Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Verslag van Josef se dood en sy getuienis oor Jesus

230 Na hierdie verhaal sou al die leerlinge die arts Borus, wat hulle goed ken, wou omarm en kus, en gaan ons weer na Kis en kom daar juis teen sononder aan.

[2] Baram wag al met die aandete, en dit smaak vir ons na die gedane, belangrike, werk goed. Die maaltyd bring ook Judas in `n ietwat beter stemming en hy prys die moed van Borus, wat hy ook baie goed ken.

[3] Na die maaltyd word nog lank daaroor gepraat; selfs moeder Maria kon Borus nie genoeg seën nie, omdat hy dit ook ten behoewe van haar opgeneem het teen die owerste, wat in feite haar kleine huishouding van haar afgeneem het.

[4] Die oudste seun van Josef sê: “Sal daardie mense ons, met moeite verworwe, besitting ooit weer teruggee?”

[5] Kisjonah sê: “Vriend, moenie dit wens nie! Kyk, hier het julle almal `n beter bestaan en is julle tewens veilig teen vervolging; en ek gee julle die herberg daar aan die bo-einde van die groot inham, heeltemal in eiendom en ongeveer vyfduisend are grond daarby; by so `n ruil kom julle die verlies van die kleine besitting wel te bowe, en hiervandaan is dit ook `n halwe dagreis nader aan Jerusalem as vanuit Násaret.” En Joses is dit daarmee heeltemal eens; tog vra hy My ook om My raad.

[6] En Ek sê: “Wat beter is, dit is altyd beter; neem dit daarom; maar beskou dit nooit as jou eiendom nie, maar slegs as iets wat aan jou deur God vir `n kort tydjie geleen word!”

[7] Joses sê daarop: “Heer en broer! Dit het vader Josef ons al geleer en daarom het ons die kleine besitting in Násaret dan ook nooit as `n soort eiendom gesien nie, maar suiwer as `n, vir die korte aardse leeftyd, deur God geleende saak, waarvoor ons Hom ook daagliks tesame met Jou Self gedank het. Ons het Hom daarnaas ook altyd gebid dat Hy daardie kleinood vir ons skamele aardse onderhoud wil bewaar. Solank dit Sy heilige wil was, het Hy dit dan ook bewaar; maar nou sê ek saam met Job: die Heer het dit vir ons gegee, en toe dit Hom behaag het Hy dit ook weer van ons geneem. Slegs Sy wil wat geheilig is, geskied; aan Hom alleen sy al die eer, al die lof en al die prysinge! Wat God neem, dit kan Hy ryklik teruggee. As Jou aardse broers en susters vind ons dit wel in orde; maar al ons werktuie en al ons huisraad het die mense ook van ons afgeneem. Ons dink tog wel dat ons dit terug moet kry, of dat ons minstens iets anders bruikbaars in hulle plek moet kry.”

[8] Ek sê: “Moet jou nie daaroor bekommer nie; oor drie dae gaan ons na Násaret en dan sal dit alles teruggegee moet word. Ons het immers `n engel van die hoogste rang by ons! Één teken en alles is in orde; en as één nie genoeg is nie, dan staan daar vir ons elke oomblik legioene tot diens!

[9] Ek sê vir jou: wat Ek die Vader in My hart kenbaar maak, dit doen Hy; en wat die Seun wil, dit wil ook die Vader in ewigheid en daar is nooit `n verskil tussen die wil van die Vader en die wil van die Seun nie! Want glo My: Vader en Seun is nie twee nie, maar in alles totaal één! Wees dus nou kalm en glo dat dit so is!”

[10] Joses sê: “Heer en broer, ons glo immers almal, en hoe sou ons dit nie kan glo nie, ons was tog vanaf Jou geboorte nog altyd by Jou en het soveel tekens gesien wat luidkeels verkondig wie Jy is. Broer Jakob het immers `n groot boek volgeskrywe vanaf Jou geboorte tot met Jou twintigste lewensjaar, waarna Jy tot op Jou huidige leeftyd geen teken meer gegee het nie en saam met ons as `n baie gewone mens gewerk en geleef het, sodat ons byna vergeet het wie Jy was, as nie die dood van ons geliefde vader Josef `n paar jaar gelede ons geweldig wakker geskud het nie.

[11] Want toe Josef in Jou arms oorlede is, spreek hy verheerlik- glimlaggend sy laaste woorde:

[12] “O, my God en my Heer! Hoe is U tog genadig en barmhartig vir my! O, ek sien nou dat daar geen dood is nie; ek sal ewig lewe! Ag God, hoe heerlik is U hemele! Kinders, kyk na Hom wat nou my sterwende hoof met Sy arms ondersteun! Hy is my God, my Skepper! O wat `n verlossing is dit om in die almagtige arms van die Skepper van hierdie armsalige wêreld te sterf!"

[13] Na hierdie woorde sterf hy en ons het almal luid geween; net Jy het nie gehuil nie. Maar ons het verstaan waarom Jy nie huil nie!

[14] Wel, vanaf daardie oomblik kon ons nie meer vergeet wie U is nie; want dit het Josef in die laaste uur van sy aardse lewe maar al te duidelik gesê! Hoe sou ons dan nou nie alles glo wat U sê nie, terwyl ons so goed weet wie U in wese is?!”

[15] Ek sê: “Baie goed, liewe broers! Dit is heeltemal reg dat julle hier so gepraat het; want ons is almal hier as volledig ingewydes bymekaar en hierdie kennis sal vir niemand tot `n gerig word nie, behalwe vir één, as hy daar heimlik aanstoot aan neem! (Daarmee word Judas bedoel).

[16] Maar as ons ons onder onbekende, wêreldse kinders bevind, moet julle daar baie sorgvuldig oor swyg! Laat ons nou egter gaan rus, sodat ons môre vroeg aan die werk kan spring!” Daarop gaan iedereen geluksalig slaap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205