Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die oudste en ware huis van God

39 In hierdie dele (Oostenryk – die vertaler) sal so `n ontbyt nie hoog aangeslaan word nie, maar in die beloofde land, wat spreekwoordelik oorgevloei het van melk en heuning, was hierdie ontbyt mees voortreflik, aangesien veral die heuning in die beloofde land altyd nog die beste was en nog steeds die beste is, terwyl die melk ook beter is as op enige ander plek op aarde.

[2] Voortreflike vrugte is bedien na die maaltyd, en baie het vreugde daarin gevind en God geloof wat vrugte voorsien met so `n kosbare smaak en wat bye die vermoë gee om sulke uitstekende soet heuning te onttrek van die veldblomme, en om dit te dra na hulle kunstig vervaardigde korwe.

[3] Een in die Samaritaanse groep, wat `n wyse was, praat: “God se Wysheid, Alomteenwoordigheid en Goedheid kan nooit hoog genoeg geprys word nie! Die reën daal neer op die aarde, `n miljoen spesies en variëteite van plante, bome en struike absorbeer dieselfde reën en staan in dieselfde grond, tog het elke soort `n verskillende smaak, geur en vorm! Elke vorm is pragtig en aangenaam om te aanskou en niks groei sonder nut nie, en nie eers die mees eenvoudige mos op die rotse groei sonder `n doel nie!

[4] Tel daarby al die diere van die aarde, die water en die lug! Watter menigte en verskeidenheid, van die muskiet tot die olifant, van die myt tot die mees enorme Leviatan wat berge op sy rug kan dra en met die seders van Líbanon kan speel! O, Heer, watter Mag, watter Krag en eindelose diepsinnige Wysheid is daar nie in die God nie, Wie die son, die maan en die tallose sterre lei en aanvoer, wat die see in die diepte hou, wat die berge op die aarde gebou het en wat die aarde haarself in bestaan gespreek het deur die Almagtige Woord.”

[5] Ek sê: “Ja, inderdaad, jy is reg, dit is so. God is die opperste Goedheid, die opperste Wysheid, en soewereine Regverdigheid en het niemand se advies en instruksie nodig wanneer Hy verlang om iets te doen nie. Maar Ek sê vir julle: Ook die mens op hierdie aarde is geroep om so volmaak te word soos die Vader wat in die hemele is.

[6] Dit was onmoontlik tot nou toe, aangesien dood geheers het op die aarde. Maar van nou af sal dit moontlik wees vir elkeen wat in alle erns strewe om te leef volgens My lering.

[7] En Ek dink dat as God dit vir die mens aanbied in ruil vir `n klein poging, naamlik om te voldoen aan My maklike lering, dan moet die mens geen steen onaangeroer laat om hierdie hoogste doelwit te bereik nie.”

[8] Die owerpriester sê: “Ja Heer, die mens moet inderdaad alles beproef om hierdie eindresultaat te bereik! Wie ookal die uitsig van `n hoë berg af wil geniet, moet nie wegskram vir die inspanning en moeite van die klim nie. Wie ookal wil oes, moet eerstens ploeg en saai en wie ookal aan wins dink, moet risiko’s neem. Wie ookal deur vrees niks onderneem nie dat niks gewen kan word nie, kan tog onmoontlik ooit wen! Daarom, Heer, as U ons eenmaal die Weë gewys het, sal dit nie vir ons moeilik wees om te bereik wat U so pas aan ons verkondig het nie, naamlik om so volmaak te wees soos wat die Vader in die Hemele volmaak is.”

[9] Ek sê: ” Verseker so, en Ek wil byvoeg: My juk is sag en My vrag is lig. Maar die mens moes tot nou toe swaar laste dra, maar het niks daarmee bereik nie. Dit moet nog gesien word hoe hulle geloof sal staan deurdat die gewoontevormende gewigtige oue geruil moet word vir die onbekende nuwe. Sal hulle nie uiteindelik sê: As ons niks kon verrig deur moeisame metodes en werk nie, wat sal ons bereik deur kinderspeletjies?

[10] Ek sê vir julle: Julle sal die ou mens soos `n ou kleed moet afgooi en daarna `n totaal nuwe een aantrek! Dit sal nog verseker aanvanklik ongemaklik wees, maar wie ookal nie teruggedryf sal word na die ou nietige gebruike nie, maar opstaan teen die klein ongemaklikheid, sal die volmaaktheid bereik waarvan Ek gespreek het.

[11] Maar julle moet almal nou gereedmaak, want Ek sal binnekort vertrek op die kort rit na die berg. Laat hom wat wil opgaan saam met My, op sy voete kom, en jy, Matthéüs, gaan haal jou skryfbehoeftes! Maar moenie draal nie, aangesien jy kan sien dat Ek feitlik op pad is.”

[12] Matthéüs sê: “Heer, U weet hoe gereed ek is om U te volg! Maar as ek oorgaan na my huis of eerder na waar ek in diens geneem en betaal word deur die Romeine as `n belastinggaarder en skrywer, en ek vasval naby die grenspaal voor die dorp, sal ek soos gewoonlik moontlik baie werk vind, en die Romeinse wagte sal my nie laat gaan nie, alvorens ek die werk nie gedoen het nie. Daarom sal ek dit waardeer as ek vandag genoegsame skryfbehoeftes hier kan kry, en dan in die aand gaan om myne te kry, wat my dan sal hou vir twee volle dae, want ek kan nie meer as drie dae se voorraad van die Romeine kry nie, wat ek ook amper opgebruik.”

[13] Ek spreek: “Vriend, doen net altyd wat Ek jou vertel, en jy sal altyd reg wees! Gaan net soos Ek jou beveel het, en jy sal nie vandag enige werk kry of enigiemand wat by die grenspaal vir jou gaan wag nie! Maar bring ook ander skrywers saam met jou, sodat My woord hier sewevoudig aangeteken kan word!” Matthéüs sê: “Wel, in daardie geval, laat ek weg wees!”

[14] Hierop vertrek Matthéüs, die belastinggaarder, en vind alles presies soos Ek voorspel het. Hy keer kort daarna terug met drie ander skrywers en ons val in die pad na die berg, Gerasim, saam met almal in die huis. Toe ons na een uur by die berg kom, vra die owerpriester vir My of hy moet opgaan en die ou huis van God moet oopmaak.

[15] Maar Ek wys na die talle mense wat ons gevolg het, en sê vir hom: “Voorwaar, vriend, hierdie is die oudste en mees geskikste huis van God, maar dit is baie verwaarloos en Ek wil dit herstel, soos wat Ek met IrhaEl se huis gedoen het! Maar daarvoor is die ou huis nie nodig nie, en hierdie area aan die voet van die berg sal doen. Daar is buitendien `n paar banke en tafels hier, wat vir die skrywers handig sal wees. Open daarom julle ore, oë en harte en wees gereed, want nou sal daar voor julle oë vervul word wat die profeet JeshaJaH geprofeteer het!”

[16] Matthéüs sê: “Heer, ons is gereed om U aan te hoor!”

[17] Nou begin die bekende bergrede, wat in Matthéüs 5, 6 en 7 heel goed weergegee word. - Hierdie prediking duur egter ongeveer drie uur, want Ek praat stadig ter wille van die skrywers.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205