Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 32 - Die Samaritane herken die Heer en aanvaar hom

39 En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

31 En so het dit tot die aand toe aangegaan, en baie van die wat vanaf die dorp na My toe gekom het, het nou in My geglo, aanvanklik, as gevolg van die vrou se getuienis, wie nou met vurige woorde die dorpsmense vertel hoedat Ek haar alles vertel het wat sy ooit gedoen het. Daarna het baie egter geglo as gevolg van wat die leerlinge hulle omtrent My vertel het.
[2] Want daar was sekere mense onder hulle wat goed onderrig was in die Skrifte. Hulle sê: “Hierdie Een praat soos Dawid wat sê: ‘Die verordeninge van JaHWeH is elkeen waar en regverdig, meer begeerliker as goud, suiwer goud in oorvloed, soeter as stroop of heuning van die heuningkoek. My begeerte is om U Wil te doen, o JaHWeH en U wet is in my hart. In die groot vergadering het ek bekendgemaak wat reg is, ek het nie my woorde teruggehou nie, soos U weet, o JaHWeH, ek het nie U goedheid in my hart verborge gehou nie, ek het U getrouheid en reddende Krag verkondig, en nie U onfeilbare Liefde en Waarheid van die groot vergadering verborge gehou nie.’ Maar ons weet dat ons getuienis vol Waarheid en Krag is, want Hy wat so praat en optree, soos Dawid voor Hom in Sy Naam gespreek en opgetree het, is die ware en beloofde Messias. Tot op hierdie Een, na Dawid het niemand so gespreek en opgetree soos Dawid nie, daarom moet hierdie Een verseker die Mashiag wees, die Messias van God vir ewig. Daarom sal ons Hom heeltemal aanvaar.”

40 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.

[3] Nadat hierdie Samaritane onder mekaar van My getuienis gegee het, het hulle My baie eervol barmhartigheidr en My gesmeek om by hulle te bly. Want hulle sê: “Heer, U wat die Ware Messias is soos ons U nou herken het, bly by ons, want in Jerusalem sal u baie min aanvaarding vind, maar eerder meer ongeloof en allerhande soorte vervolging. Op die hele aarde is daar nie iets erger as `n fariseër nie. Nie op land of op water nie. Hier sal U egter behandel word soos dit gepas is vir die Een wie Moses, Dawid en die profete aan ons belowe het.”
[4] Maar Ek sê vir hulle: “Dierbare manne van Sigar, Ek is verheug dat Ek so `n goeie oes in julle land afgehaal het, maar dit sal nie reg wees vir My om hier te bly waar Ek die wat siek is, genees het, waar hulle nou in `n goeie toestand verkeer en Ek die baie siekes elders verontagsaam. Ek sal vir twee dae by julle vertoef en op die derde dag My reis na Galilea voortsit.”

41 En baie meer het op grond van Sy woord geglo

[5] Daarop het baie meer na hom toe gekom, die wat vroeër nie volkome in Hom geglo het nie, en nou hulle onwrikbare vaste geloof bely. Maar die vrou was ook daar, goed geklee, en sê vir die wat nou glo: “Liewe vriende, julle sal my nou eervol aanvaar, sal julle nie? Want dit was ek wat julle eerste die weg hierheen gewys het, toe julle my grappenderwys gevra het waar dit brand.”

42 en aan die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Messias, die Verlosser van die wêreld is.”

