Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Persoonsregister/Wie is Wie

(vir die hele werk wat bestaan uit `n reeks van 11 boeke)

Die Romeinse syfers gee die boek aan, gevolg deur die hoofstuknommer.

Abgarus, koning van Edessa, kom in Antiochië by die Heer en neem Sy leer aan (VI/140). Hier word ook gespreek oor die latere briefwisseling tussen Abgarus en die Heer; dit word opnuut deur Lorber opgeteken. Een van die briewe van die koning word deur Kado (sien aldaar) na die Heer gebring: VIII/171 en volgende.

Achaïa, dogter van `n ryk Griek uit `n heidense dorp, was vanaf haar geboorte blind en word deur die Heer weer siende gemaak, waardeur die hele dorp bekeer word (ook word die Mercuriustempel wat daar staan, tesame met die heuwel, deur die Heer weggevee): IX/32.

Agamelom, koopman (heet Phoikas voordat hy as Griekse jongeling deur `n Judeër in Tirus aangeneem word) ontmoet die Heer in die herberg in die Jordaandal (by Mucius): vanaf XI/7; bied homself aan vir die Heer (XI/11) en deurdat sy innerlike gesig geopen word, sien hy hoe `n engelgees skeppende werk verrig (XI/12). Op aandrang van die Heer verlaat hy die beroep van koopman en gaan as leerling by Mucius woon.

Agrikola, vername Romein, wat met `n geselskap Grieke en Romeine op soek was na “die grote profeet”. Vanaf Jerusalem het Maria Magdalena hulle na die herberg op die Olyfberg gebring, waar die Heer besig was met die wat Syne was: vanaf VI/181. Agrikola erken die Heer: VI/188. Uit die scenario VIII/110 waar Agrikola met sy reisgenote die Heer en Syne na Bethlehem begelei en dan `n troep Romeinse soldate ontmoet, kan mens uitmaak dat Agrikola `n baie hoë pos in diens van die staat beklee. En in VIII/114 spreek die Romeinse hoofman hom aan as: ”magtige gesagsdraer van die keiser” en “opperste wetgewer en hoogste uitvoerder van die wyse Romeinse wette” (sien ook VII/11).

Agrippa, vername Romein van koninklike afkoms (VIl/139), woon met sy vriend (of broer?) Laïus (VII/139: 2) in Emhaus, en is aanwesig as die sewe Nubiërs uit “die hartjie van Bo-Egipte” in die herberg van Nikodémus in Emhaus aankom, die Heer herken en in ooreenstemming met diens, wil sien waartoe “volkome mense” in staat was: VII/137 en verderaan Agrippa en Laïus het die leier van die Nubiërs al in Bo-Egipte leer ken en het toe al sy geestelike “mag” om die natuur te beheer, bespeur; die vorige dag het Agrippa dit aan Nikodémus vertel: VII/89.

Agab, seun van Thomas van Toreh, afkomstig uit Bethlehem, was een van die drie fariseërs van Jesaïra wat deur die Heer geroep word: I/182. Hy is by die Heer in Genésaret: II/121.

Ahásveros, die “ewige Judeër” uit die legende. Die Heer benadruk in XI/74 dat daar nooit `n Judeër Ahásveros was wat Hom uit sy huis verjaag het nie.

Anastocles, die Griek, waaroor die Heer vertel in die ingelaste episode Uit die “Kindergeskiedenis van Jesus” vanaf VII/205.

Andréas, eerste leerling van die Heer, was `n broer van Petrus (Simon Juda): I/8. Die eerste keer uitgesonder in: I/134. Welbekend met die sterre IX/139. Besigtiging van Mars.

Apollon, ou dienaar van Kado, vir die eerste keer genoem as hy vertel van die drie ligtende wolke op Patmos: VIII/177. Vanaf VIII/181 is Apollon (hier “die ou dienaar” genoem) met Kado by die Heer in Jérigo en word opgewek om `n leerling te word en die evangelie te versprei: VIII/191; spoedig hierna stig hy `n gemeente wat sy naam aanneem, dit word in die teks vermeld.

