Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Nathaniël lê die bergrede duidelik uit

42 Hier draai die owerpriester hom na Nathaniël en sê vir hom: “Op jou Heer se versoek wend ek myself nou na jou. Sal jy daarom ten minste die moeilikste deel van jou Heer se lering aan my verduidelik. Maar gebruik asseblief slegs duidelike en suiwer woorde, want met `n newel bo-oor `n ander newel kan `n kamer nie verlig word nie. Praat dan nou.”

[2] Nathaniël antwoord: “Is jou verstand so geslote dat jy nie `n duidelik gegewe lering in die ware sin van die woord kan begryp nie? Het feitlik al die profete nie voorspel dat die Messias Sy mond sal open en slegs in gelykenisse tot die volk sal spreek nie?”

[3] Die owerpriester sê: “Ja, jy is korrek, dit is hoe dit geskrywe staan.”

[4] Nathaniël gaan voort: ” Wel, aangesien jy as een wat goed in die Skrifte onderrig is, dit dan weet, waarom noem jy die Heer `n dwaas, want volgens die Skrifte sal Hy Sy mond dan open met gelykenisse? Jy mag natuurlik die Heer vra vir `n lig om jou te help om dit te verstaan, maar moet Hom nie `n dwaas noem as jy nie Sy versinnebeelde toespraak kan verstaan nie, aangesien jy nog onkundig is aangaande sulke goddelike sake.

[5] Voorwaar, alle dinge in die natuur het hulle orde en kan slegs bestaan binne hul spesifieke orde. So het ook die dinge van die gees hul spesifieke orde, daarbuite kan hulle nie bestaan, of bedink word, of in woorde uitgedruk word nie. Daar is egter en bestaan `n presiese ooreenkoms tussen die natuurlike en geestelike dinge, aangesien eersgenoemde voortgegaan het vanuit laasgenoemde, waarvan uiteraard slegs die Heer alles in besonder weet.

[6] Daarom, wanneer die Heer ons – ons wat nog almal binne die vasgestelde orde van die natuurlike bestaan is, - vertel van die geestelike dinge, kan Hy dit slegs doen deur van beeldspraak gebruik te maak. Ten einde dit behoorlik te verstaan, moet ons streef om ons gees wakker te maak deur God se gebooie te onderhou. Wanneer hierdie ontwaking plaasgevind het, sal ons alles wat die Heer gesê en in so `n ooreenkomstige gelykenis geopenbaar het, duidelik verstaan en dit is dat Sy goddelike Woord vir ewig sal verskil van ons menslike woord.

[7] Maar let nou goed op: Wat die oog vir die natuurlike mens is, is dit die gees wat die vermoë het om die goddelike en hemelse dinge te beskou, wat alleenlik die natuur van die gees bevorder ten opsigte van sy mees geseënde ewige bestaan.

[8] Aangesien die gees egter, volgens die mees noodsaaklike goddelike orde, vir `n sekere tyd in hierdie wêreld in die materie van die vlees gevange gehou moet word, sodat dit vas kan word in sy vryheid en amperse totale onafhanklikheid van God, waarsonder dit nooit die vermoë sou hê om die God te sien nie, om nie eers te praat van bestaan binne, langs en met God nie (maar as die gees ryp word binne die materie en ferm word in vryheid en onafhanklikheid van God, word dit blootgestel aan die onafwendbare gevaar om ingesluk te word deur die materie en om daarmee saam te vergaan, waaruit van hierdie dood `n ontwaking tot lewe in God is en wat uiters hard en pynlik moet wees). Die Heer het gesê, nie vir die fisiese mens nie, maar natuurlik vir die geestelike mens: As jou oog jou laat oortree, ruk dit uit en gooi dit weg, want dit is beter om die koninkryk in te gaan met een oog, as in die hel met twee oë. Wat dieselfde beteken as: As jy die lig van die wêreld te begeerlik vind, wend `n poging aan en draai weg van so `n lig, wat jou in die dood van die materie sal intrek. Ontneem jouself as gees van die leë bevrediging wat plesier van die wêreld kan bied en keer met jou siel terug na die suiwer hemelse dinge, want dit is vir jou beter om die koninkryk van die Ewige Lewe binne te gaan sonder baie wêreldse kennis as om ingesluk te word deur die dood van die materie. – Te wêreldwys aan die een kant en te min geestelik wys aan die ander kant.

[9] As die Heer hier gepraat het van twee oë, hande en voete, het Hy nie hierby bedoel die twee oë en die twee hande en voete van die liggaam nie, maar slegs die vanselfsprekende dubbele vermoë van die gees om te sien, te handel en te verbeter. Hy waarsku nie die vlees wat geen lewe het nie, maar die gees om homself nie met die wêreldse dinge te bemoei as hy te veel aangetrek word daardeur nie. In daardie geval is dit beter om die Ewige Lewe binne te gaan sonder die kennis van die wêreld as om as gevolg van te veel wêreldse kennis ingesluk te word deur die onvermydelike oordeel van die wêreld.

[10] Die gees sal natuurlik ook die wêreld sien en haar leer ken, maar sal nie daarin plesier vind nie. Wanneer hy begin voel dat die wêreld hom aantrek, sal hy onmiddellik wegdraai van die wêreld omdat gevaar reeds dreig. Voorwaar, hierdie noodsaaklike wegdraai word uitgedruk deur die ooreenkomstige beeld van die uitskeur van `n oog en Hy wat in staat is om so `n toepaslike beeldspraak te gee, moet sekerlik goed onderrig wees in die mens se geestelike en materiële omstandighede. Na my mening, is dit slegs moontlik vir Hom deur wie se Mag, Liefde en Wysheid alle dinge geestelik en materieel geskep is. Ek dink jy sal my nou verstaan en besef hoe skaamteloos jy gesondig het teenoor die Een wie jou sowel as al ons lewens in Sy Almagtige Hand dra.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205