Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 27 - Die ware aanbidding van God in Gees en Waarheid

17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie `n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie `n man nie;

27 Die vrou antwoord baie snipperig: “Ek het geen man nie!”, waarop Ek haar met `n glimlag antwoord: “Dit was saaklik, goed en korrek. Nou het jy werklik die waarheid gepraat.

18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy in Waarheid gesê.

[2] Jy sien, My geliefde, jy het alreeds vyf mans gehad en, aangesien jou natuur nie in ooreenstemming was met hulle s`n nie, het hulle gou siek geword en gesterf, want nie een kon meer as `n jaar met jou uithou nie. Jy het bose ongediertes in jou liggaam gehad, en jou ongediertes maak spoedig enigeen dood wat saam met jou slaap. Die man wat jy nou het is nie jou man nie, maar slegs jou minnaar tot beide van julle se vernietiging. Ja, ja, jy het alreeds aan My die Waarheid vertel.”

19 Die vrou sê vir Hom: Heer, ek sien dat U `n Profeet is.

[3] Hierop word die vrou oorbluf, maar wil haarself nie verbind nie en sê na `n ruk: “Meneer, ek sien dat U `n Profeet is. Aangesien U so baie weet, sal U ook weet wat my kan help?

20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.

[4] Ek is bewus dat God alleen in sulke dinge kan help, maar hoe en waar moet Hy aanbid word? Ons vaders sê dat God op berg Gerasim aanbid moet word waar die eerste stamvaders Hom aanbid het. Maar U sê dat Jerusalem die korrekte plek is waar God aanbid moet word. Aangesien U voor die hand liggend `n profeet van God is, sê asseblief vir my waar God werklik effektief aanbid kan word. Want kyk, ek is nog jonk, en mense sê dat ek baie aantreklik is. Dit sal vreeslik wees as my ongediertes my sal verteer terwyl ek nog lewe. Ag, wat `n arme, ellendige vrou is ek nie.”

21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom `n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die VADER sal aanbid nie.

[5] Ek spreek: Vrou, “Ek ken jou armoede, jou ellende en jou siek liggaam, en ek ken ook jou hart wat nou nie werklik die beste is nie, maar wat ook nie te sleg is nie. Waarlik, dit is die rede waarom Ek nou met jou praat. Waar die hart nog redelik goed is, is daar nog elke moontlikheid vir hulp. Maar jy is baie verkeerd deurdat jy twyfel waar God waardig en effektief aanbid behoort te word.
[6] Glo My wanneer Ek jou vertel: Daar kom `n uur en dit is alreeds hier wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die VADER sal aanbid nie.”
[7] Hierop skrik die vrou en sê: “Wee my, wee die hele volk! Wat sal dan van ons word? Dan moes ons sekerlik verskriklik oortree het, net soos die Judeërs? Maar hoekom het JaHWeH nie vir ons hierdie keer `n profeet gestuur wat ons kon waarsku nie? Alhoewel U as `n ware profeet na ons toe gekom het, wat is die nut as U nou sê: God sal in die toekoms nie op die berg en nie in Jerusalem aanbid word nie? Beteken dit dan dat – wat ek nou skielik van U ernstige gesig kan lees – dat God Sy volk heeltemal sal versaak en woning gaan soek by `n ander volk? Waar op aarde sal dit wees? O, vertel my, sodat ek daarnatoe kan gaan om God, die Vader te aanbid as `n ware berouvolle persoon, waar ek Hom as `n misrabele vrou kan versoek om nie my volk heeltemal te verlaat nie.”
[8] Daarop antwoord Ek; “Nou luister baie mooi na My, sodat jy kan verstaan wat Ek sê. Waarom is jy so vol twyfel en vrees? Dink jy God is net so troueloos oor die nakoming van Sy beloftes soos wat die mense teenoor mekaar is?

22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ONS aanbid wat ONS weet, want die Lossing is uit die Judeërs.

[9] Jy klim die berg uit om daar te gaan aanbid, maar jy weet nie wie of wat jy aanbid nie. Dieselfde geld vir die wat in Jerusalem aanbid. Hulle hardloop tempel toe, terwyl hulle `n groot geraas maak, maar hulle weet ook nie wat hulle doen en wie hulle aanbid nie.
[10] Hoe dit ookal sy, soos God dit deur die mond van sy profete uitgespreek het, die lossing kom nie van julle nie, maar is uit Judah. Lees net die derde vers van die tweede HOOFSTUK van die profeet JeshaJaH, en jy sal dit vind.”
[11] Sê die vrou; Ja, ek weet dat dit geskryf is dat die wet vanuit Sion uitgaan, aangesien sy ook daar in die Ark van die Verbond gehou word. Maar waarom sê U dan; Nie op die berg nie en ook nie in Jerusalem nie.”

23 Maar daar kom `n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die VADER in Gees en Waarheid sal aanbid; want die VADER soek ook mense wat HOM só aanbid.

[12] Ek spreek: “Jy het My nog nie verstaan nie. Waarlik, God, die Vader van ewigheid is nie `n berg nóg `n tempel nóg `n Verbondsark en wandel nie op die berg of in die tempel of in die verbondsark nie. Daarom het Ek jou vertel: Die tyd kom nader, en dit is voorwaar reeds hier voor jou oë, wanneer die ware aanbidders (soos jy hulle hier onder die bome in groot getalle sien rus, sommige wat jy alreeds in die dorp ontmoet het terwyl hulle voedsel gaan koop het) God, die Vader in Gees en in Waarheid sal aanbid, want van nou af wil die Vader hê dat die mense Hom so moet aanbid.

24 Die God is Gees; en die wat HOM aanbid, moet in Gees en Waarheid aanbid.

[13] Want waarlik, God is een gees en die wat Hom aanbid moet Hom in Gees en in Waarheid aanbid.
[14] En daarvoor is geen berg of enige tempel nodig nie, maar slegs `n liefdevolle, nederige en `n so suiwer as moontlike hart. As die hart is wat die veronderstel is om te wees, naamlik `n houer vir die Liefde van God, `n houer vol sagmoedigheid en ootmoed, dan sal so `n hart die volle Waarheid hou. En waar daar Waarheid is, is daar Lig en vryheid, want die Lig van Waarheid maak elke hart vry. As die hart eenmaal vry is, is die hele persoon ook vry.
[15] Daarom, hy wat God liefhet met so `n hart, is `n ware aanbidder van God, die Vader, en die Vader sal altyd sy gebed verhoor. Hy sal slegs na `n man se hart kyk en sal geen aandag skenk aan die plek van aanbidding nie, want dit is werklik onbelangrik, of dit die berg of die tempel is, want die aarde behoort orals aan God. Ek dink jy sal My nou goed verstaan het.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205