Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 4 -- Omtrent die wet en barmhartigheid [Johannes 1: 17-18]

17 Want die wet is deur Moses gegee; die Barmhartigheid en die Waarheid het deur Jesus die Messias gekom.

4 Die wet is gegee vir die eerste lewe, naamlik, in die begin alreeds aan die eerste mens in die gang van sake deur Moses wie in hierdie vers ook genoem word as `n verteenwoordiger van die wet. Maar omdat die wet `n hindernis eerder as `n bevorderaar van lewe is, kon niemand ooit ware vryheid van lewe verkry deur die wet nie.
[2] Die eerste idees van skepping was geplaas in `n geïsoleerde asof onafhanklike bestaan deur `n positiewe “moet” van die onveranderlike wil van die oorspronklike mag. Daarom, betreffende die skeiding en formering van die bestaan wat deur ruimte en tyd beperk word, was dit verkry deur die onveranderlike “moet”.
[3] Nou was die entiteit, die mens, daar in sy innerlike wese tot `n sekere graad die godheid self of, wat dieselfde is, die oorspronklike wese van God, slegs geskei van sy Eerste Oorsaak, alhoewel hy bewus was daarvan, maar steeds gebonde in `n beperkte vorm en beperk deur `n onveranderlike “moet”. Die geplaaste entiteit het nie behae daarin geskep in hierdie toestand nie, en sy gevoel van verheffing het in `n magtige konflik gekom met sy onvermydelike beperking en verwydering.
[4] Aangesien in die heel eerste lyn van wesens die konflik steeds groter geword het in intensiteit, moes die groot fundamentele wet stywer getrek word om die wesens tydelik in `n ferm oordeel te hou wat bestaan het in die manifestasie van die materiële soliede wêrelde en die daarby geaffekteerde groter verdeling van die oorspronklike wesens.
[5] In die tweede lyn van wesens verskyn die mens, geklee in vlees, en staan op die grond vir sy eerste oordeel. Nieteenstaande sy nou driemaal verwydering van sy Eerste Oorsaak, het hy gou weer vir Hom herken in homself en het uitdagend, arrogant en ongehoorsaam geword teen `n toegeeflike wet, nie meer gegee met `n “moet” nie, maar met `n “jy sal”.
[6] Maar omdat hy geweier het om homself te onderwerp aan hierdie toegeeflike “jy sal”, was hy `n meer streng en magtige strafgerigte wet gegee, en die strafbepaling is onmiddellik in werking gestel wanneer hierdie tweede “sal” verontagsaam is (sien die vloed en ander kataklismes).
[7] Na hierdie tugtiging het die Wese van God neergedaal na die aarde in Melgisèdek en het die mens gelei, maar hulle het gou weereens begin om te veg en moes gebind word deur nuwe Wette en moes tot orde geroep word, sodat hulle gelaat is met slegs `n tipe van meganiese beweging wat al hulle geneigdheid beperk het.
[8] Deur die wet is daar dus `n wye afgrond geskep en geen gees of wese was in die vermoë om daaroor te spring nie. Dit het die verwagting en die innerlike bewuswording van die ewige bestaan van die innerlike veroorsaak, dus aansienlik beperk, en die lewe ernstig bevraagteken.
[9] Voortspruitend uit hierdie beperking verskyn dan die oorspronklike Wese van God in Sy eie volheid, naamlik, in die persoon van die Messias.
[10] Dus keer die oorspronklike Barmhartigheid weer terug, neem al die swakhede van die menslike wese se lewe op Homself, gee die mens `n nuwe barmhartigheid, `n nuwe lewe vol van die Ware Lig en wys hulle in hierdie Lig en deur Sy voorbeeld die regte Weg sowel as die ware doel van hulle bestaan.

18 Niemand het ooit die God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die Boesem van die VADER is, dié het HOM verklaar.

[11] Slegs diegene wat Hom herken het, het ware kennis van die God bekom en was vir die eerste keer in die vermoë om die God te sien en te herken—wat voorheen deur geen wese in Sy volheid gesien kon word nie—naas en buite hulleself en deur Hom ook hulleself sowel as die verloste bestemming van hulle eie lewens
[12] En nou is ook die onoorkomelike afgrond wat geskep is deur die wet, weereens afgeskaf en elke mens kon en kan nou ter enige tyd homself bevry van die hindernis van die wet, wanneer hy sy ou natuur verruil vir die nuwe een uit die Messias, waar dit ook gesê word dat die ou mens afgelê moet word en die nuwe een aangesit moet word. Of, wie die ou lewe liefhet sal dit verloor, maar diegene wat daarvoor vlug, sal dit ontvang as `n nuwe een. Dit is die aankondiging vanuit die boesem van die Vader en die lewende Boodskap van God.
[13] Die gesegde, egter, ”wat in die Boesem van die VADER is” beteken dieselfde as “die oorspronklike Wysheid van God of die eintlike innerlike Wese van God is binne-in Liefde net soos wat Lig woon in warmte, oorspronklik voortvloei en voortkom van die Liefde van die magtige warmte en, uiteindelik, deur Sy bestaan weer warmte skep en dit weer altyd Lig”. Op dieselfde manier gaan vanaf die Liefde, wat gelyk is aan die Vader Homself, die Lig van die goddelike Wysheid, wat gelyk is aan die Seun of is die Seun Homself, wat nie twee is nie, maar volkome Een met wat genoem word “Vader”, net soos Lig en warmte of warmte en Lig een is, aangesien warmte aanhou om Lig te produseer en Lig hou aan om warmte te produseer.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205