Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die genesing van die melaatse

46 Soos alreeds voorheen genoem, was ons nie eintlik op die top van die berg nie, maar laer af op die eerste hoogte, omdat die groter spasie wat daar was, geskik was vir die groot menigte wat My van die dorp af gevolg het. Onder hulle was daar baie ou en alreeds taamlik swak mense wat in die aansienlike hitte van die dag kwalik die top van die berg sou kon bereik. Maar ons was nietemin taamlik hoog op en die afgaan was maar stadig, aangesien die skemer dit moeilik gemaak het vir sommige mense met swak oë om die pad te sien.

[2] Met die wat ons toe stadig en versigtig van die berg afklim na die vlakte toe, lê daar `n man langs die pad, oortrek met bose swere. Hy staan onmiddellik op, kom na My toe en praat met `n klaende stem: “O Heer, as dit tog net U wil is, kan U my suiwer maak.” Ek strek toe My hand oor hom uit en sê: “So is dit My wil dat jy gesuiwer moet word.” Oombliklik was die man gesuiwer van sy melaatsheid en alle swelsels, skubbe en rowe het skielik verdwyn. Omdat dit `n baie slegte geval van melaatsheid was, totaal ongeneeslik deur enige geneesheer, was al die mense baie verbaas toe hulle sien hoe skielik hy gesuiwer word van sy melaatsheid.

[3] Toe begin die gesuiwerde man My luidrugtig te prys, maar Ek waarsku hom en sê: “Ek sê nou vir jou dat jy vir niemand hiervan moet vertel nie, behalwe die owerpriester. Gaan na hom toe, hy stap agter ons saam met My leerlinge. As hy bevestig het dat jy gesuiwer is, gaan dan huistoe en offer op die altaar dit wat Moses voorgeskryf het.”

[4] Die gesuiwerde man doen onmiddellik wat ek hom versoek het. Die owerpriester was ook grootliks verbaas en sê: “As `n geneesheer my sou vertel het: Kyk, ek gaan hierdie man gesond maak, sou ek net gelag het en sou gesê het: Ag, jou dwaas, gaan na die Eufraat en probeer dit leeg skep. Elke emmer wat getrek word, sal vervang word deur honderd duisende, maar dit sal egter makliker vir jou wees om die Eufraat te dreineer, as om hierdie man gesond te maak, wie se vlees alreeds begin ontbind het. En hierdie Man, wie ons nou as die Messias geïdentifiseer het, het dit reggekry met slegs een woord! Dit is in der waarheid vir ons voldoende. – Hy is verseker die Messias. – Ons het geen verdere bewys nodig nie.

[5] Waarlik, as iemand my vandag sal vra vir `n hemp, sal ek nie net my jas bysit nie, maar al my klere. Vir hierdie prys is ek waarlik gewillig om alles weg te gee, selfs tot by my hemp, en nou besef ek dat Sy lering `n suiwer goddelike lering is. Ja, Hy Homself is nou as JaHWeH in die Vlees met ons. Wat meer kan ons voor wens? Ek sal heelnag `n aankondiger wees om Sy teenwoordigheid in al die strate en lane aan te kondig.”

[6] Na hierdie woorde hardloop hy na My, dit was naby die put, en val voor My voete neer en sê: “Heer, staan net vir `n oomblik stil sodat ek U mag aanbid, want U is nie net die Messias, Seun van God nie, maar God Homself geklee in die Vlees, met ons.”

[7] Ek spreek: “Vriend, laat dit daar. Ek het jou alreeds gewys hoe jy moet bid. Bid dan in stilte, dit is voldoende. Moet nie vandag te veel doen nie, sodat jy as gevolg daarvan nie genoeg vir môre kan doen nie. Daar moet `n korrekte maat wees in alles. As jy die jas by die hemp bysit, is dit voldoende om vir ewig die arme jou baie goeie vriend te maak, maar as jy, wanneer hy slegs vir `n hemp vra, al jou klere sou bysit, sal dit hom verleë maak en hy sal dink dat jy hom eerder wil beskaam of dat jy van jou sinne beroof is. En sien, daardeur sal niks goeds bereik word nie.

[8] As iemand jou egter vir een sikkel vra en jy gee hom twee, of miskien drie, sal jy die lener se hart baie bly maak en jou eie baie bly. Maar as jy `n duisend sikkels gee aan die een wat na jou toe gekom het en slegs een wou leen, sal hy verontrus wees en dink: Wat beteken dit? Ek het hom vir een sikkel gevra en hy wil my alles gee wat hy besit? Dink hy ek is onversadigbaar, wil hy my verleë maak of het hy miskien mal geword? Voorwaar, so `n man sal dan nie `n aanwins wees vir jou hart nie, nog minder sal so `n houding van jou kant enige voordeel vir sy hart bring nie. Daarom, net `n eerlike vol maat in alles, en dit sal heeltemal genoeg wees.”

[9] Hierdie instruksie het die owerpriester ten volle tevrede gestel en hy sê vir homself: “Ja, ja, Hy is reg in alles. As `n mens doen presies soos wat Hy sê, sal dit heeltemal in orde wees. Wat meer of minder as dit is, is eerder sleg of dwaas. Want as ek vandag alles weggee en daar kom môre `n nog armer man aan my deur klop, wat kan ek hom dan gee? Hoe treurig sal dit my maak, want ek sal nie langer in staat wees om `n nog armer man te help nie.

[10] Die Heer is so absoluut korrek in alle dinge en weet hoe om te skik sodat die beste maat orals aangewend kan word. Daarom, alle eer, lof en glansrykheid aan Hom alleen en die volste verering uit alle harte.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205