Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

IN JUDEA RONDOM JERUSALEM:

Doop in water, doop met die Heilige Gees
[Johannes 3: 22] .

22 HIERNA het Jesus en Sy leerlinge na die aarde van Judea gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gewas/gedoop.

23 Toe die dag ten volle aangebreek het, het ons in die pad geval en in Judea ingegaan, wat eintlik aan Jerusalem behoort het, en wat die stad omring het net soos wat `n distrik vandag rondom sy hoofstad geleë is. `n Mens kon maklik binne `n paar dae deur die hele land stap.
[2] En wat het Ek eintlik in hierdie land gaan doen? Die vers sê dat Ek daar vertoef het en toe gedoop het. Hieruit spruit die vraag, wie die “hulle” was en wat dit beteken dat ek daar met hulle vertoef het. “Hulle” is tog die leerlinge, waarvan die aantal met `n paar in Jerusalem begin toeneem het, maar daar was ook die wat in My en My lering geglo het en met My gesimpatiseer het.
[3] En almal wat My lering met volkome geloof aanvaar het, is deur My in water gedoop, maar in die geheim met die Gees van My Ewige Liefde en Wysheid en het daardeur die mag ontvang om kinders van God genoem te word. Dit was wat Ek gedoen het, terwyl Ek daar vertoef het. Die lering en wat Ek gedoen het, is gedeeltelik deur die ander drie evangeliste opgeteken en dit is dus nie nodig om dit hier aan te haal nie. Dit het hoofsaaklik daarom gegaan om die ernstige tekortkominge waaraan die Judeërs en die fariseërs gely het, uit te wys, sowel as die prediking van liefde vir God en jou naaste.
[4] Eerstens het Ek al die swakhede beskryf, die oortreders gemaan om te bekeer, diegene wat My lering aangeneem het, gewaarsku om nie terug te draai na die ou suurdeeg van die fariseërs nie, en saam met My sagmoedige lering wonderwerke gedoen wat so nodig is vir hierdie materialistiese tye. Ek het ook baie siekes genees, die besetenes van die besoedelde geeste bevry en nog meer en meer leerlinge aangeneem.

23 En Johannes was ook besig om te was/doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gewas/gedoop.
24 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.

[5] Tydens My tog deur die land van Judea het Ek ook in die gebied gekom waar Johannes in die klein woestyn Aenon naby Salim gedoop het, want daar was baie water, want in die streek van Betabára het die Jordaan baie min water gehad en die was modderig, vuil en vol stinkende ongediertes. Dit is waarom Johannes sy ligging verskuif het, sy streng boetedoenings preke te Aenon gepreek het en die mense gedoop wat sy lering aanvaar het en ware boete gedoen het.
[6] Onder hulle was daar baie wat alreeds My lering aangeneem het, maar was nog nie deur Johannes gedoop nie. Hulle het My gevra of dit nodig was dat Johannes hulle vooraf moes doop. En Ek sê vir hulle: Slegs een ding is nodig en dit is om te voldoen aan My lering. Maar wie ookal vooraf deur Johannes gewas wil word, terwyl hy nog sy werk doen, sal net bevoordeel word deur so `n wassing. Na afloop van My rede het baie hulleself deur Johannes laat doop.

25 Daar het toe van die kant van die leerlinge van Johannes `n redenasie met die Judeërs ontstaan oor die wassing/doop.

[7] Daar ontstaan toe `n dispuut oor die wassing van Johannes en Myself, want Johannes se leerlinge kon nie verstaan dat Ek ook met water gedoop het nie, aangesien hulle van Johannes gehoor het dat Ek nie met water sal doop nie, maar met die Heilige Gees. Menige Judeërs, wat alreeds My leerlinge was, het volgehou dat My doop die ware doop was, want, aangesien Ek ook soos Johannes met water gedoop het, was My doop die enigste geldige een want Ek het nie net met water alleen gewas/gedoop nie, maar terselfdertyd ook met die Gees van God, wat die dopelinge die voor die hand liggende mag gee om kinders van God genoem te word.

26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: My meester, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy was/doop, en almal gaan na Hom toe.

[8] Na afloop van hierdie besprekings, gaan Johannes se leerlinge saam met die Judeërs na Johannes en sê: “Luister, meester! Dieselfde Man wat saam met jou aan die anderkant van die Jordaan was, van wie jy getuig het dat Hy met die Heilige Gees sal doop, is nou in die omgewing en doop ook met water soos jy. Hoe moet ons dit verstaan? Is hierdie Doper waarlik die Een waarvan jy die groot getuienis gegee het?”
[9] Johannes sê egter aan sy leerlinge: “Gaan vra Hom, is U die Een wat moes kom of moet ons wag vir `n ander? Let goed op na wat Hy vir julle sal vertel en kom vertel my. Slegs dan sal ek julle navraag volledig beantwoord.”
[10] Daarop het verskeie van Johannes se leerlinge na My toe gekom en My gevra soos voorgestel deur Johannes. Maar ek het hulle die goedbekende antwoord gegee dat hulle vir Johannes moet vertel wat hulle sien, naamlik dat die blindes sien, die lammes loop, die dowes hoor en hoe die Koninkryk van God verkondig word aan die armes. En geseënd is hy wat nie aanstoot neem nie. –Die leerlinge keer terug na Johannes en vertel hom dadelik wat hulle gesien en gehoor het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205