Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die inrig van die huis van IrhaEl uit die hemele

34 Maar My leerling, Johannes vra: “Heer, as dit U wil is, sal ek graag alles nog vannag wil aanteken wat hier plaasgevind het.

[2] Ek sê: “Nie alles nie, My broer, maar net dit wat Ek aan jou sal dikteer om neer te skryf! Want as jy alles moet aanteken wat gebeur het en wat nog gaan gebeur in die volgende twee dae, sal jy baie velle moet volskryf, maar wie sal dit alles kan lees en begryp? As jy egter slegs die hoogtepunte aanteken in die wisseling wat aan jou gegee sal word, dan sal die wyses deur My Naam in elk geval alles ontdek wat hier plaasgevind het en waarom, en jy sal jouself baie moeite bespaar. Daarom, My mees geliefde broer, wees rustig oor jou werk, want jy sal steeds vir ewig die mees belangrikste aantekenaar van My leringe en dade bly.”

[3] Johannes kus My op die bors en aangesien dit goed donker geword het, gaan ons na die dorp na Josef se huis, vergesel deur die vrou en die geneesheer.

[4] Soos wat ons die werklike groot huis nader, ontdek die vrou voorbereidings vir My verblyf in haar huis wat sy in haar wildste drome nie verwag het nie! Want daar is `n goeie aantal goedgedekte tafels, met die regte aantal stoele, daar is goedbeligte lampe van edelmetaal op elke tafel. Die vloere is deurgaans bedek met die mees wonderlikste tapyte, die mure is simmetries behang met geblomde matte, en die mees voortreflikste wyne glim uit die mees sierlikste kristalbekers vir die gaste!

[5] Die vrou is totaal buite haarself en sê na eindelose verwondering: “Maar Heer, wat het U gedoen? Het U dalk U leerlinge in die geheim gestuur om hierdie voorbereidings te tref? Waar het hulle alles vandaan gekry? Ek weet wat ek het, verseker niks wat goud of silwer is nie, maar hier glinster hierdie edelmetale die wêreld vol! Ek het nog nooit so `n kristalbeker gesien nie, en hier is honderde, elkeen ten minste dertig silwerstukke werd. Kyk die wyn, die kos en die vrugte, die lieflike brood en die talle duur tapyte, elkeen ten minste honderd silwerstukke werd, verseker. O Heer, vertel asseblief vir my as arm vrou of U al hierdie dinge saam met U gebring het, of is dit dalk iewers in hierdie dorp gehuur?”

[6] Ek spreek: “Kyk hier, dierbare vrou! By die put het jy gesê dat hierdie huis aan My behoort. Ek het hierdie geskenk van jou aanvaar en aangesien hierdie huis nou Myne is, sou dit nie mooi van My gewees het om jou as gewer te begelei na `n onbehoorlike vertrek nie. Voorwaar, dit is hier soos die een hand wat die ander was, die een voortreflikheid vra vir `n ander! Jy het dit in geheel vir My aangebied soos wat dit was, met jou hele hart, maar Ek gee dit aan jou terug soos wat dit huidig gemeubileer is. Ek neem aan dat jy gemaklik sal wees met hierdie ruil? Want voorwaar, Ek het ook `n paar idees omtrent die regte versierings en smaak.”

[7] En Ek sê aan jou: “Al hierdie, soos alle ander dinge het Ek ook van My Vader geleer! Want selfs die eindelose baie wonings in My Vader se huis is uitgelê in die mees voortreflikste smaak en vol van die allergrootste ornamente, wat jy alreeds goed kan sien as jy noukeurig let op die blomme van die veld, die eenvoudigste wat met meer glorie beklee is as Salomo in al sy koninklike glorie!

[8] As die Vader egter alreeds verganklike blomme so beklee, hoeveel te meer sal HY SY Huis beklee wat in die hemele is!? Maar; wat die Vader ookal doen, dit doen Ek ook, want Ek en die Vader is fundamenteel en volkome Een! Wie ookal vir My ontvang, ontvang ook My Vader! Wat iemand ookal vir My doen, doen hy ook vir die Vader, en jy kan My niks gee wat jy nie binnekort honderdmaal terug sal ontvang nie! Nou weet jy wat nodig is.

[9] Maar laat ons nou aansit en deelneem aan die aandmaaltyd, want daar is baie onder ons wat honger en dors is. Nadat ons onsself versterk het, kan ons hierdie punt verder bespreek.”

[10] Almal sit aan by die tafels, dank en versterk hulleself met kos en drank.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205