Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die simboliese betekenis van die oë, arms en voete

44 Die owerpriester wat met baie aandag na hierdie toespraak geluister het, sê: “Alles is nou in orde en ek dink dat ek dit nou baie goed verstaan. Daar is net een ding wat ek wil noem. Die Heer praat eintlik net daarvan om die regteroog uit te ruk en om die regterhand af te kap. In my soekende ywer het ek ook die voete bygesit, maar kyk, jy het nou ook die afsny van die voete verduidelik net soos wat jy die oog en die hand verduidelik het, waarvan die Heer slegs gepraat het sover as wat ek weet. Jy het gesê dat daar slegs aansluiting kan wees met die Woord van JaHWeH, Wie slegs met `n mens se gees praat. Hoekom het jy dan aansluiting gevind met my byvoeging?”

[2] Nathaniël sê: “Jy is verkeerd. Die Heer het ook gepraat van die regtervoet, maar Hy het vir die skrywers aangedui om dit wat met betrekking tot die voet staan, uit te laat, want diegene wat hul innerlike visie hemelwaarts gerig het, het hul liefdeswil geaktiveer – wat ooreenstem met die linkerarm as die hand van die hart – in ooreenstemming met God se Wil nadat ontslae geraak is van die regterarm of die regterhand – waarby die suiwer wêreldse motivering verstaan moet word – dit is nie meer nodig dat hulle ontslae moet raak van die regtervoet nie. Wanneer die oog eers eenmaal in die regte Lig is en die hand, of eerder die wil, korrek optree, dan is die vordering na die gebiede van Ewige Lewe outomaties daar oftewel die regtervoet, wat wêreldse vordering aandui, alreeds outomaties afgekap en `n spesiale poging word dus nie meer benodig nie.

[3] Julle Samaritane kan net sowel begin met die voet, want alhoewel julle sig nou gerig is op die geestelike en julle hande besig is met die regte aksie, is julle voet of julle gretigheid vir vordering nog gerig na die wêreld. Julle verwag iets heeltemal anders van die Messias as wat julle van Hom moet verwag volgens die voorspellings deur al die profete, en dit is, geestelik gesien, julle regtervoet wat julle sal moet afkap, sodat julle kan uitgaan op die regte pad na die Koninkryk van God. Slegs met betrekking tot julle het die Heer ook gepraat van die regtervoet, maar het dit nie laat opteken nie, want die toekomstige volgelinge van die Heer se lering sal baie goed weet waar en waarin die Koninkryk van die Messias is en waaruit dit bestaan en wat gedoen moet word om dit binne te gaan. Is daar enigiets anders wat jy graag wil weet?”

[4] Die owerpriester sê: Nou is alles duidelik vir my sover as wat ek dit kan begryp, maar nieteenstaande die feit dat ek dit nou verstaan, moet ek byvoeg dat U lering, op die manier wat dit gegee is, streng en moeilik is om te verstaan en U sal vind dat baie aanstoot sal neem daaroor.

[5] Nie dat dit my begeerte is om `n slegte profeet van U te maak nie, maar ek vertel U dat U nie met die arrogante Judeërs sal bereik wat U met ons bereik het nie, nieteenstaande ons onnoselheid op vele vlakke. Ons glo nou, alhoewel steeds asof in `n droom. Die vooraanstaande Judeërs egter, sal U nie so glo nie. Hulle sal vra vir tekens en mag U uiteindelik selfs vervolg as gevolg van hierdie tekens. Ons het U nie gevra vir tekens nie, maar U het nietemin vrywillig tekens gedoen.

[6] Ons glo U nie terwille van die tekens nie, wat gedeeltelik ook deur die mens gedoen kan word, maar suiwer oor die lering, aangesien dit nou aan ons verduidelik is. Daarom moet U by ons bly, want met die trotse Judeërs en Grieke sal U min sukses hê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205