Apostel/leerling, Die twaalf (eerste): I/34; 1. Simon, aan wie Jesus die bynaam Petrus gegee het; 2. Andréas, broer van Simon Petrus; 3. Jakobus, seun van Zebedéüs; 4. Johannes, broer van die genoemde Jakobus; aan wie Jesus die bynaam Boanérges gegee het,wat beteken “seuns van die donder” 5. Filippus; 6. Bartholoméüs; 7. Thomas; 8. Matthéüs die tollenaar; 9. Jakobus, die seun van Alféüs; 10. Lebbéüs, ook Thaddéüs genoem; 11. Simon van Kananítes; 12. Judas Iskariot.

ArgiEl, engel wat in “Kana in die dal” `n skrifrol vir Philopold gaan haal, met sy onderneming uit sy vorige wêreld (die ster Procyon of Akka): I/213; gee die satan bevele: I/225; help by die weghaal van die skatte uit die druipsteengrot en sluit die ingang met rotsblokke af: II/4-6.

Arts, die jongeling in Chotinodora aan die boloop van die Eufraat. Saam met die tollenaar Jored en sy familie word hy bekeer tot die leer van die Heer: Vanaf VI/84.

Asiona, dorpshoof van die vissersdorp in die baai van die Wit Meer, `n stoïis en siniese mens: V/174 en verderaan; word saam met Hiram eers deur Johannes en daarna deur die Heer Self geleer en bekeer: vanaf V/180; gee erkenning aan die Heer: V/206 (verdere gebeurtenisse in die vissersdorp sien by Epifanes en Hiram).

Bab uit Násaret word deur die Heer genees van hondsdolheid: II/68.

Barabbas, `n aanvoerder van die roofsugtige stamme uit die woestyn, wat by die volk in legendariese aansien staan as `n geswore vyand van die rykes, en as beskermer van die armes. Nadere gegewens oor die omstandighede van sy gevangeneming: XI/60.

Baram, timmerman in Jesaïra, verskaf aan die Heer huisvesting: I/178. Sy wedstryd met Kisjonah oor die liefde: I/224.

Barnabas, een van die fariseërs uit die groep wat by die poort van die stad Nebo die Heer bespot (ook `n kameraad van Dismas): vanaf X/163. Nadat die Heer die groep deur veertien grimmige leeus aan die grond, asof vasgenael, laat staan het, erken hy die krag van Jesus en almal bekeer hulleself tot die ware geloof.

Barnabé, woon in die bergdorp “aan die anderkant van die meer,” wie se gebreklike dogter Elisa deur die Heer genees word: V/262. Barnabé was as fariseër aanwesig in die tempel, toe die twaalfjarige Jesus daar onderrig gegee het, en het presies geweet dat Jesus die beloofde Messias was. Dit was vir Barnabé die rede om die tempeldiens te verlaat, en om homself in die eensame bergdorp terug te trek V/263. Alle inwoners word bekeer en die dorp ontvang van die Heer groot weldade: V/269 en verderaan

Bartholoméüs, apostel/leerling van die Heer, was vroeër in diens van die Esseners en lig die ander leerlinge, veral Judas, in oor hulle bedrieglike aansien - II/98 en verderaan

Boris, arts te Násaret: I/228, word deur die Heer in die huwelik bevestig met Sarah (die dogter van Jaïrus)wat tweekeer uit die dood opgewek word: II/44. Boris is aanwesig by die opwekking van Josoë: II/70.

