Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Bevryding van die geroofde kinders. Voorbereiding vir die regsaak

232 Mens hoor nou al reeds die gejammer van die kinders wat met geweld uit die arms van hulle ouers geruk was. Kisjonah en Baram, JonaEl en Jaïrus saam met die engel loop die kinders vinnig tegemoet; en die regter laat die twaalf dadelik vasbind en na `n stewige gevangenis bring.

[2] Spoedig daarna kom die kinderkaravaan aan en die engel bevry in `n oogwink almal van die esels en perde waarop hulle vasgebind was. Daar is meer as wat die eerste drywers wat die twaalf hoofverdagtes gebring het, aangegee het, want op menige perd was daar drie aanmekaar vasgebind. Al die kinders bewe van angs en vrees, omdat hulle dink dat hulle hier iets ergs sal oorkom; maar die engel spreek hulle baie vriendelik en kalm toe, en sê dat hulle hier nie net niks ergs nie, maar alleenlik iets baie goeds sal oorkom en dat hulle hulleself die volgende dag alweer in die arms van hulle treurende ouers sal bevind. Toe word die kinders rustiger.

[3] Sommiges kla egter oor pyn wat deur die pakrieme veroorsaak is; `n aantal het bloeiplekke aan hulle tengere liggame; want as hulle huil het die mense hulle geslaan omdat deur hulle huilery die hele karavaan verraai kon word. Die meeste was naak; want met klere aan het iemand hulle miskien op die weg van Kapernaum na Sibarah, waar ander mense ook heen-en-weer getrek het, kon herken en dan die karavaan êrens kon verraai. Dus moes daar ook vir die noodsaaklikste kleding gesorg word.

[4] Kisjonah sorg dadelik vir `n groot hoeveelheid fyn linne en iedereen moes dadelik rokke begin maak sodat al die kinders die volgende oggend `n rok kan kry; baie hande maak ligte werk. En die kinders word gou na die groot herberg gebring wat Kisjonah self `n endjie bokant die tol laat bou het.

[5] Nadat die kinders in die herberg ingebring is, kom die hooftransport ook reeds al aan met die vee en al die ander dinge. Alles word in ontvangs geneem en in goeie bewaring geneem; en die knegte van die twaalf word ook vasgebind en na `n groot gevangenis gebring.

[6] Toe die gewerskaf verby is en die wagte oral heen verdeel op wag staan, gaan Kisjonah en sy vier begeleiers ook eindelik slaap; maar dit duur nie te lank nie omdat dit al laat was en die komende dag baie, en ook belangrike verwikkelinge beloof.

[7] Tot sonop bly alles rustig, maar daarna is iedereen op; en die eerste wat Kisjonah doen is om na My te kom en om My alles te vertel wat laasnag gebeur het, en om natuurlik van My te hoor wat daar nou vir God in alle regverdigheid gedoen moes word.

[8] Maar Ek was hom voor en vertel hom wat daardie nag gebeur het en gee hom ook raad oor wat hy nou so gou moontlik moes doen. Dit advies lui soos volg:

[9] “Broer, stuur eerstens met die grootste spoed `n deur die keiserlike gereg alhier beëdigde boodskapper na die owerste Cornelius in Kapernaum, sodat hy `n kommissaris hierheen stuur om die twaalf sondaars te ondervra en `n oordeel oor hulle te vel, en om al die belanghebbendes wat die twaalf sal moet noem, hulle geroofde vee, maar veral hulle kinders in so kort moontlike tyd terug te gee! Want die hier aanwesige spesiale geregshof is te klein vir hierdie baie groot struikrower saak en ook nie regsbevoeg vir hierdie soort gevalle nie. Maar My Naam moet beslis nie genoem word nie!

[10] Die hooggeregshof sal dit nie maklik hê met die twaalf fariseërs nie! Vir die roof kan dit hulle nie veroordeel nie. Ook vir die wanbetaling van tol kan dit hulle niks maak nie, want hulle het vir die hele land `n vrybrief en omdat hulle inwoners van die land is, kan volgens die wet geen tol van hulle gehef word nie. Dit was dan ook nie die rede waarom hulle die tol ontwyk het nie; dit doen hulle maar net uit vrees vir die volk. Want met soortgelyke ondernemings het hulle al leergeld betaal en daarom het hulle die geheime pad na Jerusalem gemaak.

[11] Daarom is daar maar één kwessie waarvoor hulle deur die gereg veroordeel kan word tot `n goeie skadevergoeding, en dit is die skade wat hulle aan jou bosse aangerig het. Daarvoor sal al die pande wat nou in jou hande is, by verre nie voldoende wees nie, ook nie tesame met die geld wat hulle by hulleself het nie.

[12] Laat daarom as tweede noodsaaklikheid ook gou deskundige taksateurs, begelei deur `n geregsdienaar, die bos ingaan en die skade opneem, sodat as die hooggeregshof hierheen kom, alles al daar is wat vir die geldige vel van `n wetlike oordeel nodig is; want anders kan die gereg die ondersoek `n lang tyd laat voortsleep en dan sou die ernstig benadeeldes miskien eers oor `n jaar hulle besittings terugkry. As egter alles wat die gereg nodig mag hê, aanwesig is, dan kan dit ook gou `n oordeel vel en ná die oordeel tot die uitvoering oorgaan.”

[13] Na hierdie inligting gaan Kisjonah onmiddellik na sy personeel en reël alles dadelik soos wat Ek hom dit aangeraai het.

[14] `n Klein seilskippie vaar met `n gunstige wind vinnig na Kapernaum en die Romeinse regter gaan self met agt onder eed staande taksateurs die gebergte in wat, vanaf Kis gesien, die linkersy van die dal begrens en hulle stuur `n kommissaris met agt ander, eweneens beëdigde, taksateurs na die gebergte aan die regtersy van die dal.

[15] Ongeveer om vieruur die middag kom `n kommissaris van die hooggeregshof met twee skrywers, asook die taksateurs van beide gebergtes met die presies opgeneemde skade daar aan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205