Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Woord vir ons tyd. Die rede vir kindersiektes

241 Ek, dieselfde Messias wat byna twee duisend jaar gelede as God en as mens op die aarde leer en werk, gee in hierdie tyd die gebeure van lank gelede deur `n daarvoor uitverkore kneg opnuut aan die mense. Nou sou iemand wel eens kan vra:

[2] “Hoe is dit dan nou? Die kinders wat, as hulle nie hier opgevang was nie, as pand van die fariseërs in hoogstens tien tot twaalf dae vir `n deel in Sidon, Tirus, Cesarea, Antiogië en selfs in Alexandrië deur die permanente slawehandelaars verkoop sou wees, was tog sekerlik wel vir meer as die helfte kinders met `n goeie opvoeding, en daar staan nêrens aangegewe dat Ek hulle as groot kindervriend besoek, of selfs maar `n woordjie met hulle praat nie. Terwyl Ek die kleintjies anders tog dadelik na My toe laat kom om hulle aan My hart te druk en te seën!

[3] Op hierdie vraag gee Ek die volgende antwoord: “In die eerste plek was die kinders natuurlik al merendeels ouer as nege jaar en daar was ook meisies van veertien tot sestien jaar en ook jong manne by, en mens kon dus nie, sonder om `n sekere aanstoot te gee, die vertrek van sulke jong, halfnaakte mense binnegaan nie; en in die tweede plek was hulle egter nie sulke heel onskuldige kinders meer nie, soos Ek hulle nog hier en daar wel soms aantref; maar die meeste was liggaamlik en moreel grondig bedorwe. Seunskending en verkragting word nêrens op so `n skandelik groot skaal bedryf as in die grensgebiede tussen Judeërs en Grieke nie. En so was selfs vir die verdorwe kinders hierdie, deur My toegelate, les nie heeltemal verniet nie; want ten eerste moes dit hulle oorkom as `n gepaste straf vir hul verdorwenheid en ten tweede word hulle daardeur gewaarsku om nie langer diensbaar te wees aan die sinlikheid van wellustige Grieke nie. Faustus dring daar in sy vermanende toespraak vir ouers en kinders dan ook met klem op aan om in alle erns `n Godvresende lewe te lei as hulle nie by `n volgende sonde baie gevoelig deur God gestraf wil word nie.

[4] Dit wetende, verstaan mense hopelik dat Ek, hoewel Ek vervul is met alle goddelike liefde vir elke mens, vanweë dieselfde goddelike heiligheid nie persoonlik toenadering kan en mag soek tot die sondige, hoogs verontreinigde vlees nie, om die rede dat dit as sodanig bestaan, en in al sulke gevalle laat hulleself dan die “raak My nie aan” geld.

[5] Want daar is `n groot verskil tussen `n rein en `n hoogs onrein kind. Die eerste kan deur My direk, maar die tweede slegs indirek gelei word op, namate dit noodsaaklik is, baie doringagtige paaie, soos in hierdie ware, beskrewe geval duidelik te siene is.

[6] Mense moet daarom ook nie so voorbarig wees dat hulle vra waarom, nie selde nie, kinders wat beslis niks misdryf het of altans nie toerekeningsvatbaar is nie, deur My liggaamlik dikwels harder aangepak word as ou sondaars, vir wie dit net so moeilik is om hulle sondes te tel as die sand van die see.”

[7] Want daarop sê Ek: “wie `n boom op `n bepaalde manier wil buig, moet, solank die boom nog jonk en buigsaam is, dit in die gewenste rigting begin buig. As die boom eenmaal oud geword het, dan moet daar al buitengewone middele aangewend word om hom met die grootste moontlike moeite `n ander rigting te gee; maar `n baie ou boom neem geen ander rigting meer aan nie - behalwe die laaste, wanneer hy omgekap word.”

[8] “En dit is dan ook die rede dat Ek,” sê die Heer, “die kinders en selfs klein kindertjies dikwels harder bewerk as `n ouere; want die slegte geeste is nêrens so ywerig as juis by die kinders nie, en hulle is baie diensvaardig om die siel te help haar liggaam so op te bou dat die liggaam ook vir hulle `n groot aantal vrye en aangename wonings sal bevat!”

[9] Wat doen die Heer dan, aan wie alles wat gebeur nie onbekend kan bly nie?

[10] Wel, Hy stuur Sy engel, laat die misrabele en sluwe werk van die slegte helpers afbreek, en as vreemde deeltjies deur allerlei na buite tredende liggaamlike siektes uit die liggaam verwyder.

[11] Kyk na die verskillende siektes van baie klein, asook grotere, kinders en Ek sê vir u dit is niks anders nie as verwydering van die vreemde, slegte materiaal waarmee die nog so bose en onsuiwere geeste die siel, by haar opbou, gehelp het om vir hulleself vrye behuising te vestig in daardie bepaalde liggaam.

[12] As hierdie kwaad by kinders nie altyd baie kragtig teengewerk word nie, dan sou daar soveel besetenes, doofstommes, kretins en allerlei kreupeles wees dat daar op die hele aarde kwalik êrens `n gesonde mens aangetref sou word.

[13] Natuurlik vra mense dan weer: maar hoe kan die baie wyse God so iets van die begin af toelaat; dat slegte en onreine geeste hulleself in die jong liggaam van die siel kan binnesmokkel?”

[14] En dan antwoord Ek: “Dit is `n vraag van die blinde mens wat nie weet dat die hele aarde, ja, die hele skepping, betreffende haar uiterlik sigbare, materiële liggaamlikheid in al haar sogenaamde elemente as’t ware `n konglomeraat is van geeste, wat vir `n bepaalde tyd gerig is of vasgehou word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205