Bos, behoort tot die tempelgroep van Mathaël, hy was een van die vyf besete straatrowers wat genees word en hom bekeer: III/127. Bos, skrifgeleerde en kameraad van Joram, word in die herberg van `n mark in Galilea, deur die Heer bekeer: IX/82 en verderaan

Chivar, fariseër uit Jerusalem, het met `n groep fariseërs na Násaret gekom om te spioeneer; na `n lang gesprek bekeer hy hom as eerste van `n groep vir die Heer: II/52 en verderaan

Cornelia, deur die Heer opgewek en die dogter van Cornelius: I/128 en verderaan

Cornelius, jongste broer van die burgemeester Cyrenius (sien “Die Kindergeskiedenis van Jesus”); tree in “Die nuwe openbaring van Johannes ” vir die eerste keer in Sigar op, sonder dat sy naam genoem word: I/60 tot 82; hy was `n Romeinse owerste in Kapernaum: I/87; versoek die Heer om sy dogter Cornelia op te wek: I/128. Hy stel homself teenoor die lasterende fariseërs: I/131 en teen die tempelintriges. Hy ontmoet die Heer weer by Markus: III/166 en verderaan. Sy leeftyd is ongeveer sestig jaar: III/167; hier word, tesame met Markus, herinneringe opgehaal van `n gesamentlike jagtog inVindobona. Cornelius herinner homself aan sy aanwesigheid in die geboortegrot by Bethlehem en was behulpsaam by die vlug van die heilige familie: III/179; verwysing na Cornelius, die jongste broer van keiser Augustus III/202: 9; Cyrenius was ook sy broer: IV/84 en X/83. Cornelius word deur die Heer aangewys om die volkome bekeerde voormalige misdadiger Zorel aan te neem, totdat Zorel as gesant na die Grieke gestuur word: IV/83 en verderaan

Cyrenius (sien ook die uitvoerige inligting in die boek “Die Kindergeskiedenis van Jesus” waarin die magtige Cyrenius beskryf word as `n lojale beskermer van die heilige familie). Cyrenius was as broer van keiser Caesar Augustus (V/149: 4) `n oom van die Romeinse keiser, of anders gesê hy was `n neef van Cyrenius (IV/104: 13). Hy was `n Romeinse stadhouer oor alle Asiatiese lande en oor Egipte. Hy ken Jesus al uit Sy kindertyd in Ostrasine (Egipte) en is een van die mees onvoorwaardelike en onwankelbare aanhangers. Cyrenius neem die koningseun Josoë wat deur die Heer uit die graf opgewek is, aan.  II/80; hy kom met hom by sy vroeëre krygskameraad, en nou veteraan Markus, in dié se hut by Caesarea Philippi en ontmoet hier die Heer: vanaf II/184. In III/202 word vertel oor die hulp wat Cyrenius aan die heilige familie gee toe hy na Egipte vlug en daar word ook vertel dat hy `n ouer broer van keiser Augustus is, terwyl Cornelius (sien aldaar) `n jonger broer van die keiser is. Twee meisies,wat in die Meer van Genésaret verdrink het, word deur die Heer opgewek en dit blyk dat albei, Gamiela en Ida, dogters van Cyrenius was. Hulle word deur die Heer as bruide uitgegee aan Zinka en Risa (sien aldaar): IV/26 en verderaan (verdere vermelding oor Cornelius as broer, beter gesê, jongste broer van Cyrenius: IV/84, X/83). In die verhaal van die Heer, uit Sy kindergeskiedenis, word die ontmoeting met Cyrenius geskilder,en vele jare later word die plek gevind : VIl/211 en verderaan

Dismas. Een van die fariseërs wat die Heer bespot het by die stadspoort van Nebo: X/163, omdat hy (Dismas) dit gerade geag het om saam met die wolwe in die bos te huil, maar homself dan dadelik tot die leer van die Heer te bekeer, en saam met Hom die stad binnegegaan (terwyl die oorblywende tempeldienare, deur die veertien grimmige leeus,wat deur die Heer opgeroep is, op hulle plek vasgenael bly).

