Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Onbegrip vir die beeldspraak van die bergrede

41 Die owerpriester sê: “Ja, ja U mag daarin ook korrek wees, en ek sal nie, en op hierdie stadium kan ek nie, betwis of en watter tipe gees daar in U opvoedkundige beeldspraak is nie. Een ding wat U egter nie kan betwis nie, is dat wanneer ek byvoorbeeld verlang om `n lering aan iemand oor te dra en ek wil hom laat verstaan en dit laat uitvoer as my leerling, moet ek die lering sekerlik op so `n manier oordra dat my leerling dit in die ware sin van die woord sal verstaan. As ek eenmaal weet dat my leerlinge die volle innerlike wese van my lering begryp het, het ek die volste reg om van my leerlinge te eis om op te tree volgens my lering.

[2] As ek vir iemand lering gee in beeldspraak, wat as sulks onmoontlik is om uit te voer en as my leerling my dan vra: Wat beteken dit? Hoe kan ek my eie lewe neem ten einde `n lewe te red? Hoe kan ek myself doodmaak sodat as `n dooie man ek `n nuwe, selfs `n Ewige Lewe vanuit die dood kan ontvang? Dan sal ek vir hom sê: Kyk, vriend, jy moet dit verstaan op so en op so `n manier. Want voorwaar, tussen die gegewe beeldspraak en die waarheid wat dit bevat, is daar hierdie en daardie ooreenkoms, en jy moet jou lewe inrig volgens hierdie ooreenkoms, maar nie met die uiterlike prentjie nie.

[3] Kyk, Heer, dan sal die leerling dit verstaan en soos reeds genoem, het ek die volste reg om van hom te eis om aktief te word in die gees of die waarheid van my lering. Maar kan ek, sonder om `n dwaas te wees, van hom verwag om op te tree volgens my streng beeldspraak? En as ek dit in alle erns vereis het, sal ek vir denkende mense wees soos `n man wat water dra in `n verseëlde houer en wanneer `n dorstige man na hom toe kom om te wil drink, die waterdraer onmiddellik die verseëlde houer aangee en sê: Daar het jy die houer, drink! Die dorstige man probeer dan drink, maar kan nie `n opening kry nie en vra die draer: Ek kan nie drink vanuit hierdie houer nie, want sy is van alle kante af verseël, en die draer sê vir hom: As jy blind is en die opening nie kan vind nie, sluk dan die hele houer in en jy sal dus so die water ook daarmee saam insluk.

[4] Vertel my, U andersins dierbare en wyse Heer, wat sal so `n dorstige man sê vir so `n draer? Ek dink hy kan regverdiglik in hierdie geval die draer `n dwaas noem.

[5] Dit beteken nie dat ek U `n dwaas wil noem nie, maar as U dit sê oor ons geestelike blind- en doofheid, kan ons die Gees van U lering nie begryp nie. U lering sal steeds wees soos die water in die verseëlde houer waar die dorstige man inderwaarheid die houer saam met die water moet insluk, `n bevel wat slegs kan kom van `n profeet wat ontsnap het uit `n sielsieke gestig. Beskou hierdie saak soos U wil. Solank U nie `n behoorlike verduideliking tot U lering byvoeg nie, wat in sommige punte baie bevat wat waar en goed is, sal ek en baie regdenkende mense volstaan by wat ek gesê het. U sal nooit lewe om dit te sien nie, want as gevolg van U lering, sal ons onmiddellik moet begin om ons hande en voete af te kap en om ons oë uit te skeur. Ons sal egter voortgaan om soos voorheen te werk en om ons brood in die sweet van ons aangesig te verdien, en die een wat ons bedrieglik wil aanstoot gee, sal nie sy straf gespaar word nie.

[6] Aan die dief wat ons hemp steel, sal ons ook nie ons jas voor gee nie, maar hy sal gegryp word en in die tronk gegooi word, waar hy genoeg tyd gegun sal word om berou te toon oor sy verkeerde dade en waar hy sal leer om `n beter lewe te lei. As U waarlik `n wyse man is wat van God uitgegaan het, sal U ook oortuig wees van die noodsaaklikheid om die heilige Mosaïese wet te bewaar, wat JaHWeH Homself afgekondig het te midde van weerlig en donder aan die JisraEliete in die woestyn. As U egter die wet wil breek met U lering, wees gewaarsku dat U voor JaHWeH sal staan!”

[7] Ek sê: “Ek is van mening dat die Wetgewer geregtig is om of die wet so te laat, en haar Self te vervul ooreenkomstig die Gees en Waarheid of om haar in geheel onder sekere voorwaardes af te skaf.”

[8] Die owerpriester sê: “Dit klink nou eienaardig komende van U mond. Vanmôre sou ek so `n woord uit U mond eerbiedig het, want toe het dit werklik vir my gelyk of U waarlik die beloofde Een was. Maar na hierdie lering wat U vir ons gegee het, het U in my oë `n kranksinnige geword, wat genot daaruit put om Sy vaste idees aan ons voor te lê as die beloofde Mashiag se Wysheid. Daarom moet U eerder nou U streng lering verduidelik, want sonder genoegsame verduideliking sal niemand dit kan begryp en daarvolgens optree nie.”

[9] Ek sê: “Vertel my dan wat dit is in My lering wat jou so baie verwar en Ek sal die probleem vir jou oplos.”

[10] Die owerpriester sê: “Ek het dit alreeds verskeie kere genoem, maar om U te wys dat ek `n baie redelike en gelykmatige man is, vertel ek U nou dat ek al die ander punte van U lering as goed en wys sal aanvaar, maar kan onmoontlik nie die uitruk van oë en die afkap van hande en voete aanvaar nie. Dink self daaroor of dit moontlik is om jou oë uit te skeur. Ook, sal die een wat self een van sy hande of voete afkap, nie doodbloei nie? En as hy eenmaal dood is, watter vrugte van verbetering sal hy in staat wees om te lewer?

[11] Kyk, dit is die onpraktiese punt van U lering wat nooit redelikerwys aan voldoen kan word nie en as daar ooit enige dwase is wat aan so `n lering wil voldoen, sal hulle geen verbetering daardeur bereik nie. Want as iemand dit oorleef, sal hy nie vir God loof oor die ellende wat so `n lering, waar beweer word dat dit van God afkomstig is, hom aangedoen het nie.”

[12] Ek sê: “Nou goed, jou versoek is billik genoeg en Ek sê vir jou: Onder al die priesters sedert Samuel is jy die wysste, want jy het `n eerlike hart en basies verwerp jy nie My lering nie, maar verlang slegs dat dit verduidelik moet word. Daarom sal Ek ook vir jou die Lig gee. Hierdie Lig sal nie vanuit My mond kom nie, maar van die mond van een van My leerlinge. Draai jou nou na een van My leerlinge, wat aan jou sal bewys dat My lering alreeds verstaan word deur mense sonder My verduideliking.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205