Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Op die berg Gerasim. Kritiek op die bergrede deur die priesters

40 Toe die predikasie* geëindig het, was baie geskok, en hoofsaaklik die priesters en van die mense sê: ”Wie kan gered word? Ons leraars van die wet leer ook behoorlik en regverdig soos wat Moses vanaf die berg die gebooie aan die hele volk verkondig het. Maar dit alles is soos dou en `n ligte aandbriesie vergeleke met hierdie streng lering en kragtige predikasie. Daar is kwalik `n verdedigbare argument teen sulke voorskrifte, maar hulle is te erg en geeneen sal bevoeg wees om dit te kan nakom nie. (*bergpredikasie van Matthéüs 5-7; vertaler)

[2] Wie kan sy vyand liefhê, wie doen goed aan die een wat met haat aan hom kwaaddoen en wie kan diegene seën wat hom haat en slegs van hom kwaadspreek? En as iemand iets van my wil leen, mag ek nie wegdraai en weier om na hom te luister nie, nog minder mag ek my hart verhard teen sy woorde, selfs al sien ek dat die lener nooit in staat sal wees om dit wat hy geleen het, terug te gee nie? Ag, wat `n gekheid! As die luies en die werkskuwes hiervan hoor, sal hulle dan nie onmiddellik na die rykes gaan en van hulle leen solank as wat hulle iets besit nie? As hulle nou eenmaal op hierdie manier – en niks is makliker as dit nie – alles uitgeleen het aan die armes, wie sal ooit kan teruggee wat hulle geleen het, en as hulle uiteindelik niks meer vir hulleself oorhet nie, dan kom die vraag nou op: Wie sal in die toekoms werk en van wie sal die armes dan `n lening kry?

[3] Dit is tog so voor die hand liggend dat deur die onderhouding van sulke voorskrifte, wat die natuur van alle menslike instellings opponeer, die wêreld in `n kort tydjie `n ware woestyn sal word. As die wêreld dan in `n woestyn verander het, waar sal die mens dan opvoeding ontvang, aangesien alle skole tot `n einde sal kom as die mens nie die vermoë het om hulle te bou en te onderhou nie?

[4] Hierdie lering sal net nie deug nie. Die slegte mense en die vyande van die goeie en hulle goeie werke moet gestraf word en wie my in die gesig slaan moet ten minste twee maal teruggeslaan word, sodat hy nie langer sal wens om my in die gesig te slaan nie. Die roekelose lener moet in `n arbeidskamp geplaas word, sodat hy geleer kan word om te werk en om in die toekoms sy lewensonderhoud te verdien deur ywerig met sy hande te werk. Die baie arme mag vir aalmoese vra en dit sal nie geweier word nie. Dit is `n ou, maar goeie wet waaronder `n menslike gemeenskap goed kan bestaan. Maar die instellings wat hierdie beweerde Mashiag (Messias) nou gegee het, is te onprakties vir die mens en kan onmoontlik nie aanvaar word nie.

[5] Ek wou nie al die ander dinge genoem het nie, belaglik soos wat dit geklink het, maar die voorgestelde selfverminking van dele van jou eie liggaam in die geval van versoeking en daarby die klaarblyklike aanbevole ledigheid, waarby niemand bekommerd moet wees oor enigiets nie, maar net moet bly soek na die koninkryk van God, dan sal alles vir hom van bo af gegee word! – Laat ons dit net vir `n periode van `n paar maande probeer, waar mense niks aanraak of geen werk doen nie, en ons sal gou sien of gebakte visse in hul monde sal inswem!

[6] En hoe onnosel is die aanbevole selfverminking wanneer liggaamsdele versoeking veroorsaak. As ons iemand met `n skerp byl in sy regterhand die linkerhand laat afkap en weggooi, wat sal hy daarna doen as die regterhand hom versoek? – Hoe sal hy dit afkap, en hoe sy oë uitskeur en uiteindelik, sonder hande, sy voete afkap wat hom dalk nog sal versondig? Ag, los ons uit met sulke lering! Dit sal nie goed genoeg wees vir `n krokodil nie, laat staan nog vir `n mens. As jy net `n bietjie dink oor die gevolge, sal dit vir jou duidelik word dat so `n lering niks anders kan wees as die resultaat van ou Judese fanatisme nie.

[7] En as al die Engele neergedaal het van die hemele en aan die mens sulke maniere kom leer het om die Ewige Lewe te beërwe, en die gebruik van sulke metodes om in die hemele te kom, sal sulke onnosel onderwysers uit die wêreld uit geslaan word, sodat hulle hul simpel hemele kan insluk. - Maar watter teenstrydigheid: `n Tand vir `n tand en `n oog vir `n oog beskou Hy as onregverdig en wreed, predik die uiterste sagtheid en verdraagsaamheid, maak selfs die hek oop vir alle diewe deur te sê: As `n man jou hemp eis, gee hom ook jou jas. Wat `n lering! – Maar aan die ander kant moet mense hulle oë uitskeur en hul hande en voete afkap. – Wie van julle het al ooit groter onsin as dit gehoor!?”

[8] Hiermee kom die priester na My en sê: “Heer, U dade bewys dat U meer kan doen as die gewone man, maar as U in staat is om korrek te dink, wat ek geensins betwyfel nie, want ek het U baie wyslik gehoor praat in IrhaEl se huis, herroep dan sekere onpraktiese voorskrifte van hierdie predikasie. Andersins moet ons, desnieteenstaande al U dade, wat waarlik waardig is van `n Messias, U beskou as `n fanatiese towenaar wat in `n antieke Egiptiese skool opgelei is en U hier uitdryf as `n regte Mashiag-lasteraar.

[9] Bekyk net U kragtige lering van naderby, en U sal sien dat U lering besonder nutteloos is om die Ewige Lewe te verkry en kan deur niemand gevolg word nie. Want as `n persoon die hemele op so `n manier moet beërwe, moet hy liewer afstand doen van die hemele. Dit sal beter wees om nie gebore te wees nie, as om die hemele te beërwe wat jy net kan ingaan as `n verminkte kreupele. Sê my eerlik of U dit verstaan en of U werklik ernstig is omtrent U lering.”

[10] Ek spreek: “Jy is `n owerpriester, maar jy is blinder as `n mol onder die aarde, wat kan dan van die ander verwag word? Ek het hier vir jou beeldspraak gegee en jy sluk slegs die materiële deel in wat dreig om jou te versmoor. Jy het blykbaar nie in die minste `n idee van die Gees wat Ek in hierdie beeldspraak ingeplaas het nie.

[11] Glo My, Ons is net so wys soos wat julle julleself beskou en weet baie goed of `n persoon hom moet vermink al dan nie om die Ewige Lewe te beërwe. Maar Ons weet ook dat julle nie die Gees van hierdie lering begryp nie en sal dit vir `n geruime tyd nie kan begryp nie. Ons sal egter nie Ons woorde om hierdie rede herroep nie. Alhoewel julle ore het, hoor hulle nie die regte dinge nie, ook het julle oë, maar hulle is geestelik blind en desnieteenstaande julle oop ore en oë, hoor en sien julle niks nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205