Ebahl (ook Ebal), woon aan die oewer van die meer, in die buurt van Genésaret: II/103 en verderaan Die Heer hou homself met Syne vir `n lang tyd in die herberg op, en bewerk wonderbaarlike genesinge in `n weide wat deur Hom geseënd is: II/154. In die laaste herfs terwyl die Heer rondtrek, kom Hy nogmaals met Syne in Ebahl se huis: X/5 en verderaan

EliJaH(s), (JaH is my God) die profeet word deur die Heer as getuie opgeroep (saam met Moses) en verskyn vir die vier laaste bekeerde fariseërs van die tempel (waarby twee leviete was), nadat hulle self gewens het om die twee profete te sien; daarby word dit duidelik, dat EliJaH ook (die gees) Johannes die doper was: VIl/163. In hom was die gees van die Aartsengel MigaEl: I/2, IV/140.

Eolitus en Polycarpus, twee Grieke wat in die genesende bad van Markus deur die Heer onderrig en bekeer word: Vanaf IX/153. Beide word deur die Heer genees, wat tot gevolg het dat verskillende gaste in die gesondheidsoord bekeer en genees word, veral `n Griekse arts en `n Romeinse regter: IX/164 en verderaan

Efraim van Bethanië, `n vriend van die familie van Lazarus en was aanwesig by die opwekking deur die Heer: XI/35 en 36.

Efraim van Efraim, kom na die burg by Efraim waar die leerlinge vertoef, omdat hy daarin belangstel; hy was vantevore al van die goddelikheid van Jesus van Násaret oortuig en word deur die Heer as allerlaaste leerling opgeneem. Jesus se laaste werksaamhede op aarde: XI/57 “omdat die getal van die geroepenes, wat leermeesters in My skool van die gees sal word, vervul is.”

Epifanes, behoort tot die nedersetting in die arme vissersdorpie by Caesarea Philippi en word beskou as filosoof. Weens spitsvondige twyfel aan die goddelikheid van Jesus, word hy deur die Heer Self in baie interessante besprekings weggevee: Vanaf V/210. Ten slotte word alle dorpelinge as leerlinge gewen (daaronder ook Asiona en Hiram) en hulle vissersdorp aan die “witte baai” word deur die Heer in `n hof van Eden verander: Tot V/217. Hier spreek die Heer ook oor die noodsaaklikheid van eie folterpaal opneem en opstanding: V/220 en verderaan

Faustus, Romeinse opperregter (meester en gebieder oor Galilea en Samaria: I/236), amptenaar in Kis: I/233, word deur die Heer in die huwelik verbind met Lydia, die oudste dogter van Kisjonah: I/236. Laat die skatte uit die druipsteengrotberge: II/5-7. Later is hy ook amptenaar in Násaret: UI/166.

Floran behoort tot die afvaardiging van die vyftig aartsfariseërs uit die afgebrande Caesarea Philippi,wat in die uitvoering van sy pligte as amptenaar, die opperste stadhouer Cyrenius opsoek, wat homself juis in die geselskap van die Heer by Markus bevind. In die volgende gesprekke leer Floran homself ken as `n man wat uitstekend tuis is op die gebied van diens vir die Heer, en ou wyshede. In wie se siel “niks verkeerds” te vinde was: vanaf III/157. (Sy toespraak begin al in III/156, sonder dat sy naam genoem word).

Gaanbi, een van die dertig jong fariseërs, wat as bespieders in die vaste kamp van die Heer by Markus, nie ver van Caesarea Philippi, kom en tydens hulle verblyf daar bekeer word tot gelowige aanhangers van die leer van Jesus: IV/167 en verderaan

GabriEl, die Aartsengel, word deur die Heer geroep: IX/119; hy verskyn “in die gestalte en persoon van die oervader Jared”.

Gamiela, een van die twee meisies wat verdrink het en deur die Heer weer opgewek is en dan blyk dogters van Cyrenius te wees: IV/27. Gamiela word deur die Heer met Zinka (sien aldaar) in die eg verbind: IV/29.

