Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

By Esau se kasteel. Die koopman en die hoogste amp

55 Ons het egter begin om ons reis voort te sit, en het na `n uur by `n skoon, skaduryke woud, wat aan `n ryk koopman van Sigar behoort het, aangekom. In hierdie woud is allerhande versierings aangebring, soos klein tuintjies, spruitjies, damme met allerlei visse en voëls en aan die einde van die uitgestrekte woud, staan `n ou kasteel, omring deur versterkte mure. Hierdie kasteel is deur Esau gebou en hy het self daarin gewoon, terwyl Jakob in die vreemde was. Met die tyd het storms dit verweer en verniel, maar die koopman het groot somme geld daarop spandeer en dit goed bewoonbaar gemaak. Hierna woon hyself en sy gevolg in hierdie kasteel, soos wat dit nou die geval is. Alhoewel hy nog baie ander landgoed besit het, en `n man was wat weldade verrig het, het hy nie daarvan gehou dat te veel mense die plek vertrap nie. Hy het die grootste deel van die landgoed gehou met die doel om dit vir kultuuraangeleenthede aan te wend.

[2] Toe hy die groot volksmenigte, wat deur die woud teen sy kasteelmuur beweeg, vanuit sy kasteel waargeneem het, het hy dadelik van sy baie diensknegte gestuur om aan ons te vra wat ons daar soek en om ons te verwyder.

[3] Ek het egter aan die knegte gesê: “Gaan heen na julle hoof en sê vir hom dat sy Heer hom laat weet het dat Hy, met almal wat by Hom is, die middag by hom sal deurbring.”

[4] Die dienaars en knegte het dadelik omgespring om dit aan hulle hoof mee te deel. Hy vra hulle toe of hulle dan nie geweet het wie Hy is wat dit van hom

[sy hoof] verlang nie. Die knegte en dienaars sê toe aan hulle hoof dat hulle dit presies so oorgedra het dat Hy hulle en sy Heer

[Heer] is. Hoe kan jy ons so iets vra: Sewe koninklike dogters begelei Hom en agter hulle volg `n ontelbare skare Hom. Moontlik is Hy `n vors uit Rome en dit sal raadsaam wees om Hom tegemoet te gaan en Hom by die groot Muurpoort, met eer te ontvang.

[5] Toe die koopman dit verneem, sê hy: "Bring dadelik my duurste feesklere en sorg dat elkeen so feestelik moontlik daar uitsien, want so `n Vors moet skitterend ontvang word!"

[6] Alles in die kasteel is dadelik in rep en roer! Die manlike en vroulike kokke het die spense binne gehardloop en bring allerhande spyse in massas na die kombuis. Die tuinbediendes samel in die groot tuine die smaaklikste vrugte in.

[7] Na `n rukkie kom die vors van die kasteel, met sy vernaamste onderdane, in glorieryke pakke, na My toe en buig drie maal laag na die aarde toe en heet My en My hele gevolg welkom. Hy spreek sy dank uit oor die allerhoogste eerbewys wat Ek hom aandoen, want hy was vas oortuig dat Ek `n Romeinse vors was.

[8] Ek het hom egter aangekyk en hom gevra: “Vriend, wat is die hoogste posisie wat `n mens op aarde kan beklee?”

[9] Sê die ryk koopman: “Heer, vergewe U gehoorsame slaaf! Ek is so dom dat ek U wyse vraag nie verstaan nie. Kom af van U onmeetbare wysheidshoogte en stel U vraag, sodat ek dit in my uiterste domheid ook kan verstaan!”

[Hy het wel die vraag verstaan, maar dit was destyds hoflikheidsetiket om die eenvoudigste vraag nie dadelik te verstaan as jy deur `n hooggeplaaste persoon iets gevra was nie. Daardeur word die wysheidsvlak van die hoër persoon verhoog] .

[10] Ek sê egter aan hom: “Vriend, jy het reg verstaan en maak net of jy My uit hoflikheidsredes nie verstaan het nie. Stel al hierdie nietighede tersyde en antwoord My vraag.”

