Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die Hoofregter, Faustus, en die Heer

235 Die regter uit Kis sê: “Vriend, die beroemde Jesus van Násaret bly al `n week of drie gereëld hier oor, en sal waarskynlik nog `n paar dae hier bly. Ek sê vir jou, Hy is `n god wat al die nog so verborge dinge sonhelder weet, en Hy het ons daar al baie duidelike voorbeelde van gegee; wat dink jy daarvan as ons Hom hierby bietjie te hulp roep? Hy sou ons goed kon help, en dit des te meer omdat Hy absoluut geen vriend is van die diewe en rowers wat die tempel vir hulle snode planne ter beskikking het nie. Want ek het met my eie ore gehoor hoe Hy die priesters en fariseërs uit Gorasin en Kapernaum na die diepste Tartarus verwens het. En daarom is ek daarvan oortuig dat Hy aan ons helderheid sal kan verskaf.”

[2] Baie verbaas sê die Hoofregter: Wat? Is daardie god-mens hier? Ai, waarom het julle my dit nie dadelik gesê nie! Waarlik, ek sou hom dadelik in my plek laat regspreek het en daarmee sou ek my driekwart van die werk gespaar het! Bring my tog gou na hom toe! Want die owerste Cornelius het my ook baie dringend opgedra om intensief navraag te doen na die mees goddelike van alle mense en hom dadelik daaroor in te lig.

[3] Wanneer die owerste die versekering kry dat Jesus hier is, dan is hy binne die kortste tydjie hier saam met sy hele familie; want hy en sy hele huis aanbid hierdie Jesus letterlik, en ekself is dit heeltemal met hulle eens. Ek dank watter egte god dan ook vir die feit dat hy my nog eens die onberekenbare geluk te beurt laat val om my hemelse vriend Jesus te sien en mee te praat! Bring my tog gou-gou na Hom toe! Nou is die saak heeltemal gewonne!”

[4] Terwyl die Hoofregter na die groot huis hardloop met die brandende verlange om My te sien en met My te praat, kom Ek hom tegemoet; en toe hy My sien, roep hy bly: “Daar, daar is U, goddelike vriend en broer, as ek U nog so mag noem!

[5] O, laat Uself tog omarm en U heilige aangesig met duisend vriende- en broederkusse bedek word! O, heilige vriend van my! Ek is so onuitspreeklik gelukkig noudat ek U eindelik weer terug het! Waarlik, waar mens ook maar in die grootste nood sit, daar is U ook aanwesig om hulle te help! Ag, ek weet van vreugde geen raad met myself nie, noudat ek U hier gevind het!”

[6] Ek sê, terwyl Ek hom ook stewig aan My hart druk: “Ek groet jou ook eindeloos! Want jou hart het vanweë jou sware regtersamp waarlik geen skipbreuk gely nie, en daarom het Ek jou nog steeds besonder lief en seën Ek al jou werk.

[7] Waarlik, jy het dit aan My en Hom wat in My woon te danke dat jy hierdie groot belastingdiefstal ontdek het!

[8] Maar laat ons nou in die huis ingaan waar `n ryklike aandete op ons wag. Na die maaltyd praat ons verder daaroor!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205