Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die dokter, Borus van Násaret, vertel Jaïrus die waarheid. Borus dreig die fariseërs

228 Toe ons die taamlik hoë heuwel beklim het wat homself bo die groot inham verhef, en aan die voet waarvan die bekende herberg gebou is en waaroor heen die hoofweg na Jerusalem lei, sien ons ver in die vêrte die Kapernaumse skip teen die golwe veg, en omdat dit steeds meer moeite met die wind ondervind, tel hulle die roeispane in die lug op en laat hulleself sodoende regstreeks na die hawe van Kapernaum dryf.

[2] Mens kan jouself voorstel wat vir `n gesig Jaïrus getrek het toe die deur hom na My gestuurde boodskappers die berig bring wat Ek hulle deur Baram laat gee het.

[3] Jaïrus laat roep gou al die dokters uit die wye omgewing bymekaar - ook die een uit Násaret word gehaal, want hy het `n baie goeie naam as wonderdokter, omdat hy sogenaamd `n leerling van My was, en hy ook enkel deur handoplegging inderdaad ernstig siekes in `n oogwink genees het.

[4] Maar toe hy in Kapernaum kom en die siek dogter ondersoek, haal hy sy skouers op en sê na `n rukkie aan al die aan die siekbed staande dokters: “Sy kan slegs gehelp word deur die Een wat haar geskape het! Kyk, die meisie het, terwyl sy baie warm gekry het, op die een of ander fees iets kouds gedrink en daardeur doen sy `n akute longontsteking op; binne hoogstens sewe dae is dit verby met haar! Ons kan haar geen nuwe long gee nie, en dus kan ons haar onmoontlik help!”

[5] Jaïrus sê: “Dink u dat die as Goddelik bekendstaande Jesus, wat my dogter al eenmaal uit die egte dood opgewek het, soos Hy ook die dogter van die owerste Cornelius opgewek het, waar my dogter `n paar dae gelede die kwaal opgedoen het, haar nie ook weer kan genees nie?”

[6] Die dokter uit Násaret antwoord: “O ja, Hy kan wel as Hy só sou wou! Maar u het al boodskappers daarheen gestuur, ek dink na Kis waar hy homself nou meestal by Kisjonah besig hou. Hy het alle rede, en ook die volste reg, gehad om u `n afwykende antwoord te gee, waardeur ons dan ook sopas daarna hierheen geroep word, noudat dit te laat is!”

[7] Jaïrus sê: “Ek het hom tog baie hoflik laat versoek hierheen; en Hy, wat niks dan liefde predik, en dat mens selfs aan jou vyande goed moet doen, gee my aan Hom gestuurde boodskappers so `n antwoord!”

[8] Die dokter uit Násaret sê: “Niemand anders as u almal, wat julleself dienaars van die Allerhoogste noem, verdien dit meer tereg nie! Vertel u my eers hoe `n mens dan geaard moet wees om by so `n behandeling van jou kant af nog jou vriend te kan bly? Waarlik, God Self sou u nie meer weldade kon bewys nie dan die suiwer goddelike Jesus vir u gedoen het! Wat doen u Hom egter terug?! U vervolg Hom as `n gruwelike misdadiger en as u hom gegryp kon kry, dan sou u hom ook reeds lankal gedood het; hoewel God se hand Hom duidelik beskerm, doen u aan Hom tog soveel moontlik kwaad.

[9] Wat het Sy arme, vrome en godvrugtige moeder Maria u gedoen dat u haar tog al te kleine huisie met die paar groentelandjies van haar afgeneem het, haar toe nog in die openbaar bespot het en saam met die kinders van Josef verjaag het, asof sy die gemeenste misdadiger is?

[10] Waarom, vra ek nou, het u dit gedoen?”

[11] Jaïrus sê: “Omdat Hy ons oral verdag gemaak het en geskel het op die priesters en op die tempel van God, en dit is tog wel rede genoeg, sou ek dink!”

[12] Dan sê Borus, die dokter uit Násaret, wat van geboorte `n Griek is: “Ag - hinc ergo illae lacrimae! (daarom dus die trane). Luister! Ek is, soos u almal wel weet, `n Griek en het dus met jou teologie niks te maak nie, hoewel dit aan my beslis nie onbekend is nie. Dit is verre van my om julle Moses en al die ander deur jou voorouers mishandelde profete te verkleineer; want hulle leringe en vermaninge is beslis nie anders nie as dié wat my beste vriend Jesus aan u voorgehou het nie, en hulle is daarom ook vol waarheid en vol goddelike gees.