Hahasvar (beteken bewaker van die sterre”), is die oudste van die drie wyses uit die môreland (Persië). Die drie “konings” ontmoet die Heer weer by “die herbergier van Lazarus” in Bethanië: VI/37 en verderaan

Hannas, plaasvervanger van die hoëpriester Kajafas in Jerusalem: XI/73.

Hebram, woordvoerder van `n groep jong fariseërs en leviete, dertig in getal, wat hulleself by die grote geselskap van die Heer in die huis van Markus bevind, as skerp toehoorders en waarnemers. Die Heer verklaar aan Hebram die Hooglied van Salomo: III/19. Hebram en sy metgeselle bly nog lank “blinde visse”, sien III/188 en verderaan

Helna, dogter van Ouran, koning van Pontus, `n wyse Griek, word deur die Heer met Mathael in die huwelik verbind, nadat Mathael deur Ouran tot onderkoning benoem word: vanaf III/82 en III/188 en verderaan

Heléna dogter van die Griekse bewaarder van die straatweg tussen Essea en Jérigo, word deur die Heer genees van haar koors en die hele familie van die bewaarder word bekeer: IX/3.

Helias, mooie jong Judeër, alhoewel van arm ouers, suster van die jong man wat deur die tempeldienare gestenig wil word omdat hy `n toonbrood probeer steel; dit word egter deur die Heer, deur middel van Agrikola, verhinder. In die herberg op die Olyfberg erken Helias die Heer, en aan haar en haar familie word groot weldade bewys deur die Heer: VII/13 enVII/22 en verderaan

Herme, kom as bode uit die afgebrande stad Caesarea Philippi,en bring berig oor die opstand teen die priesters: IIl/140 en verderaan

Herodes, koning in die sin van viervors en “pagter”, aan hom “deur die keiser verleende soewereine regspraak oor die betrokke gebiede wat ook Galilea insluit” Dit was die rede, waarom Pilatus die gevange Jesus uit Galilea na Herodes laat bring het om reg oor Hom uit te oefen: XI/73.

Hibram, die aanvoerder van die slawehandelaars van Pontus (Swart See) met hulle koopware, wat uit meer as driehonderd slawe bestaan het, en na die mark in Jerusalem gebring word, en daar deur die Heer bekeer word, sodat hy alle slawe vrylaat: VII/4 en verderaan. As leerling van die Heer gaan hy met die opdrag vir die stigting van `n apostolaat, na sy land terug: VII/165.

Hiponias, oudste van die drie seuns van die gestorwe Hiponias (uit die streek van Bethlehem) met sy broers Nojed en Rasan in Jérigo deur die Heer self “tot alle waarheid gelei word”. Nadere gegewens onder Nojed; vanaf IX/15 e. v.

Hiram, `n Griek, een van die inwoners van die “arm vissersdorp” by Caesarea Philippi, vertel van sy droom oor die aankoms van die Heer met Sy twaalf leerlinge/apostels op `n skip, wat hom tot die waarheid gelei het: V/179 en verderaan; hierby sluit `n lang en baie interessante gesprek met Johannes aan oor bekering en onderrig deur die Heer vanaf V/196; Hiram erken die Heer: V/206 (sien verder by Asiona en Epifanes).

Ida, die jongste van die twee susters wat verdrink het en deur die Heer weer opgewek is, en wat deur Cyrenius as sy dogters herken word: IV/27. Ida word deur die Heer in die huwelik verbind met Risa: IV/28.

ImmánuEl, sal volgens JeshaJaH die naam wees van diegene wat deur die Maagd gebaar sal word, dit beteken “God met ons”: VII/188 (sien ookVII/197: ll).

IrhaEl, die Judese vrou by die Jakobsbron: I/26. Word deur die Heer in die eg verbind met die arts Joram in Sigar: I/33.

Iskariot, sien Judas.

