Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Selfkennis is nodig. Oor rus en die niksdoen. Waarskuwing teen te lang slaap en ledigheid

220 Agab sê: “O wysheid, o wysheid! Hoe hoog en waar is diegene wat in U woon, en hoe vreeslik dom is ons in vergelyking daarmee! Dit is `n ewige waarheid dat daar niks kan ontstaan nie sonder `n voorafgaande stryd; en tog wil ek nou sonder meer na die Bethlehemiete gaan om hulle gees te verlig! O, ek is tog sekerlik die toppunt van domheid! Die Griekse wyses sê immers: `n Voorwaarde vir elke werksaamheid, is stryd, en elke uitwerking is die gevolg daarvan!” - en ek het dit nooit ingesien nie! Hoe kom dit tog dat ek dit nou wel insien?!

[2] Ja, as daar in die innerlike van `n mens nie `n regte geveg met homself en sy verskillende lewenselemente plaasvind nie, is alles wat mense van buite af met hom wil doen, nutteloos!

[3] Hoedat leersame woorde in die lewe van `n mens gevolg kan hê, is vir my nou volkome duidelik en byna sou ek hier `n belangrike grondreël vir die lewe wou opstel, en ek glo dat ek dit nie ver mis het nie!” Ek sê: “Laat ek eers hoor! Ek wag met My oordeel tot jy klaar gepraat het.”

[4] Agab sê: “Wat `n mens met die, aan hom van meet af aan verleende, eienskappe nie eers vir homself kan bewerk nie, dit kan geen god hom gee sonder om hom skade te berokken nie. By God is alle dinge moontlik, maar daardeur wen die mens niks nie.

[5] As iemand homself nie eers ken nie, hoe sal hy dan `n ander of ten slotte selfs God kan ken? - Dit is my grondreël. Heer, het ek dit ver mis?”

[6] Ek sê: “Nee, vriend Agab, werklik, jy het die spyker nou presies op die kop geslaan, dit is so! Wat die mens homself met sy eie, aan hom verleende krag nie selfstandig verskaf nie, dit mag en kan ook God hom nie gee sonder om hom daardeur sy vrye wil te ontneem nie!

[7] Wees daarom, julle almal, nie enkel en alleen hoorders van My woord nie, maar bring dit steeds in praktyk, dan sal julle gou die seëninge daarvan in julleself begin waarneem.

[8] Want die lewe bestaan uit doen, en nie uit die ongebruik laat van die krag waarvan die lewe afhanklik is nie, en daarom moet die lewe ook deur die voortdurende werksaamheid van die gesamentlike kragte, ja, selfs vir ewig, in stand gehou word; want in die “homself ter ruste lê” is daar in sigself geen blywende lewe nie.

[9] Daardie bepaalde gevoel van welbehae wat rus julle gee, is niks anders nie as `n gedeeltelike dood van die, vir die lewe nodige, krag; wie dit steeds prettiger vind om homself oor te gee aan die rus van die niksdoen, veral aan die rus van die geestelike lewenskrag, dié omarm daardeur steeds meer die werklike dood, waar ook geen God hom so maklik uit sal bevry nie!

[10] Immers, daar is ook `n goeie rus wat vol lewe is, maar dit is `n rus in God en dit is `n, vir elke mens, onbeskryflik saligmakende gevoel van tevredenheid oor die besig wees volgens die wil van God.

[11] Die salige gevoel van tevredenheid en die duidelike besef dat deurentyd waaragtig volgens God se orde te gehandel het, is die bewuste, egte rus in God en slegs dít is vol lewe, omdat daar altyd baie energie uit voortspruit wat tot optrede lei. Elke ander rus wat bestaan uit die opgee van die lewenskrag, is egter, soos reeds gesê, in soverre `n ware dood as die mate waarin die verskillende lewenskragte hulleself onttrek het aan werksaamheid en dit nie weer opneem nie. - Begryp julle dit?”

[12] Judas Iskariot sê: “Heer, as dit so is, dan moet die mens die slaap soos die pes vermy; want slaap is tog ook `n rus van `n aantal lewenskragte, al is dit dan ook uiterlike!”

[13] Ek antwoord: “Sekerlik! Daarom sal langslapers ook nooit so besonder oud word nie. Wie sy liggaam in sy jeug vyf uur en as ouere ses uur slaap gun, sal ook meestal `n hoë leeftyd bereik en lank `n jeugdige uiterlike behou, terwyl `n langslaper gou verouder, `n plooierige gesig en grys hare kry en op latere leeftyd soos `n skim daar uitsien.

[14] Soos die liggaam egter deur te veel slaap steeds meer afsterf, net so en nog veel sterker is dit die geval met die siel, as sy steeds meer nalaat om volgens My woord en wil werksaam te wees.

[15] As die niksdoen homself egter eenmaal in `n siel genestel het, dan nestel homself daar ook spoedig die sonde; want die niksdoen is niks anders as eieliefde nie, wat elke opoffering vir iemand anders steeds meer ontvlug, omdat hy in wese niks anders wil as dat al die ander ten behoewe en ten gunste van hom sal werk nie!

[16] Vermy daarom ook veral die niksdoen; want dit is `n ware saadkorrel vir alle moontlike sondes!

[17] Die verskillende roofdiere mag dalk as voorbeeld vir julle dien. Kyk, hierdie diere gaan slegs maar tot hulle verderf bringende besigheid oor as hulle deur `n rasende honger gedryf word; het hulle hul buit verower en hulle honger gestil, dan gaan hulle dadelik weer na hulle hole en rus daar dikwels dae lank; by name die slange.

[18] Kyk dan eers na `n rower! Hierdie mens wat anders heeltemal werksku, en eintlik `n duiwel in `n menseliggaam is, lê daelank êrens in sy rowersnes; slegs as die wagpos hom meedeel dat daar `n ryk karavaan langs sy rowersnes verby gaan trek, gaan hy met sy kornuite saam op loer lê en val dan die verbytrekkende karavaan meedoënloos aan, en beroof hulle en vermoor die koopliede om nie verraai te word nie! En dit is `n vrug van die niksdoen.

[19] Ek sê daarom nogmaals: wees veral op julle hoede vir die niksdoen; want dit is die weg en die breë deur tot al die moontlike sondes!

[20] Na gedane arbeid is `n matige rus goed vir die ledemate, maar `n oormatige rus is slegter as heeltemal geen rus nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205