Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 3 - Die menswording van die Ewige Woord

[Johannes 1: 14-16]

14 En die Woord het Vlees geword en het onder ons vertoef - en ons het Sy Glansrykheid aanskou, `n Glansrykheid soos van die Eniggeborene wat van die VADER kom - vol van Barmhartigheid en Waarheid.

[3] Wanneer die mens op hierdie manier die ware seunskap van die God bereik waarin hy as`t ware gebore is van God, die Vader of die Liefde binne God, bereik hy die Glansrykheid van die Oorspronklike Lig in God wat eintlik die geestelike oorspronklike Wese Homself is. Hierdie Wese is die eintlike Seun verwek vanaf die Vader net soos die Lig verborge rus binne die warmte van die Liefde, solank die Liefde dit nie versteur en dit uitstraal uit homself nie. Dus is hierdie heilige Lig eintlik die Glansrykheid van die Seun vanaf die Vader wat bereik word deur elkeen wat wedergebore is en hy word dus gelyk met hierdie Glansrykheid, wat gedurig vol barmhartigheid (God se Lig) en Waarheid is, as die ware wesenlikheid of die vleeslike Woord.

15 JOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.

[2] Hiervoor getuig Johannes weer die waarheid en onmiddellik na die was/doop in die Jordaanrivier—sodat hy Hom `n waardige ontvangs kan gee—wys hy die mense daarop dat die Een wie hy nou net gewas/gedoop het, Hy is van wie hy gespreek het tot die mense gedurende sy prediking oor bekering dat Hy wat na hom (Johannes) sal kom, bestaan het voor hom. In `n dieper sin beteken dit: Hierdie is die oorspronklike fundamentele Lig en Eerste Oorsaak van alle lig en Bestaan wat alle bestaan voorafgegaan het, en alles wat bestaan het, het daaruit voortgekom.

16 En uit Sy volheid het ons almal ontvang, ja, Barmhartigheid op Barmhartigheid.

[3] Hierdie Oorpronklike Lig, egter, is ook die ewige groot Glansrykheid in God, en God Homself is die Glansrykheid, hierdie Glansrykheid was van ewigheid af God Homself binne God, en alle wesens het hul bestaan en hul lig en hul onafhanklike lewe ontvang van die volheid van hierdie Glansrykheid.
[4] Daarom is alle lewe barmhartigheid van God, wat die lewedraende vorm deur en deur vul. Want in dit self is dit dieselfde Glansrykheid van God. Die oorspronklike lewe in elke mens is `n EERSTE BARMHARTIGHEID van God, maar dit is beskadig deur die verswakking van die gevoel van verheffing deur die nederige gevoel van in bestaan kom, en daardeur voortspruitend, die onafwendbare afhanklikheid van die Oorspronklike Lig en Eerste Oorsaak van alle bestaan.
[5] Omdat die eerste barmhartigheid binne die mens in gevaar was om totaal verlore te gaan, het die Oorspronklike Lig Homself in die wêreld gekom en het weereens die mense geleer om hierdie eerste barmhartigheid aan die Oorspronklike Lig oor te laat of eerder om totaal terug te keer na hierdie oorspronklike bestaan om hier `n nuwe lewe te ontvang vir die ou lig. En hierdie ruiling is die ONTVANG VAN BARMHARTIGHEID OP BARMHARTIGHEID oftewel die weggee van die ou, verswakte, heeltemal nuttelose lewe vir `n nuwe, onvernietigbare lewe in en van God in alle volheid.
[6] Die eerste barmhartigheid was `n noodsaaklikheid waarin daar nóg vryheid nóg ewigheid is. Maar die tweede barmhartigheid is volkome vryheid sonder enige dwang en daarom, omdat dit nie gedwonge of geforseerd is deur enigiets nie, ook vir ewig onvernietigbaar. Want waar daar geen vyand is nie, is daar ook geen vernietiging nie. Met die begrip vyand moet verstaan word alles wat `n vrye bestaan verhoed.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205