[6] Die Samaritane sê: ”Aangesien die Heer jou aanvaar het voor ons, word jy ook deur ons as eervol aanvaar soos wat dit die gebruik in Sigar is. Maar van nou af glo ons nie op grond van wat jy gesê het nie, want ons het Hom nou self gehoor en Hom erken as die ware Messias, die Verlosser van die wêreld. Jy sal ons nie meer kan laat glo as wat ons reeds glo nie, daarom, as jy nie meer sal sondig nie, sal jy met die grootste respek deur ons behandel word.”
[7] Die vrou sê: “Ek het nie naastenby so veel gesondig as wat julle ongelukkig mag dink nie. Voordat ek `n man se vrou geword het, het ek op `n ordentlike manier geleef soos wat dit `n vrou betaam. Dat ek onvrugbaar was en dat elkeen van my vyf wettige mans moes sterf kort nadat hulle met my geslaap het, daarvoor kan ek onmoontlik geblameer word, veral vir hulle van wie ek sodanige vleesaandoening gekry het dat ek daarna onooglik was vir enige man. Nadat ek vyf mans verloor het, wat my onmeetbaar bedroef het, het ek besluit om nooit weer te trou nie. Maar `n jaar later het daar `n geneesheer na Sigar gekom wat met kruie, olies en salwe baie mense genees het. Aangevuur deur my groot droefheid, het ek ook hom om hulp barmhartigheid.”
[8] Hy het my ondersoek en gesê: “Vrou, ek sal die wêreld versit om jou te help, want ek het nog nooit `n meer beeldskone vrou gesien nie. Alhoewel ek jou nie kan genees nie, kan ek jou kwaal verlig.” “Hy het sy intrek in my karige woning geneem, my daagliks kalmerende geneesmiddels gegee en na my omgesien, maar hy het nog nooit my siek liggaam met bose bedoelings aangeraak nie, soos wat julle verkeerdelik mag dink nie.”
[9] “En daarom is ek natuurlik altyd `n sondaar in die oë van God, soos wat julle almal nie betwyfel nie, maar in julle oë glo ek nie dat ek so `n groot en walglike sondaar is as wat julle veronderstel nie. Vra die Een wat hier by Jakob se put sit en wat my vroeër alles vertel het wat ek gedoen het. Hy sal julle vertel tot watter mate ek die reputasie van `n openbare sondaar verdien al dan nie.”
[10] Hierop kyk die Samaritane verbaas na mekaar en sê vir die vrou: “Kom, kom, moenie meer bekommerd wees nie, ons het nie regtig so sleg gedink nie. Jy sal nou `n geëerde burger van Sigar word. Is jy nou tevrede?”
[11] Die vrou sê: “Ag, moenie oor die eer van `n arm vrou bekommerd wees nie. Ek het alreeds die grootste deel van die eer vir myself geneem.”
[12] Die Samaritane sê: “Hoe het jy dit gedoen? Ons weet niks van `n orde van eer wat die dorp aan jou gegee het nie. Waar het jy dit vandaan gekry?”
[13] Die vrou antwoord terwyl sy na My wys met trane van ware liefde en egte dankbaarheid. “Hier, Hy rus nog eers. Hy alleen is nou my grootste eer, `n eer wat nie julle nie en nie die wêreld aan my kan toeken of van my kan wegneem nie. Want Hy self het dit aan my gegee, en van Hom het ek dit geneem. Ek is terdeë bewus van wat ek is dat ek volkome onwaardig is om so `n eer van Hom, die Heer van Eer te ontvang. Maar Hy het dit aan my gegee voor julle, en ek het dit voor julle ontvang en julle van Hom vertel, aangesien julle vroeër niks van Hom geweet het nie. Kyk, dit is my voordeel bo almal van julle, wat julle nie vir my gegee het nie en wat julle nie van my kan wegneem nie, aangesien ek dit nou het. Dit is die ware tipe ere - kenteken wat tot in ewigheid geldig is. Julle ere - kenteken is slegs tydelik geldig en in Sigar alleenlik. Ek kan egter daarsonder, aangesien ek die Ewige Een het. Ek hoop julle sal nou verstaan hoe en van waar ek die grootste deel van my eer geneem het.”
[14] Die Samaritane sê: “Hoekom moet jy `n voordeel hê omdat dit so gebeur het dat jy eerste hier uitgekom en die Messias ontmoet het? Ons het hom ook nou gevind en loof Hom in ons harte net soos jy, en Hy het aan ons dieselfde as aan jou belowe deurdat Hy vir twee dae in ons dorp sal oorbly. In die lig hiervan, hoe kan jy nou praat van `n groter eer wat aan jou betoon is?”
[15] Die vrou sê: “Julle dierbare manne van Sigar, as ek met julle moet argumenteer, sal ons nooit ophou nie, ek het julle so pas absoluut waaragtig vertel wat die situasie is en sal dit nie herhaal nie. Sommige van julle het die Romeinse reg bestudeer. Hulle is nou regters volgens hierdie wet en sê dat dit `n wyse wet is. Nou sê hierdie wet, wat ek ook gelees het, want ek verstaan die Romeinse taal, die volgende: Primo occupanti jus (ek was eerste hier en daarom kan jy my nooit ontneem van my goeie reg nie).”
[16] Hierop bly die Samaritane stil, want hulle weet nie wat om haar te antwoord nie, want sy het hulle op hul swak plek geslaan en hulle was onbevoeg om terug te kap. As gevolg van die Judeërs, was hulle goeie vriende van die Romeine en het die wysheid en orde van die Romeinse reg hoog aangeslaan. Daarom het hulle geswyg toe die vrou na die Romeinse reg verwys het.
[17] Dit is geen wonder dat die vrou in die Romeinse taal bedrewe was nie, want die Samaritane het sonder uitsondering Romeins en baie het ook Grieks gepraat, om sodoende selfs deur die taal alle kontak met die Judeërs te vermy.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205