Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Elke dag is van die Heer

49 Die owerpriester sê: “Ek is tevrede en hoop dat hierdie hele gebied ook in `n kort tydjie so sal wees. Maar gun my net een ander vraag: Moet ons nog die berg en U ou huis vereer, en U sabbatte daar eer, of moet ons hier `n nuwe huis oprig om in U Naam te vergader? As laasgenoemde U wil is, kan U môre die geskikte plek vir ons uitwys wat U sal behaag en ons sal alles in ons vermoë doen om ook hieroor aan U begeerte te voldoen.”

[2] Ek spreek: ” Vriend, dit wat die korrekte ding vir jou en alle mense is, het Ek alreeds vandag op die berg aan julle bekend gemaak.

[3] Maar om dit te onderhou, vereis nog minder die ou huis op die berg, nog minder `n nuwe een in die dorp, maar slegs julle gelowige harte en `n vaste en goeie wil.

[4] Toe Ek gister hier aangekom het en by die put van Jakob gerus het, het Ek vir IrhaEl ontmoet, en sy het My ook gevra toe sy My beter leer ken, of God op Gerasim aanbid moet word of in die tempel in Jerusalem. Laat sy jou vertel watter antwoord Ek haar gegee het!”

[5] Hier draai die priester na IrhaEl en sy sê: “Die Heer het so met my gepraat:

[6] ‘Die uur kom, en is nou hier, wanneer die ware aanbidders God nie op Gerasim of in die tempel in Jerusalem sal aanbid nie! Want God is Gees, en hulle wat hom aanbid, moet hom in Gees en Waarheid aanbid!’ Dit het die Heer gesê. Jy is `n owerpriester en sal nou weet wat om verder te doen!

[7] My siening is dat, aangesien die Heer sulke uitermatige barmhartigheid oor ons almal uitgestort het en in hierdie huis sy verblyf geneem het, wat nie myne is nie, maar Syne en sal so bly, moet hierdie huis `n gedenkwaardige een bly vir ewig, en ons wil altyd in Sy Naam daarin saamkom en die sabbat in Sy Naam eer!”

[8] Die owerpriester sê: “Ja, ja, jy is heeltemal reg, as ons maar net almal gelowiges was, maar daar sal oorweging geskenk moet word aan die swakkes! Hulle sal selfs meer aanstoot neem!”

[9] Ek sê: “IrhaEl is reg! Wie ookal aanstoot neem, - wel, laat hom aanstoot neem en sy berg opklim! As hy niks meer daar vind nie, sal hy oor iets beter begin dink.

[10] Moet in die toekoms nie huise van gebed vir My bou nie, maar eerder gastehuise en toevlugsoorde vir die armes wat julle nie kan betaal nie!

[11] In die liefde van julle arme broers en susters sal julle nou My ware aanbidders wees, en in sulke huise van gebed sal Ek dikwels by julle wees, sonder dat julle dit noodwendig sal agterkom, maar in tempels wat gebou word om My met lippe te aanbid, soos wat dit tot nou toe die geval was, sal Ek van nou af net so min in wees as wat die mens se intellek in sy kleintoontjie is.

[12] As julle nietemin julle harte tot My moet laat ontwaak en die regte nederigheid in `n verhewe tempel wil bereik, beweeg dan na buite na die tempel van My hele Skepping, na die son, die maan en al die sterre en die see, die berge en die bome en die voëls in die lug, asook die visse in die water en die tallose blomme in die veld wat My heerlikheid aan julle sal verkondig!

[13] Ek meen, is die boom nie meer glorieryk as al die glans van die tempel in Jerusalem nie? `n Boom is die suiwer werk van God, en het sy lewe en bring voedsame vrugte voort. Maar wat bring die tempel voort? Ek sê vir julle: Niks anders as verwaandheid, woede, nyd, die mees blatante jaloesie en oorheersing, want dit is nie God se werk nie, maar die werk van die mens.

[14] Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, hy wat My sal eer, liefhê en My daardeur aanbid deur goed te doen aan sy broers en susters in My Naam, sal sy ewige beloning in die hemele hê, maar hy wat My van nou af met allerlei seremonies in `n tempel vereer, wat spesiaal daarvoor gebou is, sal ook sy tydelike beloning van die tempel kry! Wanneer hy egter na die dood van sy vlees na My toe sal kom en sê: Heer, Heer, wees U dienskneg barmhartig, sal Ek dan vir hom sê: Ek ken jou nie, daarom gaan weg van My en soek jou beloning by hom vir wie jy gedien het! Om hierdie rede moet julle ook niks meer te doen hê met enige tempel nie!

[15] Maar in hierdie teenswoordige huis mag julle altyd vergader in My gedagtenis, hetsy dit op `n sabbat of enige ander dag is, want elke dag is die Heer s`n en nie net die sabbat nie, waarop julle in die toekoms ook goed kan doen net soos op enige ander dag.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205