[13] Bestudeer nou egter eers jou huidige teologie en jou onder al die kritiek staande erbarmlike tempelverordeninge en die loflike doel van die tempel, dan moet u self uitroep: Quam mutatus ab illo! (Wat `n verskil).

[14] Vergelyk jou teenswoordige voorskrifte slegs maar net met die profeet JeshaJaH, en neem daarby as waar aan dat JaHWeH, Moses en die profete tog `n bietjie meer moet beteken as `n fabel ten bate van jou hebsug en jou goeie lewetjie, dan moet u tog self wel terugskrik vir die skreeuende onreg wat u op daardie heilige plek begaan!

[15] Maar as die goddelike Jesus, deur wie God tog so oorduidelik werk, nou net soos `n JeshaJaH u op u enorme gebreke wys, en u as `n egte vriend weer na God wil terugbring, waar u uself so baie ver van verwyder het - dan vra ek u: verdien Hy daarvoor so `n behandeling van u?!

[16] Waarlik! As ek Sy onbegryplike, waaragtig goddelike, ek sou wil sê - almag besit het, dan sou ons al lankal met mekaar klaar gewees en ons sake vereffen het, net soos die tien skepe wat u so mensliewend teen Hom en Sy onskuldige leerlinge laat uitvaar het, nou op die rotse van Sibarah vereffen is! Waarskynlik het ten lange laaste selfs ook Sy goddelike geduld opgeraak!

[17] Nogmaals: as ek Sy waaragtige almag gehad het, dan het ek die hele meer van Galilea al lankal oor u heen laat kom en sou ek u soos muise en rotte versuip het!”

[18] Hierdie eerlike toespraak van Borus maak dat `n aantal van die hier aanwesige fariseërs kwaad word en aan hom sê: “Beheers jou brutale Griekse tong! Daarvoor het ons jou nie uit Násaret hierheen geroep nie! Pas maar op; want ons het mag genoeg om jou in die ongeluk te stort!”

[19] Borus sê: “O, daar is ek vas van oortuig; want julle wêreldberoemde mensliewendheid - scilicet (vanselfsprekend) - staan daar meer as voldoende borg voor! Maar natuurlik bestaan daar by my `n baie groot “maar”! En hierdie baie veelseggende “maar” maak dan ook dat Borus van Násaret nie die minste vrees vir u het nie!

[20] Borus is weliswaar nie so almagtig soos `n goddelike Jesus nie; maar hy het tog genoeg geheime mag om u almal in één oomblik te vernietig, en as dokter hoef hy dan daarvoor aan niemand rekenskap te gee nie! Het u my verstaan? Jesus is egter `n God en ek is maar `n mens, en daarom het Hy dan ook meer geduld as ek! Dus, veel hoef u op my nie uit te haal nie, anders is my geduld op!”

[21] Nou haal Borus `n flessie uit sy sak en laat dit deur die nydige fariseërs sien, met die veelbetekenende woorde: “Kyk, hierdie wapen is magtiger as tien legioene. Ek het geweet om myself te beskerm; maar as ek hierdie open, dan is u almal oombliklik dood! En weet dat bo die flessie ook met groot, waarskuwende letters “maar” geskrywe staan! As u nou iets aan my wil doen, dan word dit dadelik vereffen!”

[22] Die fariseërs skrik ontsettend by die sien van die dood en verderf bringende flessie, waarin `n kragtige en sneldodende gif bewaar word, wat deur die baie deurdringende en homself buitengewoon vinnig verspreidende geur elkeen wie se neusgate dit bereik, verdoof en dood.

[23] Die gif was `n geheime middel wat later heeltemal verlore geraak het; die middel was afkomstig van `n struik wat sporadies in die verste dele van Indië gegroei het en, waar dit voorkom, in die wye omtrek al wat lewe vernietig. Dit weet die fariseërs ook en daarom was hulle nou sprakeloos van angs, en Jaïrus vra aan Borus om die flessie weg te sit.

[24] Borus doen dit ook, maar sê dan aan Jaïrus: “Vriend, hoe kan mens nou `n Jesus, wat u `n ongekende weldaad bewys het, tog so smadelik laat vervolg! Sê u my eers eerlik of u dan werklik nie besef dat Hy met elkeen van Sy heilige woorde gelyk het nie, of wil u dit in alle erns nie insien nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205