Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die reinigende werking van siekte en dieet. Die belang van goeie voeding vir kinders. Waarskuwing teen die gebruik van groen vrugte, aartappels en koffie

242 Elke keer dat die siel vir haar liggaam stoflike voedsel vra en dit kry, kom daar saam met die voedsel ook altyd `n legioen vry geworde, reeds slegte en onreine geeste in haar liggaam in, wat haar dan moet help met die verdere opbou van die liggaam.

[2] Hierdie geeste verenig hulleself langsaam maar sekerlik en vorm weldra algeheel hul eie siele, met `n intelligensie wat eie is aan hulle soort. As hulle tot dié hoëre fase oorgegaan het, laat hulle weldra die eintlike siel, as geregtigde besitster van die liggaam, in die steek en begin voorsiening in die liggaam aan te bring wat vir hulle eie vermeende verlossing geskik sou wees.

[3] As hierdie, maar alte dikwels by jong kinders voorkomende, hongerige en vraatsugtige siele, `n taamlike hoë graad van hulle vermeende welsyn bereik het, dan kan en moet daar ook een of ander verskynsel by die kinders intree.

[4] As mens die kind nie volledig besete wil laat word nie, moet die liggaamsvreemde deur een of ander daarvoor geskikte siekte verwyder word. Om `n taamlik swakke kindersiel nie te seer te maak nie, kan mens ook die siel vir `n bepaalde tyd so goed en so kwaad as wat dit moontlik is in daardie half-vreemde liggaam laat voortlewe. Daarna probeer mens haar dan weer deur lesse van sowel die buitewêreld asook tegelyk van die innerlike geesteswêreld tot so `n vlak van insig te bring dat sy ten slotte uit eie wil haar parasiete deur vas en allerlei ander ontsegginge begin uit te dryf. Ook kan mens, as die parasiete te hardnekkig is, die hele liggaam van haar afneem en dan so `n siel in `n ander wêreld vir die Ewige Lewe opvoed.

[5] Ook die, vir die ouers dikwels bittere, vroeë liggaamlike dood van hulle kinders, vind hierin sy oorsaak; daarom moet veral, na aardse maatstawe, ryk ouers goed daarvoor sorg dat hulle kinders doelmatige voedsel gebruik.

[6] As `n moeder die deur Moses as onrein aangegewe kos eet, dan mag sy die kind nie self soog nie, maar moet dit deur `n ander laat soog wat rein kos gebruik, anders sal sy met die kind veel sorge hê.

[7] Om hierdie rede het die Judeërs reeds vanaf Abraham, vernaamlik deur Moses, wetlike voorskrifte gekry van wat rein diere en rein vrugte is, en almal wat daardie wette nougeset volg, het nooit siek kinders nie, en bereik self `n hoë ouderdom en sterf gewoonlik aan ouderdomswakte.

[8] Maar in hierdie tye, waar mense selfs na die vreemdsoortigste lekkernye op soek gaan en daar gladnie meer aan dink of iets rein of onrein is nie, en mense in sommige lande gewoonweg alles na binne werk wat maar eetbaar lyk, is dit tog al `n wonder dat die blinde mense liggaamlik nog nie in die ooreenkomstige dierlike vorm teruggeval het wat hy as siel al heeltemal is nie.

[9] As kinders al in hulle eerste lewensjare behep is met allerlei kwaaltjies, dan lê die vernaamste oorsaak duidelik in die veral uiters ongeskikte voeding, waardeur `n te groot hoeveelheid slegte en onrein geeste in die liggaam ingebring word, wat dikwels ten behoewe van die verlossing van die siel, nie selde nie deur `n algehele verwydering van die jong liggaam, van haar weggeneem moet word. Vir die vroeë liggaamlike dood van hulle kinders, lê die skuld dan alleen maar by die alte dikwels onvergeeflike blindheid van die ouers, omdat sulke ouers alles eerder navolg as die raad van God in die Heilige Boek!

[10] Kyk, Ek laat deur My engel self elke jaar al die vrugtebome waarvan die mense die vrugte eet, baie sorgvuldig ondersoek, sodat geen appel, geen peer en geen enkele vrug met watter naam ookal, waarvan tydens die bloei die aanset gevorm word, ryp word, as hulleself daarin een of ander, vir die ontwikkelingsfase van die vrug, nog te onreine geeste binnegesmokkel het; al dergelike vrugte word nog algeheel groen van die boom of die struik verwyder.

[11] Dieselfde voorsorgmaatreëls word getref by al die, vir die menslike voeding bestemde, graansoorte en plante.

[12] Maar die blinde mens besef dit nie slegs gladnie, maar verslind nog bowendien as `n smulhappie alles wat vir hom maar enigsins lekker voorkom; is dit dan `n wonder dat hy siek, traag, vermoei, gebrekkig en dus steeds ongelukkiger word?

[13] So is ook al die soorte sogenaamde aartappels veral vir kinders en sogende vroue, eweas vir swanger vroue, meer as sleg, en nòg slegter is koffie! Maar wat blind is, sien niks en dit geniet gulsig van beide vanweë die aangename smaak; maar die kinders word daardeur liggaamlik ongelukkig, en ten slotte ongelukkige vrouens en mans. Dit steur die blinde egter nie; hy eet immers ook veel swaarder gifstowwe - waarom sou hy die twee ligtere gifsoorte dan nie eet nie?!

[14] Maar Ek sal vir die mens nog één keer die vir hom geskikte kosse vasstel; as hy homself daaraan sal hou, sal hy gesond word, gesond wees en bly; rig hy homself daar egter nie na nie, dan moet hy ook maar as boosaardig wild in die woestyn te gronde gaan.

[15] Maar nou genoeg oor hierdie hoogs noodsaaklike verklaring, en dus weer terug na die hoofsaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205