Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die volgende dag in Sigar:

Kwaadspreek oor die dogters van JonaEl

52 Die owerpriester het opgestaan en by My gepleit, deur te sê: “Aangesien U nog aan ons die groot barmhartigheid bewys het om hierdie dag by ons deur te bring, hoe sal dit wees as U en U leerlinge, en andere wat aan U glo, saam met my die drie nabygeleë dorpe besoek? Dalk kry ons nog mense wat in U sal glo, as hulle U gesien en aangehoor het!”

[2] Ek sê: “Nie om hulle ontwil nie, maar om jou ontwil, ja! Vir jou verskaf dit vreugde en Ek wil graag hierdie vreugde aan jou verskaf. Jy het egter ook `n vrou en kinders, wil jy hulle nie ook aan My voorstel nie? Waar is hulle en hoeveel is hulle?”

[3] Ietwat verleë antwoord die owerpriester: “Heer, ek het `n liewe vrou en beide van ons is al diep bejaard en het sewe kinders, maar almal net maagde tussen die ouderdom 12 tot 21 jaar. U weet egter dat dit vir `n Israeliet nie tot eer strek as daar geen manlike nakomeling is nie en daarom, O Heer, verdra my swakheid dat ek net met my vroulike nakomelinge voor U verskyn.

[4] As dit U, O Heer, sal pas, wil ek U graag versoek om met dié geleentheid na my huis te kom, waar ek dan al die vroulikes aan U kan voorstel! Alhoewel ons geen tekorte in ons huis het nie, en ons familie matig oor die weg kom, is die kleresituasie tog ietwat van `n armoedige probleem. Vir huislike en besigheidstoestande is hulle voldoende geklee, maar om in `n geselskap soos hierdie te verskyn, is hulle, as die familie van `n owerpriester, veels te armoedig geklee. Daarom reken ek steeds dat dit beter sal wees dat hulle tevrede by die huis bly, alvorens hulle blootgestel word aan die bespotting van die wêreld, en van hulle ingebore vroulike hoogmoed. Ook is dit vir hulle beter om so min as moontlik met die wêreld in aanraking te kom, want die wêreld bly te alle tye sleg.”

[5] Ek sê: “Ek wil jou wens uitvoer, maar laat hulle dan almal met ons saamgaan. Vir beter kleredrag sal egter gesorg word, sodat hulle sal inpas in ons kring. Dat jy hulle van soveel wêreldse dinge weerhou, is baie goed en wys, maar vir ons nie-wêreldse geselskap, sou hulle ook net so gedeug het.

[6] Kyk na Maria, die Moeder van My Vlees; sy is suiwer in wit geklee, met `n eenvoudige blou voorskoot aan en sy is goed genoeg geklee! Aan haar kop dra sy `n vierkantige sonskerm(kappie), soos al die ander vrouens wat My uit Galilea en Judea gevolg het, en hulle het baie goed in ons geselskap ingepas. Dit maak egter nie nou saak nie, maar vandag moet jou vrou en jou sewe dogters hulle in ons geselskap bevind!”

[7] Onder die Samaritane het een egter geantwoord: “Dit sou alles goed en wel gewees het, maar wat ek, sonder bewyse, op my weg van verskeie mense in hierdie omgewing gehoor het, stel ek nou aan julle en julle kan daaromtrent doen wat julle wil. Die storie lui dat wanneer die owerpriester nie tuis is nie, die vier oudste dogters snags in die nou strate gesien word, en omdat hulle mooi is, het hulle by wellustige knegte ingegaan en geld daarvoor gevra. So word die storie in die geheim vertel. Ek vertel dit, maar het geen bewyse wat dit kan staaf nie. My mening is dat as hierdie leerstellings algemene ingang by soveel ongelowiges moet vind, dit raadsaam sal wees om, terwille van die dwase gepeupel, nie die vier oudste dogters in die geselskap op te neem nie. U, broer JanaEl weet tog hoe ons volk kan skinder en hoe dwaas en kleingelowig hulle is. Indien so iets deur die volk gesien of gehoor word, dan sal selfs JaHWeH niks met hierdie volk kan uitrig nie! Dit is maar net my beskeie mening dat as gevolg van die klaarblyklike kwaadwilligheid van ons volk, ons goeie saak nie skade moet ly nie.”

[8] Hierop het die owerpriester baie bedroef geraak en gesê: “Heer, as ek effens laks of nalatig was met die opvoeding van my dogters, sou dit my nie bedroef het om na so iets te luister nie. Ek weet egter dat ek niks versuim of nagelaat het in die vorming van hulle verstand en harte nie, en ek is bereid om die heilige eed af te lê dat elk van my dogters verseker nog so suiwer is soos `n blom op die berg van JaHWeH. Waarom dan so `n skandelike verkondiging?”

[9] Ek sê: “My liewe broer JonaEl, moenie dat dit jou grief nie, want soos wat jou dogters voor My suiwer is, so is dit ook vir jou ook voldoende, want die wêreld is satanies en gevolglik deur en deur besoedel. Het jy al gehoor dat `n mens van dorings druiwe en van distels vye geoes het? Ek het dit al lankal geweet en daarom het Ek dit by die berg in die gelykenis van die splinter in die oog van jou naaste baie duidelik gemaak. Dit het egter vele van die berg af verdryf, want hulle het geweet dat Ek dit op hulle gemik het.

[10] Ek sê egter vir jou dat jou dogters nou beslis met ons sal saamgaan, en Ek sal in hul midde wandel. As iemand hom nie wil laat bekeer nie, moet dit wat duiwels is, duiwels bly. Ons moet ons nou gereed maak, want ek het alles reeds aan jou vrou en dogters bekend gemaak en hulle verwag ons.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205