Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Wonderbaarlike aandete by IrhaEl. Elke meester het diensknegte

47 Teen hierdie tyd het ons alreeds by IrhaEl en Joram se huis aangekom waar, op dieselfde manier soos die vorige dag, alles gereedgemaak was vir die aandete, net by verre meer oorvloedig. Baie van die inwoners van Sigar wat saam na die berg was, begin om in die gang te groet, maar `n groot skare Jeugdiges, geklee in wit, tree tussenbeide en smeek hulle om vir aandete te bly.

[2] Die owerpriester, verslae oor die groot aantal Jeugdiges, en boonop vir hul minsaamheid, vriendelikheid en welwillendheid, kom onmiddellik na My toe en vra in groot nederigheid: “Maar Heer, wie is hierdie pragtige Jeugdiges? Nie een van hulle kan ouer as sestien jaar oud wees nie, tog met elke woord en beweging openbaar hulle buitengewone lering. Ag, vertel my waar hulle vandaan kom en aan watter skool hulle behoort! Watter pragtige gedaante en hoe goedversorg is hulle nie! Hoe uitermatig aangenaam en welgevallig is net die klank van hulle stemme nie vir die hart nie. Daarom Heer, sê tog vir my wie en vanwaar hierdie Jeugdiges is?”

[3] Ek spreek: “Het julle nie gehoor dat in die ou tyd gesê is: Hy wat `n meester is, het ook diensknegte en `n gevolg nie? Julle noem My Heer, en dit is daarom gepas dat Ek ook My diensknegte en gevolg moet hê! Die feit dat hulle hoogs ontwikkel is, openbaar dat hulle Heer `n baie wyse en liefdevolle Een moet wees. Die meesters van die wêreld is hard en liefdeloos en so is ook hulle diensknegte. Hierdie Heer egter, wie Heer in die hemele is, het nou na die aarde gekom, en die harde wêreldse meester van mense het ook sy diensknegte vanwaar hy kom. Dat die diensknegte `n ooreenkoms met Hom toon, is so omdat hulle nie net Sy diensknegte is nie, maar ook kinders is van Sy Wysheid en Liefde. Het julle My waarlik verstaan?”

[4] Die owerpriester sê: “Ja, waarlik Heer, in so verre iemand U mees onvergeetlike beeldspraak kan verstaan. Daar sal verseker baie vrae wees om hierdie ding duidelik te maak, maar ek sal dit daar laat en hoop dat daar nog genoeg geleentheid vandag daarvoor sal wees.”

[5] Ek sê: “O, inderdaad! Maar laat ons gaan aansit, aangesien alles gereed is!”

[6] Die menigte met geloof het almal gaan eet, slegs die kleingelowiges het huistoe gegaan, want hulle het al hierdie dinge as `n vangstrik beskou. Die rede hiervoor was dat hulle meestal Galilese emigrante was, onder hulle baie van Nasáret, wat My en My leerlinge geken het, vir wie hulle gereeld by die vismark gesien het. Hulle het ook vir die boorlinge van Samaria gesê: “Ons ken Hom en Sy leerlinge, Hy is `n skrynwerker van beroep en Sy leerlinge is vissermanne. Hy het skoolgegaan saam met die Esseners, wie goed onderrig is in allerhande geslepenheid, genesing en rare toorkrag. Hy het dit daar geleer en beoefen nou Sy welverdiende ambag om vir die Esseners `n groot gevolg op te bou en groot geld vir hulle daaruit te verdien. Daardie Jeugdiges is egter welopgevoede, Kaukasies-gekoopte meisies in vermomming, wat aan hierdie selfde Esseners behoort, en hulle sal die hoofvertoning wees! Maar ons sal nie so maklik gekul word nie, want ons weet dat daar geen gekskeerdery toegelaat sal word met die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar vir die Esseners, wat glo dat hulle voorvaders die wêreld geskep het, is dit maklik om die gek te skeer met dit wat hulle as nonbestaande beskou. Solank ons egter in die God van Abraham, Isak en Jakob glo, het ons nie sulke Esseense bedrog nodig nie en as ons ooit ons geloof moet verloor, sal die Esseners met hulle oulike engele-seuns geen plaasvervangers vir ons wees nie, want hulle sal ons uiteindelik verander in Sadduseërs, wie in geen opstanding nog minder in die Ewige Lewe glo nie. Maar mag JaHWeH ons daarvan behoed!” Met hierdie kommentaar keer hulle huiswaarts.

[7] Ek en `n groot gedeelte bestaande meestal uit Samaritane neem plaas vir die ete en na `n goeie dag se werk neem ons dit rustig en laat die Engele ons bedien, want hier ook, het Ek in die woestyn gearbei, en dit staan geskrywe: “En toe Satan gedwing was om te vertrek, het Engele gekom en Hom bedien”

[Matthéüs 4: 10-11; die vertaler] .


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205