Jesus, Hebreeuse Naam van ons Verlosser, wat beteken “JaHWeH verlos” en wat na Grieks toe vertaal is as Ieuses wat later Jesus geword het. Eiename is onvertaalbaar en daarom is Sy Hebreeuse Naam deurgaans in hierdie boek gebruik.

Jakob (Jakobus), jongste seun van Josef uit sy eerste huwelik, word daarom as “broer van die Heer” aangedui, was in die tyd toe Jesus gebore is, ongeveer vyftien jaar oud. Skrywer van die “Jakobus-evangelie” (Die Kindergeskiedenis van Jesus): I/110, 230 en II/25.

Jakobus, seun van Alféüs, word `n leerling van die Heer: I/134.

Jakobus, seun van Zebedéüs word (tesame met broer Johannes) leerling van die Heer: I/10 en I/12: eerste uitstuur: I/134. Van beide broers Jakobus en Johannes word gesê in VIl/159, dat hy saam “met Jesus grootgeword het”.

Jaïrus, owerste van die sinagoge in Kapernaum, wie se dogter Sarah deur die Heer uit die dood opgewek is: II/112; Jaïrus laster, en Sarah sterf weer: I/228 en verderaan . Die tweede opwekking van Sarah deur die Heer: II/12. Jaïrus se aftrede as leier: II/49.

Jaïrus, koopman in Sigar: I/55; vriend van die Messias in Sigar: I/57 en verder. ; en in Kis: I/193.

Jara(h), jongste dogter van die ryk grondbesitter Ebahl, wat woon aan die meer by Genésaret. Eerste ontmoeting met die Heer: II/112. Hy sien die hemel geopend: II/115; die Aartsengel RafaEl word haar leraar en leidsman: II/142.

Jezus is die Latynse vorm van die naam Jesus (Hebreeus) of Jesus (Aramees) of Jehoshua, wat beteken “JaHWeH verlos” (sien ook voetnota in “Gawes uit die Hemele” I/20).

JoEl, een van die vyf seuns van Josef: VI/80, IX/114.

Johannes, die jiglyer, vroeër bedelaar, word deur die Heer genees: I/73. Oor sy werk as alleenstaande leerling word in IX/51 vertel.

Johannes, seun van Zebedéüs, lieflingsapostel van die Heer, broer van Jakobus: I/10, 12. Vir die eerste keer uitgesonder: I/134. “Hou jy aan die evangelie van Johannes, want dié evangelie is eweneens die openbaring soos deur sy hand geskrywe” sê die Heer in die aanhangsel by XI “Oor die Jongste Gerig”).

Johannes die doper getuig oor die Heer: I/2. Uitvoerige getuienis van die Heer, waarin Johannes vergelyk word met die maan en Jesus met die son; ten slotte ook `n aanwysing dat Johannes die doper EliJaH is, wat vir die Messias sou terugkom: I/144. “In hom woon die gees van die profeet EliJaH”: I/1 en 2,V/236 en die was voorheen al die profeet Sehel. Hy sal “aan die einde der tye van die aarde, nog `n keer in die vlees na die mense gestuur word”: V/235 en XI/30. In Johannes die doper werk ewenas daarvoor al in die profeet EliJaH met die gees van die Aartsengel MigaEl: I/2, IV/140. As die gees van EliJaH verskyn hy aan die vier pas bekeerde tempeldienaars in dié aan hulle bekende gestalte van Johannes die doper: VIl/163. Oor die besonderhede van die moord op hom: II/82.

JonaEl, bekeerde opperpriester in Sigar, word eers as “owerpriester” aangespreek: I/40; gesprek tot en met: I/52, hier kom eers die naam JonaEl voor. Word aangestel om die evangelie te verkondig: I/82; kom na die Heer in Kis: I/195.

Jorab, die één blinde-oog seun van die herbergier in die stad Samaria; word deur die Heer siende gemaak: IX/53.

