] O, aarde, wat het van jou geword? Watter naam sal jy kry - nie ter wille van jouself nie, maar ter wille van Hom wat jy, baie onwaardig, nou dra?

[16] O, hoe meer ek daaroor nadink Wie dit is wat hier by Sy uitverkorenes bly, des te meer beklem word my bors! Hoe sal een wat so beperk is, Hom ook in homself kan opneem, waarvoor al die hemele en engele te klein is!?

[17] O, mees heilige tyd der tye op die aarde, waar Hy nou woon wat aan die son en die maan die lig gegee, en wat hulle dit voorgeskryf het om die groot weg van Sy Liefde en Wysheid te volg, en aan die aarde die tyd en dag en nag te gee!

[18] Laat alles daarom die Heer van heerlikheid uit al die hemele loof; want geheel aan Hom alleen behoort al die lofprysinge, al die eer, al die lof en al die liefde van die ewige oneindigheid!”

[19] Die leerlinge wat die uitroep aanhoor, sê: “Heer, hoor U nie hoe JonaEl U loof en prys asof die gees van Dawid in hom gevaar het nie?”

[20] Ek antwoord: “Ek hoor sy lof en dit is vir My baie aangenaam; maar van julle het Ek nog nooit `n dergelike lof ontvang nie. Dit sou julle ook sekerlik geen kwaad doen nie as julle eenmaal goed by julleself oordink Wie dit is wat nou met julle praat! - Maar laat ons nou bietjie gaan rus, want die middel van die nag is lankal verby.”

[21] Na hierdie woorde word dit gou stil op die heuwel en die meeste raak aan die slaap; slegs JonaEl en Jaïrus verdiep hulleself in allerlei beskouings en loof My in stilte.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205