Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die leerlinge sien die hemele geopend

35 Na afloop van die maaltyd nader die vrou My weer, maar waag dit nie om te praat nie, aangesien sy gedurende die maaltyd die geneesheer se diensknegte gevra het hoe al hierdie dinge ingebring is. En die diensknegte het gesê: “Dierbare mevrou, alleen God weet wat hier aangegaan het. Ons het die kleinste aandeel hierin gehad. Die geneesheer het absoluut geen aandeel hierin gehad nie, want alles was gereed toe hy gekom het. Wel, voordat hy gekom het, terwyl ons met sy sake besig was, toe daag daar skielik `n uitermatig aanvallige jeugdige op en vertel ons om dit en dat te doen, want die Heer het dit nodig, en ons het onmiddellik begin doen wat hierdie seldsame jongeling vir ons vertel het. Hierdie dinge het werklikwaar op `n eienaardige manier gebeur! Wanneer ons gaan om iets te doen, was dit alreeds gedoen, daarom kan ons slegs sê: Hier het Almagtigheid geheers en die blanke jeugdige moes `n Engel van JaHWeH gewees het! Die saak kan op geen ander manier verklaar word nie. Die Persoon wat vroeër die eetkamer saam met jou binnegekom het, moet `n groot Profeet wees, aangesien die magte van die hemele Hom dien!”

[2] Toe sy die diensknegte so hoor praat, het sy nog meer verskrik geraak en het kwalik gewaag om te praat. Na `n lang tyd sê sy met `n swakkerige stem. “Heer! U is meer as net die beloofde Messias! Dit was sekerlik U wat vir Farao gestraf het, die JisraEliete uit Egipte uitgelei het en die Gebooie donderend aan hulle by die hoë Sinai uitgespreek het.”

[3] Maar Ek sê vir haar: “Vrou! Die tyd om dit aan die mens bekend te maak, het nog nie gekom nie. Hou dit vir die huidige in jou hart! Maar sien toe dat die menigte wat saam met My van Judea af gekom het, na hul slaapkwartiere geneem word, maar bly jy self hier saam met die geneesheer en My leerlinge, wat nou al tien is! Maar gee die skoonste bed vir die vrou aan My sy, die moeder van My liggaam, sodat sy goed kan rus, want voorwaar, die alreeds bejaarde moeder het vandag `n groot reis afgelê en het `n goeie rus nodig om haar te versterk.”

[4] Die vrou is oorstelp om te verneem dat hierdie onopsigtelike vrou My moeder is en sien uitstekend om na haar. En Maria (Maria) loof haar vir haar sensitiwiteit, maar raai haar nietemin aan om te doen soos wat Ek haar beveel het.

[5] Nadat almal gaan slaap het, en die vrou en die dokter tesame met My leerlinge hulleself alleen met My in die eetsaal bevind, sê Ek vir die leerlinge: “Julle sal onthou tydens julle indiensname deur My te Betábara in Galilea dat Ek vir julle gesê het dat van nou af sal julle die hemele geopend sien en die Engele van God neerdaal na die aarde, en voorwaar, dit sal nou letterlik vervul word! Niks van wat julle hier sien en geëet en gedrink het, is van hierdie aarde nie, maar is van die hemele verkry deur die Engele. Maar open nou julle oë en sien hoeveel Engele gereed staan om My te dien.”

[6] Hiermee is die oë van almal geopen, en hulle sien die skare Engele wat neerdaal vanuit die hemele gereed om My te dien. Want soos hulle oë geopen word, verdwyn die mure van die huis, en alles in die hemele word sigbaar geopen.

[7] En Nathaniël sê: “Waarlikwaar Heer, U is getrou en Waaragtig! Wat U gespreek het, het nou wonderbaarlik in vervulling gegaan! Waarlikwaar, U is inderdaad die Seun van die lewende God! God spreek tot Abraham deur Sy Engele, Jakob sien in `n droom die Engele neerdaal en opgaan met `n leer, maar hy het JaHWeH nie gesien nie, slegs `n Engel waar JaHWeH se Naam in sy regterhand gegraveer was. En Jakob, wat Sy wese as Heer betwis het, het begin mank loop as gevolg van `n kragtige hou in die ribbes. Moses het met JaHWeH gespreek, maar het niks behalwe vuur en rook gesien nie, en aangesien hy in `n grot moes wegkruip omdat JaHWeH daar wou verbygaan, was hy nie toegelaat om te kyk nie en JaHWeH het verbygegaan. En toe hy daarna kyk, sien hy slegs die agterkant van JaHWeH, maar moes daarna sy gesig bedek met `n drievoudige sluier, want hy het helderder as die son geskyn en niemand kon na hom kyk sonder om te sterf nie! Daarna was dit slegs EliJaH wat JaHWeH in `n ligte briesie ervaar het! En nou is U Self hier!”

[8] Hier onderbreek Ek vir Nathaniël en sê: “Dit is voldoende, My broer, die uur het nog nie aangebreek nie! Dit is aan `n suiwer siel soos joune wat sonder bedrog en valsheid is gegee om dit waar te neem. Maar hou dit totdat die tyd ryp is. Want sien, nie almal wat My volg is soos jy nie.

[9] Maar die vrou wat nie soos jy was nie, is nou so, daarom het sy `n voorgevoel gehad wat jy wou gesê het. Maar die uur het nog nie aangebreek nie. Laat Moses se sluier finaal afgepluk word van sy skynende gesig wanneer die gordyn in die tempel in twee geskeur het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205