Jorabe, die seun van die ryk en strenge tollenaar Jored in die stad Chotinodora aan die Eufraat; hy word deur Jesus opgewek: VI/82 en verder.

Joram, arts in Sigar, kry van die Heer die Judese IrhaEl as eggenote: I/33.

Joram, deur die Heer bekeerde fariseër in die herberg van `n klein markplaas in Galilea: IX/76 en verder

Jordan, van die herberg van Lazarus op die Olyfberg, en word deur sy werkgewer as `n baie regverdige man aangedui: VII/181.

Jored, ryk en streng tollenaar, en eerste bestuurslid van Chotinodora, die stad aan die Eufraat, wie se seun deur die Heer uit die dood opgewek word: VI/82 en verder

Joses, een van die vyf seuns van pleegvader Josef en dus `n “pleegbroer” van die Heer: I/230 en ook VI/80 en VIl/228.

Josoë, koningseun, word deur die Heer opgewek uit die graf: II/70, en word deur Cyrenius as pleegseun aangeneem: II/80.

Josef, pleegvader van Jesus; oor sy liggaamlike dood spreek een van sy vyf seuns uit sy eerste huwelik, Joses: I/230.  Van sy vyf seuns word in X/146 genoem.

Josef van Arimathea, goeie vriend van Nikodémus, onder andere genoem in VII/86 en 136.

Judas Iskariot: dryf handel in vis en erdewerk, wat hy gedeeltelik ook self vervaardig: I/108; word deur Thomas as nuwe leerling gewerf: I/89. In XI/43 `n verklarende beoordeling oor sy tweeslagtige karakter. Oor die politieke planne van Judas met die Heer, gesteun deur Herodes in XI/61. Oor sy verraad wat hy pleeg, omdat hy die doel van die Heer verkeerd verstaan, en sy te laat erkenning daarvan, sy vertwyfeling en sy selfmoord lees ons in XI/66 tot 73.

Julius Caesar verskyn as `n gees aan `n Romeinse raadsheer uit Tirus. Jesus het aan hom die tweede gesig geopen toe Hy twintig jaar oud was; Julius Caesar vertel dan oor sy weg in die hiernamaals: VIl/218. Dit alles word deur die Heer vertel as Hy oor Sy jongelingsjare praat, vanaf VII/205.

Julius, Romeinse hoofman, in Genésaret gestasioneer, eerste ontmoeting met die Heer: II/105 en verder. Word weldra `n oortuigde aanhanger van die Heer.

Jurah, hoort tot die Judese koopliede uit Persië, deur die Aartsengel RafaEl gered toe hy skipbreuk ly op die Meer van Galilea by Vareüs (naby Caesarea Philippi); hy tref daar die groot geselskap van die Heer aan: Vanaf III/190; Jurah praat daar as “tweede afgevaardigde” van sy groep; die eerste keer word sy naam genoem in: III/199: 5.

Justus Platonicus, die Romeinse owerste uit Memphis; die Nubiërs vertoef een jaar by hom (met hulle aanvoerder Oubratouvishar) om onderrig te word in die wysheid van die ou Egiptenare wat aan één God glo: IV/181 en verder, 191-197.

Kado, oudste seun van die gelyknamige Griekse herbergier aan die hoofplein te Jérigo, kom na `n afwesigheid van veertien jaar in sy vaderhuis terug, waar hy die Heer aantref en Hom `n brief bring van koning Abgarus van Edessa: VIII/171 en . verderaan. Kado vertel oor die verskyning van “ligtende wolke” op Patmos: VIII/177 en verderaan

Kajafas, hoëpriester in Jerusalem: XI/72; hy stuur Jesus na die dood: VII/83, 84, 86.

