Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die gee van onderrig

223 Maar toe kom die leerlinge na My toe en vra waarom Ek tog in sulke bedekte terme met die Bethlehemiete gepraat het.

[2] Ek antwoord: “Is julle dan nog steeds so onverstandig asof julle nog nooit `n wyse woord van My gehoor het nie? Hulle dink dat Ek niks anders is as `n arts wat geseën is met buitengewone, geheime vaardighede en wat met behulp van `n geheime krag in die natuur sulke wonderbaarlike genesings verrig.

[3] Hulle is nie onbekend met die sekte van die Esseners nie, wat baie opmerklike kennis besit oor die geheime aptekerskuns, waardeur hulle menige kwaal kan genees en ook bepaalde verskynsels teweeg kan bring wat deur `n leek as duidelike wonders aangesien moet word. As jy dit bedink, kan daar dan uiteindelik iets anders uitkom as dat die Bethlehemiete My sonder twyfel slegs maar aansien vir `n Esseen van die vierde, dus hoogste graad, wie se wetenskap so groot is dat hy die meeste verskillende natuurkragte beheers en hulle na willekeur na sy hand kan inrig?!

[4] As Ek hulle egter sonder meer vertel het dat Ek, as Seun van die Allerhoogste, die beloofde Messias is, dan sou die ortodokse Judeërs hulleself uitermate gaan vererg het, en sou My vir `n towenaar gehou het wat homself uitermate aanmatig, en wat met die satan in verbinding staan, en as sodanig sou hulle My ook belaster het en die genesing van hulle hierheen gebragte siekes sou vir hulle die eerste steen des aanstoots gewees het! Maar omdat hulle My nou net maar as `n Esseen beskou, gaan hulle baie gemoedelik huis toe en loof en prys God wat die mens sulke geheime kennis en krag verleen dat hy die lydende mense die sekerste, hoewel wonderbaarlikste hulp kan gee!

[5] Omdat hulle egter tuis na rustige en rype nadenke tog maklik kan agterkom dat Ek sekerlik geen Esseen is nie, omdat die deur My aan hulle verkondigde beginsels oor die sedelike en maatskaplike lewe van die mens regstreeks indruis teen dié van die Esseners, het Ek hulle presies soveel onderrig gegee as wat vir die bepaalde doel nodig was. Hulle sal tuis My leer mooi en presies vergelyk met die leer van die Esseners, waaroor hulle wel beskik, en nadat hulle die skrilste kontraste gevind het, verbaas opkyk. Te meer so omdat die vyf alreeds in julle teenwoordigheid verbaas was toe hulle My woorde gehoor het, omdat My leer vir hulle, soos Ek reeds gesê het, regstreeks indruis teen dié van die Esseners.

[6] Hulle sou graag meer aan My wou gevra het, maar Ek het hulle so kort moontlik te woord gestaan, en hulle verdwyn en durf geen verdere vrae meer stel nie; want hulle sien dat Ek volgens My dade miskien wel `n Esseen van die hoogste rang sou kon wees, maar volgens die deur My aan hulle gerigte woorde, tog weer nie. Maar terwyl hulle onderweg aan niks anders dan aan hierdie verskynsel dink nie, dink hulle nou ook: “Het die Esseners soms twee leringe, `n uiterlike slegs vir die blinde wêreldse volk, en `n innerlike vir hulleself?” Ten beste kan dit so wees dat Ek dus opreg teenoor hulle was en dat Ek, as goeie kenner van die Skrif, hulle somaar enige sin van die innerlike leer toegewerp het en die verdere soeke aan hulleself oorgelaat het!

[7] Maar een van die vyf meen egter dat daar heelwat meer agter My steek as `n Esseen van die hoogste rang. Hy sê nou aan die ander vier: “Ek glo vir myself nie dadelik dat hy `n Esseen is nie; want ek het onlangs met `n Esseen oor al hulle leringe en gebruike gepraat, en hy was `n opregte man, maar hy wis niks van `n tweede, geheime leer nie. Ek hou daarom die sonderlinge geneser van Násaret vir `n geheel op sigself staande en, sover ek weet, nog nooit voorgekome verskynsel. Hy is óf `n God óf `n duiwel, laasgenoemde welke ek egter tog wil betwyfel, omdat sy leer die hoogste sosiale beginsel behels wat ek nog ooit gehoor het; `n duiwel is daarenteen die groots moontlike tiran en dus `n uitgesproke vyand van enige sosiale leerstelling!”

[8] Sien, onderweg voer die vyf nou al sulke gesprekke en hulle is daarin so verdiep dat hulle kwalik opmerk dat hulle voete self beweeg en hulle verder dra.

[9] Liewe vriende, as mens onderrig gee, moet mens behoedsaam te werk gaan; mens moet nie onmiddellik met die deur in die huis val nie, en net soos by `n maaltyd nie al die geregte op één slag bedien nie, want as mens `n maaltyd bedien, moet mens eers dan die tweede gang op die tafel plaas as die gaste die eerste reeds genuttig het; en as gas moet mens maar saggies na binne gaan en beskeie aan die deur klop wat in die vertrek mag ingaan, anders vind die mense jou onaardig en brutaal en sal jy in die deur jou besoekte huis weinig of niks kan uitrig nie; terwyl die gasheer weer die gaste al die eetlus ontneem as hy op één slag `n hele boel geregte van allerlei aard op die tafel sou plaas; maar as alles ordelik gaan, sal die gaste hul eetlus behou en hulle sal ten slotte hulle gasheer prys omdat hy so voortreflik vir hulle gesorg het!

[10] En kyk, so moet mens ook te werk gaan met lesgewing as mens daarmee iets wil bereik. - Begryp julle dit nou?”

[11] Die leerlinge sê: “Ja Heer, ons begryp nou alles presies wat U nou, soos altyd, so wyslik aan ons geleer het!”

[12] Ek sê: “Goed, dan kan ook ons nou met die ontbyt begin!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205