[11] Die koopman sê toe: “Ja, as ek dit durf waag om U hoë vraag, hooggeagte Heer, te beantwoord, sal ek die vraag, wat ek wel verstaan het, met U goedkeuring soos volg antwoord: Ek beskou die Keiser se amp as die hoogste gesag wat `n mens op aarde kan beklee.”

[12] Ek sê: “Maar vriend, waarom weerspreek jy jou teen jou eie gewete en teen jou eie slagspreuk wat sê: Die Waarheid is die hoogste en mees heilige op aarde en `n beampte wat die Waarheid en Geregtigheid dien, beklee die hoogste en belangrikste amp op aarde? Sien, dit is jou leuse! Hoe kan jy `n keiserlike amp as die hoogste ag, wat deur geweld en as opperbevelvoerder, sy amp bekom het en wat nie altyd op waarheid en geregtigheid berus nie. Dit weerspreek mos jou innerlike oortuigings.”

[13] Die ryk koopman se oë het groot gerek en na `n rukkie antwoord hy: “U Hoogheid, wie het my leuse

[slagspreuk] aan u bekend gemaak? Ek het dit derduisende kere deur my gedagtes laat gaan, maar nooit hard uitgespreek nie. Ons weet mos alte goed dat `n mens met die naakte waarheid nie altyd die beste daaraan toe is nie, want `n mens moet dit soms opoffer, terwille van politieke redes, om ongeskonde by mense verby te kom.

[14] Ek het opgelet dat U, hoë Vorsteseun, self `n liefhebber is van die Waarheid en Geregtigheid. Daarom sal dit geleë wees vir my om met die wonderlike waarheid met U om te gaan, want werklike hooggeplaastes wil nie graag die waarheid hoor nie, en hou meer van vleitaal, wat hulle graag hoor en menslike geregtigheid bestaan nie vir hulle nie. Wat hulle wil hê, neem hulle met geweld. Of die armes oor die ongeregtigheid, soos nou, of vroeër, kla, dis vir die groot here om te ewe. Daarom moet `n mens polities ingestel wees en verfynd met hulle praat, anders eindig jy in die gevangenis, met bewaarders

[galeie] wat `n mens se marteling en pyn vermeerder.”

[15] Ek sê: “Jy het goed en waar gepraat en Ek deel jou siening, maar sê tog vir My, vir wie sien jy My aan?”

[16] Sê die koopman: “Heer, dit is `n baie ongemaklike vraag. Sê ek te veel, dan word ek uitgelag en sê ek te min, dan beland ek in die kerker. Daarom sal dit beter wees as ek U die antwoord skuldig bly, as wat ek dalk vir die antwoord in die kerker beland, met marteling en pyn as tydverdryf.”

[17] Ek sê: “Indien ek jou die versekering gee dat jy nie die een of ander hoef te vrees nie; sal jy my dan antwoord? Sê dit nou reguit: Vir wie sien jy My aan?”

[18] Sê die koopman: “Vir `n vors uit Rome, as ek dan iets moet sê.”

[19] JonaEl het toe agter My geantwoord: “Dit is veels te laag, jy sal ietwat hoër moet raai, want met die Romeinse vors sal jy nog nie naby aan reg wees nie.”

[20] Die koopman antwoord skrikkerig: “Is dit tog nie die keiser self nie?”

[21] Sê JonaEl: “Nog steeds te laag. Raai heelwat hoër!”

[22] Sê die koopman: “Ek sal dit maar daar laat, want hoër as `n keiser van Rome kry `n mens nie!”

[23] Sê JonaEl: “Ja, tog, `n mens kry veel hoër. Dink mooi na en antwoord my sonder om te aarsel, want ek sien in jou hart dat die keiser van Rome die laagste plek het; waarom praat jy anders as wat jy in jou dink en voel? Praat dus die waarheid.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205