Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die vyf fariseërs uit Bethlehem was die voete van die Heer

222 Die volgende môre kom die vyf fariseërs na My toe, groet My en My leerlinge op hulle manier baie hoflik en betoon My nog `n groot eer deur My te vra of Ek hulle waardig vind om My voete te was.

[2] Want dit was in Bethlehem nog `n ou gebruik om iemand te eer deur die voetwassing; die gasheer was die voete van sy gaste, of die vernaamste van die gaste was op sy beurt as eerbewys die volgende môre die voete van die gasheer. Daarom laat Ek dan ook die vyf fariseërs uit Bethlehem My voete was en afdroog.

[3] Pas na hierdie handeling, vra die vyf fariseërs My: “Waarlik, onbegryplik groot Heer! Vertel ons tog `n bietjie oor die manier waarop die krag werk waarmee U dergelike, ongehoorde genesings teweeg bring! Dat U dit - in die algemeen gesproke - duidelik deur die krag van God doen, ly geen twyfel nie, en hoe dit boonop so ongehoord volmaak kan gebeur, dit is nog `n vraag. Slegs daaroor - as U ons daartoe waardig ag - sou ons iets meer wil weet en dan sal ons baie tevrede, en U ewig dankbaar blywend, die terugweg na Bethlehem weer aanpak.”

[4] Ek sê: “Al sou Ek dit vir u wou sê, dan sou u dit tog nie aanneem nie; want julle oë is netsoos dié van Moses drievoudig versluier sodat julle nie kan raaksien wie Dit is wat nou met julle praat nie! As u Hom sou geken het, dan sou u so `n vraag nooit gestel het nie; maar omdat u Hom nie ken nie, daarom vra u soos wat u vra!

[5] En as Ek u `n regte antwoord sou gee, dan sou u dit tog nie aanvaar nie. Want u sien wel diegene wat hulleself in die stoflike wêreld bevind en wat daar gebeur, maar wat die gees en sy ryk en werk aanbetref, dit is vir u vreemd en u kan daarom ook nie begryp en aanvoel wat die wese en werk van die Ryk van God in die mens is nie.

[6] Maar gaan heen en doen boete vir al u baie sondes, dan sal u merk dat die ryk van God naby aan u gekom het.

[7] Het God met al jou krag lief en aanbid Hom in gees en in waarheid; maar hê ook jou naaste arme broers en susters lief; moenie jou vyande vervolg nie; vervloek nie diegene wat u vervloek nie en doen diegene wat u kwaad aandoen, goed, dan sal u gloeiende kole op hulle hoofde hoop en God sal u werk raaksien en hulle honderdvoudig aan u vergoed.

[8] Leen u geld nie uit aan diegene wat dit aan u met baie wins weer kan teruggee nie, maar leen dit aan egte armes en behoeftiges, dan sal u geld in die hemele teen hoë rente oploop en die Vader in die hemele sal u altyd u kapitaal en rente vir ewig uitbetaal!

[9] Ontvang ook nie te gretig lof, dank en prys van die wêreld vir jou goeie dade nie; want as u dit doen terwille van die wêreld, wat sal dan u loon in die hemele wees? Ek sê vir u: wie op aarde vir `n goeie, aan arm broers bewese daad, die een of ander loon verlang of in watter vorm dan ook aanneem, die kry geen loon in die hemele nie.

[10] Wie vir die hemele werk, hy sal deur die hemele, sowel nou tydelik as eenmaal ewig, beloon word; wie egter vir die wêreld werk, hy sal van die wêreld wel `n smadelike en verganklike loon oes; maar in die hemele sal hy sy inkomsteboek leeg vind en sy loon sal verdwene wees en aan sy geestelike armoede sal baie moeilik `n einde kom!

[11] As u dit deeglik ter harte neem en daarvolgens optree, sal dit vir u ook spoedig duidelik word met watter middele Ek u siekes genees het. - Nou weet u alles wat u moet weet. Vra nie om meer nie, waaraan u niks sou hê as mens dit vir u sou sê nie.

[12] Sorg egter ook dat u oor My, My dade en My leerlinge nòg in Jerusalem en ewemin in die stad van Dawid iets vertel; want dit sal vir u geen seën bring nie!

[13] Maar nou kan u, nadat u u ontbyt geniet het, met `n geruste hart die terugweg weer aanpak!”

[14] Na My toespraak lyk die vyf wel ietwat verbouereerd, maar hulle waag dit tog nie om meer vrae te stel nie; hulle buig voor My en gaan dan na hulle eetsaal, en na die ontbyt pak hulle weer die pad na hulle eie land toe aan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205