Kisjona(h), ryk eienaar van die dorp en die tolhuis in Kis: I/146; hy bied moeder Maria en die liggaamlike seuns van Josef in Kis `n nuwe huis aan met bougrond daarby: I/230. Hy wedywer in liefde met Baram: I/224. Die Heer besoek sy boerdery in die berge: I/151 en verderaan. Opnuut ontmoet hy die Heer by Markus: UI/166. Weer `n nuwe oponthoud van die Heer in Kis: VI/25 en verderaan

Koban, gasheer in Kana; op sy bruilof verrig die Heer die wynwonder: I/10; volg sedertdien die Heer: I/93. Sien ook by Simon van Kana, waar Koban meestal genoem word.

Korah, word na die aftrede van Jaïrus die nuwe owerste van die sinagoge in Kapernaum. Praat met die ou priester Roban: II/83. Alles kom ten slotte in orde met Korah: II/89.

Laïus, ryk, vername Romein, wat met sy vriend (of broer) Agrippa aldaar in Emhaus woon: VII/89 en 137 en verderaan.

Lazarus, die vader in Bethanië, oor wie se dood Mathael berig: IV/134 en verderaan. Die Heer lig dit toe, lewensgeskiedenis van vader Lazarus: IV/138.

Lazarus, die seun van die bogenoemde Lazarus, is `n ryk grondbesitter in Bethanië en besit `n herberg in Bethanië en op die Olyfberg. Hy is `n troue vriend van die Heer. Die Heer hou homself op in Bethanië: VI/5 en verderaan; daar word `n groep Judese tempelpriesters bekeer: VI/15. Die susters van Lazarus, Martha en Maria van Bethanië. Lazarus neem 120 bedelaars wat deur die Heer genees is en ander armes uit die omgewing van Jerusalem en Bethlehem as landarbeiders aan: VI/24. Hy sterf: XI/32 en verderaan: en word opgewek deur die Heer: XI/36. (Oor die persoon van Lazarus en meer oor hom ook in die teks “Lazarus” in die aanhangsel van XI).

Leander (as Griek gebore), hoofman in diens van Herodes, stel onder `n Judese owerste, tesame met `n groot groep krygsknegte `n ondersoek in na die Násarener om hom gevange te neem. Met die oortog na die landingsplek by Markus, slaan alle skepe om, behalwe die van die owerste. Leander en enige van die ander bereik die oewer. Leander kom voor die Heer te staan: IX/198 en verderaan.

Lebbéüs, ookThaddeüs genoem, een van die twaalf eerste leerlinge van die Heer: I/134.

Lukas, die evangelis, was skilder (“ontwerper” veral van patrone op materiaal) en digter: I/128. In die aanhangsel by XI sê die Heer: ”Hy skryf sy evangelie eers 50 jaar na My”, asook die Handelinge van die apostels, dit word saamgestel uit verskillende inligtingsbronne. Enige onjuiste toevoeginge in albei tekste was afkomstig van die vriend van Lukas, Theophilus in Athene.

Lydia, oudste dogter van Kisjonah, word deur die Heer in die eg verbind met die opperregter Faustus: I/236.

Magdalena van Magdalon, is dieselfde as Maria Magdalena; sien verder by Maria Magdalena.

Marcius, eerste kneg van Mucius in die herberg in die dal van die Jordaan; was vroeër in diens van die Romeinse wapenbroers: XI/2.

Markus, seun van die apostel Petrus (Simon Juda), word deur Petrus as skrywer aanbeveel en kom tot die Heer: I/89. `n Op die geskiedenis vooruitlopende skildering van sy latere sendingsreis na die toenmalige “nuwe” Babilon (later Bagdad) met sy vader; sterf `n martelaarsdood aldaar: X/161 en verderaan.

Markus, Romeinse veteraan, woon in `n hut aan die oewer by Caesarea Philippi en vertel oor sy lewe: II/181. Die Heer kom vir die eerste keer in sy hut: II/175. Daar besoek ook Cyrenius hom: II/184 en verderaan. Nadat Markus deur `n wonder van die Heer, veel groter besittings verkry (geneeskragtige bron!), benoem Cyrenius hom as hoof van Caesarea en omgewing


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205